Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 minutes ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Mon, 01/07/2019 - 01:32

...'n pragfoto Len.

Goeiemore aan al die forumlede. Mag die 2de helfde van 2019 vir ons almal net vreugde en voorspoed inhou.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 01/07/2019 - 07:04

'n Hartlike môre aan almal op hierdie Maandagoggend.   Dankie vir die mooi foto vir Julie, Len.  Dit sal almal herinner dat daar maar gekamp kan word in Julie.

Ja, die jaar gaan hopeloos te vinnig.  Voor ons ons oë uitvee is dit Kersfees.

Ek hoop almal het 'n wonderlike lekker dag.    Ek en Colin gaan ons voertuie neem vir 'n ordentlike was en stofsuig vandag.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/07/2019 - 08:25

Wraggies verlede nag nog 14mm reën gehad hier by ons in Brackenfell !  Wat 'n wonderlike ervaring !

O ja, goeie môre al die Kampforum-deelnemers !  Ek gaan my Maandag baie geniet en ek hoop jy ook.

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Mon, 01/07/2019 - 08:47

....hoop ons ook vir 'n bietjie reën (as 'n mens accuweather kan glo), maar op die oomblik waai die westewind ons deurmekaar.

Lekker dag.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/07/2019 - 09:12

Jy kyk my vlak nê ?  Ek mag dalk oud / ouerig wees, maar beslis nie koud nie !  Die feit dat ek die getroue stigters van 'n nuwe Koffie-draad uitoorlê het, is nie al nie.  'n Verdere prestasie is dat vir die volgende maand, op elk van die ongeveer 20 bladsye, gaan julle herinner word aan 'n uitstekende sleepkombinasie !

0

Môre Len en ander

Ai tog wat sal ek sê, dalk maar net volstaan met;

1] beauty is in the eye of the beholder

2] OF-- vanity is still my namedevil

Moenie bekommer my vriend, solank jy jou kombinasie geniet, bly kamp en deelneem is die saak reg.

Groete

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 01/07/2019 - 17:55

Middag kampers en kampeerders. Ongemaklike weer hier teen die Swartberg,  net so misreen, kan dalkies vannag bietjie sneeu val. Sit hier voor die kaggel, kleinkinders kuier by ons, ai hulle word nou groot. Nina 12 en Mia gister 9,  sjokoladekoek met al die trimmings , ouma het lekker bederf.

Vandag  epos gekry, die arthroskopie op knieg vir more, is uitgestel vir n ander dag. Nou sukkel neef maar nog aan, o ja, die xtrale is nie te sleg nie, so kniegvervanging is vir nog baie later. Groetnis.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus