Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57243 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Verjaardae Chris Boucher -35 seconds ago
Gegroet hier vanaf Eiland… Julie 2019 - Koffiekroeg Chris Boucher -8 minutes ago
Julle moet dit geniet Wessel… Manyane Pilansberg Voortrekker -42 minutes ago
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -1 hour ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -1 hour ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -1 hour ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago

Ons eerste besoek aan Punda

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 01/07/2019 - 11:03
Forums

As die Here wil is ons oor twee weke oppad Punda Maria toe. Voor ek daar kom; so ruk terug sê ek vir my 4,5 jarige klong ons gaan iewers heen "as die Here wil". Hy vra toe; en as die Here nie wil nie? Dis nie altyd maklik om 'n kleuter se vrae te beantwoord nie! Ek besoek nog elkeen van my 47,5 jare op aarde die Kruger wildtuin ten minste een keer, en dit is my gunsteling plek op aarde waar ek mooi kan kop skoonmaak en vrede vind. Vir lg. doeleinde vermy ek meestal die Suidelike deel en ons besoek eerder die deel tussen Satara en Letaba. Verlede jaar gesels ek met 'n mede wildtuin liefhebber, en hy sê ek móét Punda Maria en Pafuri se omgewing besoek. Toe ek 'n jaar gelede vanjaar se bespreking maak is dit toe vir 3 aande by Punda, 3 by Shingwedzi en 3 by Letaba. Ongelukkig kan ons weens logistieke redes nie kampeer nie, maar ons is baie opgewonde om hierdie nuwe deel van die wildtuin te ontdek. Ek was al by Shingwedzi en al die kampe Suid daarvan, maar die res van die gesin nog net by Tsendze (voor ons kinders gehad het), Letaba, Olifants, Satara en Pretoriuskop.

Middag Wildehont

Ek hoop julle gaan DV daar uitkom.

Ek sal graag wil hoor wat jou indrukke van die noorde deel van Kruger is. Ander forumlede is hoogs be-indruk en ek begin dit oorweeg om ook soheentoe te gaan op 'n keer.

Groete 

Worcester

Wildehont

Mon, 01/07/2019 - 11:54

Dankie Wessel. My ouers het ook altyd die afkorting DV vir die Latynse weergawe van "as die Here wil" gebruik. Ek het self gesien hoe liries forumlede raak oor veral Punda en dit maak my nog meer opgewonde. Ek sal my indrukke en 'n slimfoon foto of drie deel. Nou moet ek eers die slapies tel...

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 01/07/2019 - 11:57

Punda is 'n wonderlike kamp en omgewing. As jy in die chalets bly, het jy nie heeltemal dieselfde ervaring as die kampeerders t.o.v. die watergat nie. Maar daar is tog 'n groot mate van nostalgie om in die gewone chalets te bly. Die safari-tente (met privaat ablusies) is lekker eenhede. Die 2 luukse chalets is (na my smaak) té luuks met DSTV en al.

As jy nog nie Pafuri besoek het nie, moet dit beslis op jou "te doen-lysie" wees. Maar andersins kan jy maar elke dag net die S99 (Mahonie Loop) ry. Laasgenoemde is wat ons vanjaar gedoen het - en die plaaslike troppie wildehonde het ons keer op keer op hierdie pad verras.

As jy in die gewone chalets bly, moet jy maar aanpas t.o.v. braai saans. Almal gaan braai anderkant die pad, want jy kan nie by jou chalet braai nie. En jy kan 'n stel aftrap (soos my broer vanjaar) met 'n klompie beskonke mede-braaiers wat klaarblyklik erg gevloek het.

Ek het dit voorheen genoem dat Punda een van die swakste kampeerterreine in die wildtuin is - maar vir my een van die wonderlikste kampe (grootliks te danke aan die watergat). Baie mense is (soos ek) lief vir Klopperfontein, maar dié is kurkdroog vanjaar.

Geniet Punda (en die res uiteraard).

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 01/07/2019 - 12:28

Wildehont, jy sal nie teleur gestel word nie, Punda is die plek om te gaan kop skoon maak👍

Pafurie, is 'n besliste moet, jy kan dan ook by die "berugte Crooks corner" verby gaan,  op pad Pafurie toe, daar waar die smokkellaars glo altyd by een gekom het.

Worcester

Wildehont

Mon, 01/07/2019 - 12:57

Dankie Chris en Johann vir die voorstelle. Ek gaan dit vir seker doen. Ons bly in een van die hutte (nie die luukses nie) en sal dit maar vat soos dit kom. Dis nogal jammer mens kan nie by jou hut braai nie!

Is daar 'n skuiling waaruit ons wat nie gelukkig genoeg is om te kampeer nie die watergat TV kan kyk?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/07/2019 - 14:01

Julle het die regte keuse gemaak en Punda is tops !

  • In die kampterrein, teen die draad en oorkant die populêre drinkgat, is 'n lieflike skuiling waar jy en jou gesin na hartelus kan sit en kyk wat voor jou gebeur.  Daar is selfs 'n skakelaar om die spreilig op die drinkgat te verlig sodat jy enige tyd in 24 uur daar kan sit.
  • Die stokou hutte, almal teenaan en langsmekaar maar netjies opgegradeer is tog 'n belewenis en met gemeenskaplike braaiplekke soos van ouds, net oorkant die twee rye hutte.  Toe ek 'n tjokker was, omtrent 65 jaar gelede, was dit in Punda my eerste kennismaking met 'n hut in die Kruger Wildtuin.  Wat my aanbetref, hemels !
  • Klopperfontein : ons staan so 'n jaar of twee gelede en hou die seekoeie in die water dop, seker so 20m van ons af.  Uit die bloute verskyn daar twee olifante langs ons wat rustig kom water drink.  My eers vrek geskrik en toe hierdie foto geneem: 

.

Worcester

Wildehont

Mon, 01/07/2019 - 14:30

Sjoe Oom Len, dit klink en lyk voorwaar hemels. Pragtige foto! Julle almal wat al daar was se terugvoer en ervarings maak my net al hoe meer opgewonde. Nog 14 slapies...

Secunda

Sleep nou

Tue, 02/07/2019 - 07:34

Geniet die noorde my ma hulle was n ruk terug by Letaba sy bly in Phallas en sy se Letaba is tops vir haar geniet oom Paul se kamp

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 03/07/2019 - 15:53

Ek is September skoolvakansie daar in Letaba.

Sien juis vandag het besprekings oop gemaak vir 20290 Julie skoolvakansie, dink ek moet plan maak voor my Wild kaart wat en September gaan vat verval.

Worcester

Wildehont

Thu, 04/07/2019 - 08:06

Dis 'n lekker vooruitsig Willem! Ek het al twee keer navraag gedoen (die laaste keer verlede week) oor wanneer besprekings oopmaak vir volgende Junie en SANPARKE het vir my albei keer gesê dis eers 24 Julie 😡

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 04/07/2019 - 11:13

Skies julle is reg, ek het die boodskap net op gister se datum gesit, weet nie hoekom nie.  Ek maak gebruik van Trudie Kotze wat al my KNP besprekings doen.

Middag Willem en ander

Ek dink die duimreël vir besprekings is vanaf  11maande voor verlangde datum.

Ek bel maar sommer net die algemene kantoor, en word op die hande gedra. Ek is nie bevoorreg om soos sommige spesiale dames te hê wat besprekings doen nie.

Groete

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 04/07/2019 - 14:45

....Trudie Kotze bedryf 'n satelietkantoor ('n franchise) van SanParke hier in Kaapstad.  Sy is 'n besonderse mens en doen al vir jare ons en ons vriende se besprekings.  As sy nie onmiddellik vir jou iewers plek kry nie, hou sy dop vir kansellerings en probeer om jou sodoende te help.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 04/07/2019 - 18:03

...is ongelukkig van vandag met verlof.  Lydia en Welton is twee ander baie behulpsame mense in dieselfde kantoor.