Hallo julle, ons is nuut op die permanente kamp ding. Ons het ñ Sprite Swing. Ek wil graag weet wat doen julle omtrent klere wat moet opgehang word? Die Swing se kassies is net te klein. Het enige van julle dalk kassies ingebou? Het gedink om dalk die twee banke by die deur uit te haal en hier iets in te bou.
Die Exclusive het ook min,…
Die Exclusive het ook min, die groot een het ons rakke ingesit.
Maar kyk, Surette kry daar in daai smal kassies langs die bed in wat ek nie by die huis in my kas kan kry nie.
Wat van een van daai opvou hang kaste ?
Hang plek vir klere ...
Annemarie
Iets soos dié ?
Ek dink.....
Ek vermoed Annemarie se probleem is dat hulle permanent wil kamp/toer en dan is 'n "opvou-hangkas" nie geskik nie.
Ek hoop ons permanente kampeerders Koos of Arie kan raad gee. Ek sou sê heel eerste moet somer en winter klere geskei word en slegs dit wat by die betrokke seisoen pas, in die kassies opgehang word. Die ander seisoenklere moet of in kratte geberg word in die sleepvoertuig se bagasieruim of by 'n stoorplek waar daar nou en dan aangegaan word. Verder moet die klere tot die absolute minimum afgeskaal word.
Kom ons kyk wat sê die lang-kampeerders.
Ek kan nie goeie advies gee…
Ek kan nie goeie advies gee nie, te min klere vir my, en te veel vir my vrou😂
My Penta se hang kas, aan my kant, het ek juis rakkies in gesit. Ek dra net kort broeke en t-hemde, en die hang storie was vir my 'n las gewees.
Kan net dink dat daai los staande hang kaste by Makro, Game, Outdoor Warehouse ens. vir julle 'n voordeel sal wees. Jy kry van hulle wat heeltemal opvou (weg pak) waanneer nodig.
Het ook nie n hangkas in…
Het ook nie n hangkas in Froggy nie.
As ons ry gebruik ons gewoonlik die badkamer vir die hang klere en as ons stop, hang ek die klere bo die bestuurders se sitplek (daar n hang pyp bo teen die dak) Die drywer sitplek is staties en kan nie omdraai soos Yvonne se kant nie.
Gebruik twee groot laaie vir opvou klere.
Ek dink ook die opvou kaste kan dalk die ding doen.
'n Man moet seker plekkie hé…
'n Man moet seker plekkie hé om sy spaar onderbroek te hang vir die droog word? Ek weet nie of Arie self veel raad gaan kan gee nie , want hy dra mos net 'n broek en het een hemp vir wanneer daar kuiermense kom of hulle dalk kerk toe moet gaan?
Ek onthou erens het hy genoem dat dit die eerste /enigste verandering was wat hulle binne die kereven aangebring het - die groot hangkas (vir Petra) . Arie kom in!
My kaste vir klere hang is…
My kaste vir klere hang is nie baie groot nie. Tot nou het ek nog nie lank gaan kamp nie. Net so 10 dae per keer.
My oopknoop hemde word gehang en my golf hemde en t-hemde rol ek op en pak dit saam met my kort broeke op 'n rak. Wanneer dit op gerol is vat dit heelwat minder plek en dan kan jy meer op die rak inpas.
Klere kas ...
Ek dink Arie gebruik die multi-room vir die inloop klere kas ?





Ek dink Arie het 'n hangkas…
Ek dink Arie het 'n hangkas in hulle penta ingebou vir die permanent kamp?