Die Steyr Puch voertuie is sekerlik die mees doeltreffende 4x4 van almal.
Ek het die voorreg gehad om twee van hulle modelle op 'n 4x4 chalenge te toets so paar jaar gelede.
Ek het heelwat ondervinding van die Unimog, maar in my opinie oortref die Steyr hom by verre. ek het nog nooit voorheen of na dit so lekker gespeel op 'n 4x4 roete nie, daai goed is ogelooflik beweegbaar, en die kleintjie is lekker lig, sy raak enige hindernis baas. So lig dat sou jy dom genoeg wees om vas te val kan jy haar sommer optel of uitlig.
Steyr was die hoof voertuie van die switerse weermag, oorspronklik gebou deur Steyr - Daimler, later jare in Surrey UK onder lisensie gebou todat Magna [ook 'n onbekende motor fabrikaat] hulle uitgekoop het.
Die baba van Steyr se 4x4's is die Halflinger, 'n halfton 600cc motor op die agteras gemonteer. die motorkie mag dalk klein wees maar die ratverhoudings is van so aard dat sy enige helling kan klim, die gewig teenoor krag ratio is ook dan baie goed. Baie eenvoudige ontwerp, en mens kan alles bykom in die geval as iets so breek.
Wildehont, ja ek het al daai…
Wildehont, ja ek het al daai op die pad gesien maar het geen ondervinding van hulle nie?
As ek na die foto kyk wil dit lyk of dit wel portal aste het? Kan nie op die foto die dif sien nie so moeilik om te bepaal. Dalk het dit net lekker groot wiele? Moet se dit is 'n mooi voertuig, persoonlik vir my mooier as die Mogg.
So bietjie gaan ronkrap op…
So bietjie gaan ronkrap op google, jy is heeltemaal reg die Samil het wel portal aste gehad.
Daai Merc is 'n lekker 4x4 trok. Ek het eintlik maar net die Steyr so bietjie "promote" omdat meeste mense glo die Mogg is die ultimate off road voertuig?
Die Mogg [Unimog], Steyr en dan ook die Samil is eintlik off road voertuie in 'n heel ander klas. Dit is net bedoel vir absoluut extreme off road en glad nie bedoel vir gewone off road nie.
Soos jy noem as jy jou voertuig ken en weet wat jy doen kan jy op 99% van die plekke in ons land en buurlande ry sonder probleme.
Ek wil sover gaan om te se dat jy met 'n 2x4 [as jy weet wat jy doen] seker op 80% van die plekke kom. Ongelukig is mense geneig om met 'n 2x4 op moeilike plekke die terein baie te beskadig. Hulle laat die wielle tol en grawe gate.
Ek het self so 'n Samil 20…
Ek het self so 'n Samil 20 beman met 'n radio relay dop agterop - daai ding het enige plek geloop. Sy doel was om to bo op die hoogste kruin te gaan waar hy dan radio seine moes relay.
Interessante draad!
Ek het eintlik maar net die Steyr so bietjie "promote" omdat meeste mense glo die Mogg is die ultimate off road voertuig
Dankie vir die draad, dit is vrek interessant en die Steyr lyk na 'n lekker speelding! Die voertuie is egter vir seker in 'n ander klas en meer ontwerp vir no road as vir off road.
Ongelukig is mense geneig om met 'n 2x4 op moeilike plekke die terein baie te beskadig. Hulle laat die wielle tol en grawe gate.
Ek stem saam, veral waar sand (en grondpaaie) van toepassing is. Dis hoekom Kgalagadi se paaie in so toestand is (mense wat nie hulle banddruk verminder nie). As jy jou wiele lekker pap maak ry jy maklik in 2x4 op sand ook.
Wildehont daai
Daai Samil 20 in 3 SAI gery in 1987 toe ek in weermag was daai Samil was n yster
Daai Samil 20 in 3 SAI gery…
Daai Samil 20 in 3 SAI gery in 1987 toe ek in weermag was
Ek het diensplig net gemis (was finalejaar universiteit '93 toe die laaste inname was) maar het met die voertuie te doen gekry toe ek in toerisme gewerk het later. Dis darem maar ongelooflik dat ons landjie so voertuig kon saamflans uit verskeie onderdele wat hulle moes raap en skraap agv sanksies. Nou kan ons nie eers meer die ligte aanhou nie...





word genoem 'n "Portal Axle"…
Dankie, die werktuigkundige by die maatskappy waar ek met die SAMIL20 te doen gehad het, het duidelik sy eie naam opgemaak (ons het toere in Botswana met SAMIL20's en Unimogs gedoen voor ons oorgeskakel het na die Merc 1617 SWB 4x4 - wat 'n baie lekker trokkie was! Hier onder is 'n chassis/cab - ons het vir hom 'n kajuit agterop gesit met 12 sitplekke en pakplek en kampeertoere in Botswana gedoen met 'n sleepwa)