
Koffie enigiemand?
Baie slegte Vrydag!!
Besluit vanoggend om die lente te vier, spring op my scooter en slaan die pad Pretoria toe.
Kry n papwiel net voor die Engen Garage, agterwiel shot, bel Outsurance, toutrok oppad.........hulle bel SANRAL, sluit die highway om my fiets aan die anderkant van die pad te kry vir veilige oplaai.
Vat scooter BMW toe, vat my huistoe, klim in Hilux terug PTA toe.
BMW laat weet, skade met diens (wat ek toe nou sommer ook doen terwyl hy daar is) R 6000.
Kom by werk, Dell laptop blaas op.
12 uur tandarts toe, wat n Vrydag!!
Eina Frik, sterkte, vat maar…
Eina Frik, sterkte, vat maar 'n koue een later
🍺
(amper) Mirrag!! Wou nou net…
(amper) Mirrag!! Wou nou net sê lekker Vrydag vir almal maar dit wil my voorkom oom Vleisbal kort dringend 'n dop.
Sterkte ook daar by julle Antie F.
Oom Harry, daai ou wat nie wou werk nie is seker 'n weepee supporter en dis ook hy wat jou kombuis vuil gemors het. Dit gaan nou beter gaan![]()
Geniet julle naweek mense!!!![]()
More, geniet jul Saterdag. …
More, geniet jul Saterdag.
Die Vuil Driehoek lug het jy vroeg al wakker, ek kry omtrend nie asem met die steenkool rook wat so in die lug hang nie, nou kom sit ek maar stoksiel alleen en praat met myself 😂
Môre Johann. Môre ook die…
Môre Johann. Môre ook die ander wat hier lees.
Was net bietjie lui om in te skakel. Gaan nou koffie maak.
Lekker Saterdag vir almal.
Môre Stoffel, geniet jou dag…
Môre Stoffel, geniet jou dag, hoe gaan dit met Alta?
Môre almal
Gaan dit goed met almal vanoggend? Met my sou dit beter gegaan het as Rafa gister gewen het maar wat 'n briljante wedstryd. Albei het fantasties gespeel. Nou moet Roger net so aanhou en môre teen Djokovic in die finaal wen.
Happy Saturday everyone!
Good morning almal! Mag…
Good morning almal! Mag elkeen 'n heerlike Saterdag beleef! ![]()
Ek gaan nou bietjie fiets trap om gisteraand se worsrolletjies werk te gee en plek te maak vir bier ![]()
Môre sê Kampforum Geniet…
Môre sê Kampforum
Geniet jou dag voluit in vrede.
Goeie môre almal. Glo dat…
Goeie môre almal.
Wonder wat het van Meraai vannie Baai geword. Sy is baie stil.
Glo dat elkeen 'n goeie nagrus gehad het en geniet die Sondag.
Ek sit......
Ek sit nou hier in my studeerkamer (net in naam, hier is jare laas in hierdie vertrek gestudeer) met 'n beker koffie en 'n titseltjie koffiekapitaal......ryk en lekkerrrrrrrrrrr !
Goeie môre Kampforum-vriende ! Ek kyk hier na buite en kan net 'n tree of wat sien, dik mis tot op die grond - dis op die oomblik 8º met 'n voorspelling van 16º vir die dag. Die wetenskaplike afleiding wat hieruit gemaak kan word is : "dit is beslis winter !"
Geniet 'n rustige Sondag daar waar jy kamp of tuis by die huis sit.
Ns. Dusty, Freda het heelwat tennis-trane om af te vee nadat haar tennis-held dit nie gemaak het nie. In die omstandighede moet ons begrip toon vir haar stilte. Ek wonder wat sê sy van die nuwe vroue-kampioen?
Môre Len. Ek het gedink aan…
Môre Len. Ek het gedink aan Meraai vannie Baai. Nie van Antie Freda nie. Dit is Johann L se niggie
Môre sê Kampforum Hoop om…
Môre sê Kampforum
Hoop om na die F1 te kyk.
Geniet jou dag voluit in vrede.
Goeie dag vriende, hoop…
Goeie dag vriende, hoop julle dag het sover mooi geloop, en dat die res van die dag nog lekkerder gaan stap.





Ons kort n Voetspore Draad.
https://www.pressreader…
Hierdie URL se meer oor die toer lyk baie lekker. Ek dink oom Wessel moet n draad begin dan kan ons ook lekker gesels en raad gee soos nodig.