Vir die manne wat daarvan hou om karre oor te doen. Die program het op Via kanaal 147 Donderdagaand begin.
Drie spanne in die Kaap, met 3 mans elk, wat in hul agterplaas 'n ou krok kar moet oordoen. Die begroting is R40000 en dit moet padwaardig wees en kan ry as dit klaar is. Die een span het 'n Alfa, die ander 'n VW Golf en die ander 'n Ford. Daar gaan 13 episodes wees.
Dit het my sommer aan Herman laat dink, toe besluit ek om hier te noem, ingeval julle nie daarvan weet nie. Al die spanlede lyk nie vir my baie kundig nie, so dit gaan seker maar 'n gesukkel wees.
Hahaha Willem ! Jy moet…
Hahaha Willem !
Jy moet video's vat en 'n youtube channel begin - jy sal baie geld maak!
Dankie Freda
Ek hou van die kar programe op tv sal hom volg dis een met n SA smaak
Gaan loer, ook lief om die…
Gaan loer, ook lief om die kar programme te kyk. Ek is n Alfa fan, hulle gery in my jong dae, was goeie " fluff" collectors.
Ook maar goed ek bly hier on die gopse, anders het die bure maar gesukkel met my geraas.![]()
Freda, jy laat my nou dink…
Freda, jy laat my nou dink aan my jonger dae, daai gewerk aan jou kar se enjin, om dit tip top te kry, en hoe meer lawaai, hoe "beter" het dit gegaan.
Hier skuins oorkant ons bly so klompie ou tot jong mense (een familie), en die een knaap ry 'n BMW M3 reeks, nou, hoe hoër hy die kar ref, hoe meer hardloop die skoenlappers in my rug af😂
Op 'n stadium het dit my gegrief dat die knaap sy kar so verniel, maar as jy daai perde hoor, dan dink ek dit is maar bietjie jaloesie aan my kant.
Sal ook bietjie daar gaan…
Sal ook bietjie daar gaan loer.
Dankie
Oorkant my het ook n man gebly wat Mazda Rotary's "getune" het. Het dit vir almal wat hulle besit en resies gejaag het gedoen.
GELUKKIG het hy weg getrek
Amper iets soos hierdie.
Amper iets soos hierdie.


Het nogal heelwat ure hier in gesit
Ai was darem mooi…
Ai was darem mooi Datsuntjies daai!
Petra het vir 'n klompie jare 'n Exa gery, was darem ook 'n mooi en baie lekker motor gewees!
Die eerste episode, wat…
Die eerste episode, wat Donderdagaand uitgesaai was, sal nog voor hierdie Donderdag weer herhaal word. Daarin is die drie spanne bekendgestel en het hul die reëls gekry. Elke span het ook sy kar iewers gaan haal. So vanaf die tweede episode begin die werkery aan die karre.
'n Exa gery Selfde Jare to…
'n Exa gery
Selfde Jare to Knight Rider op Tv was
Jy het 'n goeie geheue My…
Jy het 'n goeie geheue
My oom (oorlede Rick Louw- die sanger) het so 'n Exa gery daardie jare.
Daar was mos nie baie tegnologie nie, maar 'n tape recorder soos die tipe ...

... was altyd byderhand. So onthou ek met een van sy trips van Jo'burgh af kaap to het hy via Nieuwoudtville gery - hulle geboorte dorp waar ouma toe nog gewoon het in haar huis, die Ark - Hy lyk vandag so ..

Inelkgeval - soos gewoonte was daar altyd vir Atta-Net (Aia Netta) ouma se huishulp ook gekuier by haar woning en dit is waar die recorder altyd gebruik was om die Namakwalandse gesprekke op te neem en dan terug te speel aan familie lede wat nie meer daar gewoon het nie, soos ons en my pa wat al lang jare in die stad gewoon het.
Lang storie, onthou ek die een recording van oom Rick toe hy met sy Exa daar gaan parkeer het om vir Atta Net te kuier en ek onthou die geweldige bohaai en stemme in die agtergrond wat met bewondering van die Exa gepraat het as Knight Rider se kar
Sal dit nooit vergeet nie!
Anton, was 'n vrek lekker…
Anton, was 'n vrek lekker karretjie, en lekker spoed gehad met daai turbo. Ek het haar gereeld "gegaps by Petra om haar vir 'n spin te vat.
Sy was baie baie lief vir haar motortjie, en baie hartseer toe ons haar verkoop.
Nuut gekoop en na tien jaar verkoop met 63 000 kilos op die klok. Petra het nie gewerk nie dus haar karretjie was net om "Mall" toe te gaan en my swaarverdiende geldjies te blaas en dan elke oggend "Gym" toe!
Ek het haar so nou en dan op die snelweg gevat - net om al die carbon weer los te brand!
Daai karretjie het ons nooit 'n dag se probleme gegee nie!
Haar verkoop toe ek vir haar verjaarsdag 'n nuwe Ford Fieste 1400 twee deur gekoop het so silver een. Sy het vir daai Fordjie net so lief geraak!





Ek kan hier by my net oor…
Ek kan hier by my net oor die muur kyk, seker die selfde program.