Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57209 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek gebruik heel balm. Dit… Stof tot nadenke Dusty -7 minutes ago
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -11 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -12 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -13 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -13 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -13 hours ago

Fyndraai

Worcester
Submitted by Wildehont on Wed, 10/07/2019 - 08:50

Vanoggend net na my alarm my wakker maak is daar iewers buite ‘n slag wat my kamer se ruit laat rittel. Ek dog eers dis darem vreemd dat daar die tyd van die jaar ‘n donderstorm is, toe hoor ek daar word ‘n afkondiging gemaak by die brandweerstasie so ent van ons af en besef dis nie donderweer nie. Toe ek uit die stort uitklim is daar nog ‘n groter slag en toe die sirenes. 

Dit was blykbaar ‘n LPG (gas) tenkwa wat nie sy draai mooi kon kry nie en omgeval het so 2km van ons huis af naby die koöperasie. Volgens die laaste berig op RSG is niemand wonderbaarlik dood nie maar twee brandbestryders en nog iemand is beseer. Die omliggende geboue het ook aan die brand geslaan. My Everest is in vir werk daar naby, maar dit lyk of die brand onder beheer is. Verskoon as hier tikfoute is, dis op my foon getik. 

 

video

Môre Wildehont

Dankie vir die berig. Nou het ek 'n baie goeie idee waar in Worcester jy bly.

Gelukkig het jy 'n Everest en nie 'n Kuga nie

 

Wessel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/07/2019 - 09:06

Versigtig met jou keuse van 'n opskrif, dit kan soms heeltemal verkeerd vertolk word !

Die 9vm-nuus (Kenny Africa, verkeershoof) praat van 'n petrol tenkwa wat teen 'n motor gebots het en die trokbestuurder is nog vasgekeer.  Nietemin, dis ook maar goed die ongeluk het nie in Johannesburg plaasgevind nie want vir die hele stad van Johannesburg en Soweto het hulle net 7 werkende branweer waens !

Hoop jou Everest is veilig !

Worcester

Wildehont

Wed, 10/07/2019 - 09:27

Oom Len, ek het ook Kenny Africa (wie self van Worcester is terloops) se verslag gehoor, maar dis al vroeg vanoggend opgeneem toe hulle nog nie seker was wat gebeur het nie. Dit sal seker deur die dag duideliker raak wat werklik gebeur het en of dit gas of petrol was. 

Volgens die plaaslike riemtelegram was dit gas en as mens kyk na die video onderaan die N24 berig lyk dit so. https://www.news24.com/S…

Centurion

Voortrekker

Wed, 10/07/2019 - 12:32

Ek het hierdie foto's van die gebeurtenis op FB gekry 

w

w

w

w

w

video
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/07/2019 - 18:28

Hont, jy is reg  -  die latere verslae dui daarop dat dit wel 'n trok met vloeibare gas was.

Worcester

Wildehont

Wed, 17/07/2019 - 19:00

Ek het die onderwerp van die draad gekies om lesers te lok en dit het gewerk 😂