Vanoggend net na my alarm my wakker maak is daar iewers buite ‘n slag wat my kamer se ruit laat rittel. Ek dog eers dis darem vreemd dat daar die tyd van die jaar ‘n donderstorm is, toe hoor ek daar word ‘n afkondiging gemaak by die brandweerstasie so ent van ons af en besef dis nie donderweer nie. Toe ek uit die stort uitklim is daar nog ‘n groter slag en toe die sirenes.
Dit was blykbaar ‘n LPG (gas) tenkwa wat nie sy draai mooi kon kry nie en omgeval het so 2km van ons huis af naby die koöperasie. Volgens die laaste berig op RSG is niemand wonderbaarlik dood nie maar twee brandbestryders en nog iemand is beseer. Die omliggende geboue het ook aan die brand geslaan. My Everest is in vir werk daar naby, maar dit lyk of die brand onder beheer is. Verskoon as hier tikfoute is, dis op my foon getik.
Wildehont se dorp
Môre Wildehont
Dankie vir die berig. Nou het ek 'n baie goeie idee waar in Worcester jy bly.
Gelukkig het jy 'n Everest en nie 'n Kuga nie
Wessel
Wildehont
Versigtig met jou keuse van 'n opskrif, dit kan soms heeltemal verkeerd vertolk word !
Die 9vm-nuus (Kenny Africa, verkeershoof) praat van 'n petrol tenkwa wat teen 'n motor gebots het en die trokbestuurder is nog vasgekeer. Nietemin, dis ook maar goed die ongeluk het nie in Johannesburg plaasgevind nie want vir die hele stad van Johannesburg en Soweto het hulle net 7 werkende branweer waens !
Hoop jou Everest is veilig !
dit kon soveel erger gewees…
dit kon soveel erger gewees het
Ja, as dit dalk later in die dag of op 'n ander meer bedreiwige plek gebeur het...
Dankie vir die deel Hont ![]()
Oom Len, ek het ook Kenny…
Oom Len, ek het ook Kenny Africa (wie self van Worcester is terloops) se verslag gehoor, maar dis al vroeg vanoggend opgeneem toe hulle nog nie seker was wat gebeur het nie. Dit sal seker deur die dag duideliker raak wat werklik gebeur het en of dit gas of petrol was.
Volgens die plaaslike riemtelegram was dit gas en as mens kyk na die video onderaan die N24 berig lyk dit so. https://www.news24.com/S…
Twee brandbestryders is…
Twee brandbestryders is beseer en die bestuurder van die bakkie is krities beseer. Vragmotorbestuurder is ongedeerd.
Ai dit is nou lelik, dit is…
Ai dit is nou lelik, dit is baie lelik, groot genade dat so min beserings op gedoen is.
Ai, vang die opskrif van die…
Ai, vang die opskrif van die draad my amper weer![]()
Moet net nie Fyndraai met…
Moet net nie Fyndraai met Kaapsedraai verwar nie!
Uitgevang!
Ek het die onderwerp van die draad gekies om lesers te lok en dit het gewerk 😂











Dit kon soveel
Wildehont dit kon soveel erger gewees het bly julle is ok