Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -1 hour ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -8 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -8 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -9 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -10 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -12 hours ago

Berig in BEELD "MOTORS EN MEER" _maks sleepspoed

Centurion
Submitted by lein on
Forums

Op bladsy 2 van die Motor-bylaag  in die berig/artikel "So bly jy veilig met jou sleepding agter jou" se die redaksie in die 5de paragraaf : "In Suid- Afrika is die spoed vir 'n voertuig wat iets sleep, beperk tot 100km/h.".... en nog ander aanvegbare stellings (?) ook. Ek is nie bewus van die "wetlike"  beperking op sleepspoed nie, tewens dit is redelik algemeen om te lees van 'n gemaklike sleepspoed van so 100 tot 110km/h-selfs in die geskrifte hier op hierdie forum het ek dit al gelees. Self sleep ek graag so 110km/h, as toestande dit natuurlik toelaat! Is ek nou totaal onkundig of oningelig oor die wettige spoedperk vir slepers of is dit nou nuwe wetgewing wat in werking is? Klink my,as die berig reg is, dat veral slepers van Ventertjies en ander kleiner sleepsels oortree die wet gereeld want baie van hulle sleep gereeld 120+km/h- wie gaan nou 100km/h met 'n Ventertjie sleep as toestande 120km/h gerieflik toelaat? verneem graag ander se sienings!!

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 13/06/2019 - 18:03

Ek weet ook nie van so n reel nie maar ja met wa sleep ek max 110 km hoop jy kry n antwoord

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 14/06/2019 - 08:13

Môre vriende

Ek glo nie daar is so 'n wet nie.

Ek probeer binne wet bly, maar my snelheid word bepaal deur faktore soos;

pad omstandighede--snelweg, enkelbaan

weer--- wind impak en reën

verkeersdrukte

Dan natuurlik wat is veilig en binne jou kombinasie se vermoë, veral wat optimale wringkrag betref.

Groete  

 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 16/06/2019 - 20:56

Met Froggy, sleep ek gewoonlik n Venter en ek hou my spoed ook teen 110 km/h GPS.

Ek weet nie wat die wet sê vir n motorhome of Sprinter bussie nie.

Weet wel wet sê 100km/h vir taxi's. So ek gaan beskou word onder een van hulle wat dan 100 sal wees.

Vrag motors is gewoonlik 80. Ek weet net nie waar word die streep getrek nie.

Ek kan my self ook nie sien om met my HiLux en Venter teen 100 te ry nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus