
Koffie enigiemand?
Goeie môre almal, ja, dit is…
Goeie môre almal, ja, dit is glo alweer Vrydag, elk geval, julle moet hom geniet, wie gaan kamp, wees veilig.
Stoffel, sterkte vir Alta, julle is in ons gebede.
Freda, hoe gaan dit met Colin? hoop en glo, hulle kon hom help gister!
Jippie jip
More almal dis vrydag gaan vanoggend my 6 kleinkind sien op sonar hy is nou 5 maande oud die koffie loop hoop julle koffie loop ook soos stroop lekke dag vir jou vrede
Môre almal. Baie dankie…
Môre almal. Baie dankie vir al die goeie wense en navrae. Ons was gister heel dag by die hospitaal maar het ongelukkig huis toe gekom sonder dat veel uitgerig was. Die dure scan wys nie vir die sjirurg genoegsaam om te besluit hy kan opereer nie. Hy sê dit is 'n groot operasie met groot risiko en daarom moet hy seker wees. Colin moet weer Maandag gaan, dan gaan hy onder narkose 'n gastroskopie doen om self te probeer vasstel wat by die obstruksie aangaan. Hy reken 'n stent sal nie werk nie. So, ons voel maar bietjie moedeloos maar is vol hoop.
Nouja, die naweek is alweer op hande. Goeie nuus vir almal wat nog werk. Vanmiddag speel Rafa teen Federer. Julle weet natuurlik vir wie ek skree maar "may the best man win".
Lekker dag vir almal daar buite!
Goeiemôre aan al die siekes…
Goeiemôre aan al die siekes en gesondes!
Sterkte met julle kwale en kweite, maar weet een ding - hierdie liggaam en lewe is net tydelik en daar is oortuigende en wetende hoop vir nuwes!
Geniet jou dag en naweek en wees asseblief soet!
Koffie vir enigiemand?
Inkleurpotlode
Môre vriende
Julle ouens moet versigtig wees om fotos van voertuie en waens hier te plaas. Sommige mense het 'n nuwe stel inkleurpotlode gekry en kleur oor die lyne in.
Boonop toon die resultaat dat die kleurkeuse maar vrot is.
Groete
Wessel
Môre almal, geseende dag en…
Môre almal, geseende dag en naweek vir almal.
Beige of kakie
Môre vriende en Voortrekker
Net waarvoor ek bang was.
Maak dit net asb kakie-kleur, sal graag wil sien hoe dit gaan lyk. Ek oorweeg dit om "beige" te kies as kleur met volgende aankoop.
Groete
Wessel
het 'n nuwe stel…
het 'n nuwe stel inkleurpotlode gekry
Daar is niks verkeerd met 'n bietjie humor nie.
Jip KAKIE kan werk.
Het ook kakie of naby gesoek maar is te arem gewees. Toe vat ek wit. Maar hy lyk dam mooi in kakie.
Army bakkie
Hello Voortrekker
Dankie, die army-bakkie lyk aanvaarbaar, maar o donner nee, vir die klere. Dan eerder "browns", steek die sagte kantjie weg.
Sal foto saamvat na Toyota toe.
Voetspore program
Môre vriende, en Len en kleuterskool
Op 'n ander noot, ek sien dat Johan Badenhorst en sy span besig is met beplanning van hulle volgende program. Dit gaan plaaslik wees, en blykbaar gaan die roete om ons landsgrense wees.
Ek sien klaar daarna uit. Hopenlik gebruik hulle nie babablou Hilux'e nie.
Wessel
Hallo Wessel!
Dit is altyd baie interessant om deel te wees van die Voetspore se rondreise. Ek wonder of hulle nie hierdie keer Nissans gaan gebruik nie want dan sal dit éérs interessant wees?
Nou het ek genoeg strooi gepraat vir die dag.
Môre sê Kampforum Ek sien…
Môre sê Kampforum
Ek sien op die inskrywings tyf julle is vroeg, wondr wat mis ek ?
Dusty, sterkte daar gir Alta.
Harry, ja die jonger klomp wil nie meer werk nie, stetkte.
Dis glo Vrydag, geniet jou dag voluit in vrede.







More More
Dit is weer vrydag.
Ek het besluit om my een werker wat bedank het en sy kennis maand werk, vandag te laat gaan.
Is net besig om my te tart. Hy sit in elkgeval en niks doen nie. Is elke dag laat en loop vroeg. Sit op internet op sy werkstasie en whats-app heeldag. Loop ook elke dag vroeg, met n verskoning. Bly dae weg sonder om te laat weet en sê dan hy was by n begrafnis in Durban en weet nie wat is die kantoor se telefoon nommer na amper 2 jaar hier.
Dit is die eerste keer dat ek sekere jeug n kans gee wat werkloos was. Noot weer nie, het my les geleer. Kry eerder n ou oom wat wil, werk.
Genoeg gekerm. Wil julle nie depro maak nie.
Geniet en wees veilig