Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -38 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Nuwe A-raam "cover"

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Fri, 05/07/2019 - 08:22
Forums

Gister, besluit ek om vir die Penta 'n nuwe A-raam "cover" te gaan soek, kry toe gelukkig een hier by Gibon karavaan kliniek in Vanderbijl, enigste verskaffer in 80 Km. (Die Penta kort 'n bederfie)

Die ou een het so klompie stampe en stote wat my geirriteer het. Vanoggend gaan die oue af kom, en die nuwe op gesit word. 

Ek dink daaraan om die ou een te laat reg maak, dit is net 'n paar krake en "chips",  en dan te verkoop, nou wonder ek, is dit die moeite werd, of gaan ek 'n paar rand mors om te laat reg maak, en vir so R600.00 te verkoop?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 07/07/2019 - 20:14

Hierdie een Willem.

A-raam cover
Hierdie kraak by die handrem slot.
A-raam
Ook lelik gekraak by die batery deksel
A-RAAM
Die nuwe se gate geboor,  en reg om in te sit 

 

Die nuwe is gister in gesit, lyk mooi.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/07/2019 - 20:27

Johann, sommer baie spoggerig.  Mag ek vra, hoeveel kos so 'n nuwe A-raam dop ?  Watter gate moes jy boor, was die openinge vir die jocky-pyp, die handrem en die ghries-punte nie reeds daar nie ?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 09/07/2019 - 22:00

Len, die prys was R1450.00, wat die batery deurtjie in sluit.

Ek moes die gat vir die klamp van die jokey wiel uit boor, as ook die gat vir die slot in die batery deurtjie dit was wel reeds gesonke, maar nie oop nie, die hand rem se sloot was was reeds oop, sowel as die gat waar die jockey pyp bo deur gaan, as ook die ghries-punte se gate.

My grootste uitdaging was om die "pop rivets" se gate op te lyn met die gate reeds in die A-raam, want mens wil die minimum gate daar hê.

Pretoria

leeu

Thu, 11/07/2019 - 09:03

Goeie môre Johann,

Baie dankie, kon jy nie die gate van onder die a raam van binne af die "lip channel" uitboor na buite toe nie. Dis baie klein gaatjies, dink dis 'n 3,2mm gat?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 11/07/2019 - 15:15

Leeu, nee, daarom moes ek die gate van buite af boor (net deur die vesel glas), daar was net nie genoeg spasie om met 'n boor van binne af te werk nie,  selfs die batery boor was te lank.

Johan watter model is jou karavaan? Ek het ook al gedink om n nuwe "cover" op my 2010 Jurgens Palma te sit. Ek wil my battery binne in die karavaan uit gehaal het en dit voor te sit soos joune, maar ek kon nie n "cover" kry wat pas nie, die "cover" wat ek gekry het het nie op my Y-raam gepas nie, was te wyd na agter.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 13/07/2019 - 21:04

Naand Pieter, my Penta is 'n 2005,  hoop jy kom reg, indien nodig, sê net, dan geen ek vir jou die plek se kontak besonderhede. (Gibon Karavaan Kliniek in Vanderbijlpark)