Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -2 hours ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -2 hours ago

Verlang ek nou na "Die Goeie Ou Dae"

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Sun, 14/04/2019 - 12:11
Forums

Ek praat van die die tyd wat onsjonk was en niks "worries" gehad het nie. Ons het vir die oomblik never mind die dag gelewe!

Daai dae wat as jy Vrydag middag van die werk af kom en jou vriende se, kom ons ry Durbs toe. Halfuur later is julle op pad, al wat jy saamvat is 'n slaapsak skoononderbroek en 'n tandeborsel. Slaap sommer op die strand daar in Durban en leef op take aways. Onthou daai jare se motorfietse was nie naastenby so gesofistikeerd soos vandag se bikes nie. Was meestal maar Truimphs, BSA, BMW en hier en daar 'n Honda! Grootste bike daai jare was so 650 cc, geen skyfremme, drom remme voor en agter, daai ding het 'n rugby veld nodig gehad om te stop. Geen valhelms, "leathers" of biker boots nie. Denim, T shirt en leer "lumberjacket" daai goed wat tot net so by jou broek se beld gekom het. Aan jou foete was daar natuurlik 'n paar "Chelsey boots" Niemand het enigsins bekomerd gewees oor wat so oor 10 min kan gebeur nie, solank julle jul self net NOU geniet.

Ons karre het ons self aan die loop gehou, en min manne het 'n kar besit wat hy nie self lekker getoor het nie. Die eerste was gewoonlik 'n "bananna branch manifold" met 'n vry vloei uitlaatpyp. Dan twee SU side draugt twin choke vergassers met pancake air filters. Daarna kom die groot geld, high lift cam shafts, port holes word gepolish, stywer vere op die kleppe om valve bounce te voorkom, en teen daai tyd het jy al die krag so hoog opgejaag dat die koppelaar nie wil hou nie. Basil Green kon altyd vir jou 'n performance clutch opbou.

Nerens kon jy bree wielle koop nie, jy het jou eie gemaak, jy sny die rim al in die rondte deur, sweis dan so 75mm [as jy braaf was 100mm] flat bar tussen die twee helftes, siedaar jou velling is 3 duim wyer. nou pas die band nie onder die modderskerm in nie. Geen probleem, neem so 50mm deursny staal pyp, druk hom tussen die band en modderskerm in, laat jou vriend die kar stadig vorentoe ry en daar is jou modderskerm geflare. Netjies tot die verf spring nie eers af nie.

Soos jy ouer word is die 4 [of 6 silindertjies] nie meer goed genoeg nie, koop 'n lekker big bore V8 by die scrapyard, bou dan daai moter in Cortina, of Simca of wat ook al. Dan begin jy daai V8 toor, lekker groot 4 barrel holey wat mooi tussen die twee blokke inpas, ook met 'n pancake bo-op. Onthou net nou begin dit duur raak, jy moet twee bananna branches laat maak, twee vryvloei uitlaatpype, twee highlift canshafts. Jou koste raak nou dubbel, maar as jy daai ding opstart en die clutch drop, maak dit al daai geld die moeite werd. Ons het in elk geval net gewerk om geld te kry om jou motor vinniger te maak en so ietsie om op die meisies te spandeer.

Saterdagaande by die roadhouse, kom al die manne met hul warm karre bymekaar om te dice. Daar is altyd hope jong meisies, met mikro mini rokke en geen bras nie wat daar rondhang. Die ou met die vinnigste kar het altyd die meeste meisies. Hulle soebat jou om hulle op te laai as jy gaan dice. 

Baie min van ons het ooit daar aan gedink [en as ons het, het ons nie meer geld gehad nie] dat met die baie groter en kragtiger motor is jou remme gewoonlik nie opgewasse om daai ding tot stilstand te bring nie. Bly vir my altyd verbasend dat daar nie meer van ons doodgegaan het nie. motors het ook nie daai jare veiligheids gordels ingehad nie.

Vrydae aande was natuurlik [as jy nie Durbs toe gaan nie] Hilbrow toe, daar dans en party jy tot vroeg Saterdag oggend.

Ai... dit was darem ongelooflike wonderlike en sorgelose dae gewees? Jammer dat mens moet ouer word en veral dat mens verantwoordelikheid moet kry?

Secunda

Sleep nou

Sun, 14/04/2019 - 15:18

In Phalaborwa waar die Caltex garage nou is was n kafee waar ouens by mekaar gekom het op n saterdag aand dit was Ford Capri perana dit was Ford granada V8 Chef SS en Chev Can AM gewees en ander ook maar hierdie wat ek genoem het was V8 wat n geraas gemaak het wat tot vandag by my sal bly ja dis was die dae toe almal mekaar gerespekteur het

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 14/04/2019 - 15:35

Ek dink die jeug is nog tot n mate so, hier in die bangparkie waar ek bly is dit stil en mens hoor nie karre van die strate af nie, maar menigmaal op n Vrydag en Saterdag "aand" in die oggend ure, terwyl mens lekker in die bed snork,  hoor mens hoe karre met groot enjins teen mekaar jaag.

En was ook so, bly ek het survive en judge nie, maar vet ek vrees vir die jongeres se lewens 

Waar my wa staan

Arie

Sun, 14/04/2019 - 16:15

Sleep ek praat van lank voor daai tyd. Praat van sestiger jare, toe was daar nie V8 s sport moters nie. Was almal maar reguit 4 silinders met hier en daar ñreguit ses. Omtrent net die Austen Healy gewees.

Ons moes maar ons eie V8s bou. Ek het ñ twee sitplek Sunbeam Alphine gehad daar het ek ñ 5 lit Chev Biscayne V8 ingebou!

Daai ding het baie goed perform maar was nag op ñ draai. Daai swaar .otor het gemaak dat sy vreeslik ge oversteer het die motor was so swaar datsy nie wou draai nie. Jy moes dan in die draai die petrol wegtrap dat die agterwiele tol, dit het gemaak dat die stert uitswaai en so kon jy om die die draai kom.

Maar om daai ding te stop as sy op spoed was!!!!! Daar het mens leer bid, jy gear af so veel as ny kan trap daai rem pedaal amper deur die vloer en  id.

Secunda

Sleep nou

Sun, 14/04/2019 - 20:14

Ek hoor wat jy se maar vir my was die Capri Perana n motor gewees wat ek wou he kyk wat gaan van hulle as jy een optel

Centurion

Voortrekker

Sun, 14/04/2019 - 20:19

1965?   Nee O aarde, toe het ek nog in my pa se albastersakkie rond geswem wink

Vir my is die goeie ou dae deesdae.   Toe brandstof nog onder R20 / L gekos het en mens 'n luukse voertuig spot goedkoop kon koop vir onder R 1 miljoen!  En jy moes jou voertuig self bestuur het! surprise 

Dis die dae toe my kinders nog met tablets gespeel het en ons nog selfone gebruik het om mekaar te bel en d.m.v whatsapp skype video gekommunikeer het!   Mens kon nog self jou inkopies gaan koop het en elke item van die rakke af kies.   

Dis die goeie ou dae angel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 14/04/2019 - 20:22

Ek is ook 'n "baby boomer" (gebore net na die Tweede wêreldoorlog), netsoos jy Arie, en het ook in 1965 begin werk en my eie motortjie ('n 1963 Volksie) teen die einde van my eerste werkjaar gekoop.  Ek het ongelukkig (gelukkig ?) nie so 'n flambojante jonglewe met karre, motorfietse, enjins  en meisies gehad nie.  Ek was maar 'n stillerige, teruggetrokke outjie en baie bang vir meisies en het hulle eers beproef nadat ek my eie karretjie gehad het !  Maar een ding is seker, daardie Volksie het altyd van binne na buite geblink soos 'n spieël  -  dit was my trots !

Ek moet sê, my Weermag dienspligjare het my geslyp en onafhanklik, gedissiplineerd volwasse gemaak.  Ek het ook my gekose loopbaan in bankwese baie ernstig opgeneem en moes hard werk, ook Saterdae in daardie tyd.  Maandeindes, halfjaar- en jaareindafsluitings was nag en kuiers by die skoner geslag was dan uit !

Ek het tog ook my stiller jonglewe geniet en as ek dit oor kon hê, sou ek dit presies weer so wou hê.

Sien gister op facebook dat mense kla oor geweerskote naby Noord Rand weg on Boksburg.

Ek kon hulle darem gerusstel en laat wet dat daar n byeenkoms was van Fort ST karre en dis was die manne se backfires wat so geskiet het.

Oosrand stel nooit teleur nie.

Worcester

Wildehont

Mon, 15/04/2019 - 08:40

Ek is nog 'n snuiter in vergelyking met Oom Len en Oom Arie maar elke generasie het maar 'n "goeie ou dae" waarna hulle verlang. Ons het darem self gereeld op 'n Vrydagoggend besluit om vir die naweek Port Edward toe te skuur (het in Pretoria geswot en een van ons klasmaats se pa het 'n woonstel in Port Edward gehad).

Waaroor ek hartseer is vir my kinders se onthalwe, is dat hulle vryheid van beweging ingeperk is. In 12 jaar se skoolgaan het my ouers my nie een enkele keer by die skool gaan aflaai of haal nie en ons het nie naby aan die skool gewoon nie. Ek het met my gatsaag gery net waarheen ek wou, dag of nag en reen of sonskyn. Deesdae kan mens dit selfs in 'n kleiner plek soos Worcester nie meer waag nie. Die tikkoppe lê die kinders voor met messe en steel hulle fieste (en dit is helder oordag). 

Waar my wa staan

Arie

Tue, 16/04/2019 - 10:51

Sleep, kyk daai Perana was groot gif, soos enige Ford maar deur die jare! Daai V8 was lekker gewees en het baie beter hanteer en sekerlik ook baie veiliger gewees as die 4 silindertjies waar ons 'n groot V8 in gebou het? Die groot lekker was natuurlik dat jy 'n motor self kon opbou en dan gaan toets en kringe om die ander goed ry! Natuurlik as hulle kringe om jou ry, dan gaan sit jy maar weer en kyk wat kan jy verander aan jou motor om haar viniger te maak.

Ek moet saamstem daai gedreun van 'n V8 doen iets aan 'n man, ek kry heeltemaal hoendervleis as 'n V8 so bietjie ref!! Snaaks geen ander V kombinasie, V4, V10 doen die selfde nie, die een [vir my] wat naaste aan 'n V8 kom is maar 'n V6! Petra het altyd gespot en vertel al my motors was V8, die motor was skaars terug in dan is dit "wee uit"?

Len ek het maar in die konstruksie bedryf begin werk, ons het daar vrek hard gewerk, ons was per uur betaal en as jy 'n halfuur van die werk afvat dan sien jy dit op jou pay. Ons het lekker geld gemaak en hard gespeel. Dit was natuurlik 'n heel ander klas mense wat daar gewerk het, heel anders as in die bank, nie net die mense nie maar ook werks omstandighede; ons het geen siekverlof gehad, en die bedryf het Desember toegemaak vir drie weke oor Kersfees en nuwe jaar. dit was jou enigste verlof. Geen vakansie dae afgekry nie, behalwe Paasnaweek.

Frikadel, wat sal ek se, lag maar net!

Waar my wa staan

Arie

Tue, 16/04/2019 - 10:54

Len ek wou nog noem, ek het eers in 1980 by die bank begin, in hul meer tegniese rigting, ek was by REAM, Real Estate & Asset Management.

Ek het deur die bank geswot en my graad gekry, hulle was ook goed genoeg vir my om nagraadse studies ook te doen. Ek glo dit was een van die beste skuiwe wat ek kon maak, hulle was baie goed vir my tot nou toe nog!

Brits

wessels

Tue, 16/04/2019 - 11:35

Middag Arie en ander petrolkoppe

So op die donderende noot van V8's;

Ry ek laas Sondag vir so 20km agter 'n rooi Mustang op die Lanseria pad. Daai gesels van die uitlaatpype is oorverdowend mooi vir die eerste 5 km, en dan raak dit effe irriterend.

Kon byhou met my Hilux, bloot omdat daar 'n groot trok voor die Mustang waslaugh

Wessel