Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -35 minutes ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -1 hour ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -2 hours ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -3 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 12/07/2019 - 06:46

Dit is weer vrydag.

Ek het besluit om my een werker wat bedank het en sy kennis maand werk, vandag te laat gaan.

Is net besig om my te tart. Hy sit in elkgeval   en niks doen nie. Is elke dag laat en loop vroeg. Sit op internet op sy werkstasie en whats-app heeldag. Loop ook elke dag vroeg, met n verskoning. Bly dae weg sonder om te laat weet en sê dan hy was by n begrafnis in Durban en weet nie wat is die kantoor se telefoon nommer na amper 2 jaar hier.

Dit is die eerste keer dat ek sekere jeug n kans gee wat werkloos was. Noot weer nie, het my les geleer. Kry eerder n ou oom wat wil, werk.

Genoeg gekerm. Wil julle nie depro maak nie.

Geniet en wees veilig

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 12/07/2019 - 06:56

Goeie môre almal, ja, dit is glo alweer Vrydag,  elk geval, julle moet hom geniet, wie gaan kamp, wees veilig.

Stoffel, sterkte vir Alta, julle is in ons gebede.

Freda, hoe gaan dit met Colin?  hoop en glo, hulle kon hom help gister!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 12/07/2019 - 06:57

More almal dis vrydag gaan vanoggend my 6 kleinkind sien op sonar hy is nou 5 maande oud die koffie loop hoop julle koffie loop ook soos stroop lekke dag vir jou vrede

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 12/07/2019 - 07:13

Môre almal.   Baie dankie vir al die goeie wense en navrae.  Ons was gister heel dag by die hospitaal maar het ongelukkig huis toe gekom sonder dat veel uitgerig was.  Die dure scan wys nie vir die sjirurg genoegsaam om te besluit hy kan opereer nie.   Hy sê dit is 'n groot operasie met groot risiko en daarom moet hy seker wees.  Colin moet weer Maandag gaan, dan gaan hy onder narkose 'n gastroskopie doen om self te probeer vasstel wat by die obstruksie aangaan.  Hy reken 'n stent sal nie werk nie.  So, ons voel maar bietjie moedeloos maar is vol hoop.

Nouja,  die naweek is alweer op hande.  Goeie nuus vir almal wat nog werk.   Vanmiddag speel Rafa teen Federer.  Julle weet natuurlik vir wie ek skree maar "may the best man win".

Lekker dag vir almal daar buite!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 12/07/2019 - 07:57

Goeiemôre aan al die siekes en gesondes! smiley   Sterkte met julle kwale en kweite, maar weet een ding - hierdie liggaam en lewe is net tydelik en daar is oortuigende en wetende hoop vir nuwes!

Geniet jou dag en naweek en wees asseblief soet!

Koffie vir enigiemand? 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 12/07/2019 - 08:00

Môre vriende

Julle ouens moet versigtig wees om fotos van voertuie en waens hier te plaas. Sommige mense het 'n nuwe stel inkleurpotlode gekry en kleur oor die lyne in.

Boonop toon die resultaat dat die kleurkeuse maar vrot is. 

Groete

Wessel

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 12/07/2019 - 08:34

Môre vriende en Voortrekker

Net waarvoor ek bang was.

Maak dit net asb kakie-kleur, sal graag wil sien hoe dit gaan lyk. Ek oorweeg dit om "beige" te kies as kleur met volgende aankoop.

Groete

Wessel

 

0
Centurion
Profile picture for user Wit Eland

Wit Eland

Fri, 12/07/2019 - 08:53

Het ook kakie of naby gesoek maar is te arem gewees. Toe vat ek wit. Maar hy lyk dam mooi in kakie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/07/2019 - 08:55

Wessel, as my Hilux so half-blou geverf is, sal ek ook soos jy daar poseer asof ek iets in my broek gedoen het, of het jy maar van nature bakbene?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/07/2019 - 08:57

Ja, kakie pas nogal by Ford  -  kaki is mos die kleur van 'n...........

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 12/07/2019 - 08:57

Hello Voortrekker

Dankie, die army-bakkie lyk aanvaarbaar, maar o donner nee, vir die klere. Dan eerder "browns", steek die sagte kantjie weg.

Sal foto saamvat na Toyota toe.

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 12/07/2019 - 09:02

Môre vriende, en Len en kleuterskool

Op 'n ander noot, ek sien dat Johan Badenhorst en sy span besig is met beplanning van hulle volgende program. Dit gaan plaaslik wees, en blykbaar gaan die roete om ons landsgrense wees.

Ek sien klaar daarna uit. Hopenlik gebruik hulle nie babablou Hilux'e nie.

Wessel

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/07/2019 - 09:06

Kry eerder n ou oom wat wil, werk.

Jammer jy bly in Vereeniging en ek in die Kaap want ek is 'n ou oom, maar ek is soos jou gewese werknemer, ek wil ook nie werk nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/07/2019 - 09:10

Dit is altyd baie interessant om deel te wees van die Voetspore se rondreise.  Ek wonder of hulle nie hierdie keer Nissans gaan gebruik nie want dan sal dit éérs interessant wees?

Nou het ek genoeg strooi gepraat vir die dag.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 12/07/2019 - 09:43

Môre sê Kampforum

Ek sien op die inskrywings tyf julle is vroeg, wondr wat mis ek ?

Dusty, sterkte daar gir Alta.

Harry, ja die jonger klomp wil nie meer werk nie, stetkte.

Dis glo Vrydag, geniet jou dag voluit in vrede.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus