Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie  môre almal. 

Mag…
Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Bandprobleem : Namibië en Botswana Toer Len Loader -8 hours ago
Koos, dankie vir die… Namibië en Botswana Toer Johann L -10 hours ago
Pierre, my Penta, en ek glo… Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -10 hours ago
Goeie middag mede forumiete… Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -11 hours ago
Pragtig Shaun, sê mos altyd,… Kleinkinders, ons lewe. Johann L -12 hours ago
Willem, jy kan vir 'n bedrag… Ewiks afstand beheer praat… Johann L -12 hours ago

Mooiman se Moreson kamp

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Tue, 07/05/2019 - 07:31

Ai dit is lekker hier by Moreson. smiley

Darem weer saam met 'n klomp ou vriende.yes

So lyk dit waar ons kamp - op video ... 

video
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/05/2019 - 08:38

Hallo Arie  -  lekker om weer iets van jou te hoor !

Verskoon my onkunde, maar presies waar is Moreson ?  Hoe lank staan julle nou al daar en hoe lank nog vorentoe !

Die ou vriende waarna jy verwys, is dit ook lang-kampeerders ?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 07/05/2019 - 13:56

Mnr Mooiman, moet asb nie weer so "disappearing act" op ons trek nie.😀 

Mooi man, jy en Petra moet dit geniet daar terwyl ons ander hier in die koue moet sit.

Groete vir Petra.

 

Waar my wa staan

Arie

Tue, 07/05/2019 - 15:01

Len;

Moreson is so 10km buite Tshipise op die R525 sowat 30 km voor Musina. Dit is 'n 500 ha wildsplaas met 'n klein karavaan park, 40 staanplekke, lekker ruim en stil. Die plek adverteer nie, ook nie 'n web tuiste nie, jy kan slegs met verwysingg inkom / staanplek kry. Hier is ook warmswembadens wat uit dieselfde bron as Tsipise gevoer word.

Dit is ook maar een van my [ons] gunsteling plekke, regtig die plek van melk en heuning met die lekkerste vrugte - goed soos die geel waatlemoen [vrek lekker, soet met geen pitte] Kara Kara [tipe lemoen] jaar lemoene, en die lekkerste pomelo's! Lekker vars plaasmelk wat sommer so dik laag room bo-op het vir R6 per liter. Wildsvleis natuurlik ook vol op maar ek het nog nie pryse daar op gekry nie, my kontak is op die oomblik in Kaapstad.

Steak teen R60 per kilo, wildsbiltong teen R 80 per kilo, so mens hoef nooit honger te ly nie!

Ons het op 1 Mei hier ggeariveer en het sommer vir 4 maande ingeboek, eintlik eers gister gaan inboek en betaal, eers my kamp reg gekry.

Ja die "ou" vriende is maar ook lang staners wat ons al so orals in die land leer ken het. Die ander "ou" vriende, die Zimbabwiers, sal ons eers later sien. Ons besluit nog of ons vir so week of twee Hararre toe sal gaan en of hulle hiernatoe gaan kom. Hulle wil eintlik graag hiernatoe kom om te shop, so ons sal maar sien.

Stoffel, nee die kombuis Gasebo verkoop seker al so 18 maande terug, te swaar om ook saam te ry. Ons kry so min reen dus is ons kombuis maar buite in die opelug, braai in elk geval meeste van die tyd. Eet natuurlik ook baie gereeld uit, ek is maar 'n sucker vir lekker uit eet!

Johann nee ek raak maar stil so van tyd tot tyd, eintlik vreeslik baie ander goed wat my baie besig hou, ek raak nooit verveeld nie.

Ons dink ook daaraan om dalk die wa hier te los en dan vir so week Kaapstad toe te vlieg van Lanseria af, net nie lus om al die pad weer terug te ry Gauteng toe nie?

Bietjie gesukkel op pad hiernatoe, die wa se jokey wiel het bly afska en op die pad sleep?? Toe ons na Shammah toe ry die selfde gebeur, het daar die wiel vervang. Nou is daai arme wieletjie in sy kanon in. Ek het later daai arm, wat die Jokey vasdraai met 'n verleng pyp gedraai maar net so honder kilos dan sleep die ding weer. G'n idee wat daar aangaan nie. Lyk ook of ek dalk gaan sukkel om 'n wiel te kry hier in Musina?

Die oord bestuurder het my kom vra dat ek na die jukskei bane gaan kyk of alles reg is, en wat hulle moet regmaak. Sal seker so volgende week amptelik die jukskei seisoen hier open, dan raak ek weer baie besig. Wil toernooie reel na Tshipise en Musina, en ook hulle nooi om hier teen ons te kom speel.

Right, dit is dan die Mooiman nuus - Cheers vir eers.

Brits

wessels

Tue, 07/05/2019 - 15:23

Middag Arie

Dankie vir die omvattende verduideliking van melk en heuning omgewing. Met daai vleispryse sal ek elke aand braai.

Ek vermoed dat Moreson op internet te vinde is onder Klein Tshipise, of is dit nog 'n ander plek?

Groete

Wessel

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 07/05/2019 - 15:31

Wessel soos ek verstaan was dit die ou naam.

Arie, het die jokey wiel se blokkie wat binne kom nie dalk uit geval nie ?  Want dit is wat gebeur as hy uit geval het.  (hoop jy weet van watter blokkie ek praat?)

Waar my wa staan

Arie

Tue, 07/05/2019 - 15:38

Wessel, baie mense praat van klein Tsipise maar dit was nog nooit die naam nie. Die plaas behoort aan 40 aandeelhouers, wat dan ook elkeen 'n huis hier het. Die plaas is erens in die 50 tiger jare deur 'n paar NG predikante gekoop en toe het hulle die aandele blok "Moreson" gestig.

Wilsur, nie seker watter blokkie jy van praat nie, dit is die hele pyp gedeelte wat afsak?? Ek neem dan aan dit moet 'n blokkie tussen die skroef wat dit vasdraai en die pyp? 

Kan mens so blokkie los koop, en dan is die vraag seker waar??

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 07/05/2019 - 16:05

Ek neem dan aan dit moet 'n blokkie tussen die skroef wat dit vasdraai en die pyp

Arie, ja dit is reg.  Hy is seker so 20 x 20mm met 'n ronding van die pyp, die skroef draai teen hom vas om dan die pyp vas te druk.

Ja jy kry hom los te koop, het vir die 3B een by Roadque gekoop.

Hy val nogals maklik uit as die pyp nie tot op sy maksimum op gedraai is terwyl jy die hele ding op lig.

Dié web is die enigste een waar ek 'n amper foto kon kry.

.

.

Waar my wa staan

Arie

Tue, 07/05/2019 - 17:12

Willem, sulke goed sal ek nie erens hier te koop kry nie?

Ek sal maar rondsoek, ek moet 'n wiel ook kry. Hier is dit nie maklik om enige goed in die hande te kry nie, dit het my drie dae geneem om uit te vind waar ek more kan aan stem - blykbaar by waterwese se kantore, langs Tsipise.

Sal maar soek vir die parter, anders sal ek dit moet laat courier van Pta af, staan gelukig 4 maande dus het ek so bietjie tyd.

Dankie vir jou inligting.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/05/2019 - 17:54

.....ek stem saam met Willem, dis die halfmaanvorige plaatjie (heel onder op die foto hierbo) wat ontbreek.  Die jockie-wiel pyp moet heeltemal uitgetrek word, die plaatjie in plek geplaas word voor die skroefarm se punt.  Ek gebruik sommer 'n bietjie ghries op die rug van die plaatjie om hom in plek te hou terwyl ek die jockie-wiel pyp weer laat sak.  Sonder daardie plaatjie sal jy nooit die jockie-wiel pyp stewig kan vasknyp nie.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 08/05/2019 - 06:11

Oom Ar(R)ie, die eintlike gees wat oral oor wandel, die swerwer, die soeker wat nooit vind en eintlik is ons almal maar net kinders van die wind!

Middelburg

Noel

Wed, 08/05/2019 - 11:21

Arie, kan die oord bestuurder jou nie help met die plaatjie. Net n stuk staal, angle grinder en 4 pond hamer  nodig om te maak of probeer by ingenieurswerke in Messina. Geniet jul 4 maande verbkyf. Lekkerr !! 

Port Elizabeth

Antie

Wed, 08/05/2019 - 16:47

Ek is bly om te hoor julle in veilig en ingeburger by Moreson.  Alles klink baie lekker.  Geniet dit en lekker bly vir die volgende paar maande.