Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -5 hours ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 02/04/2020 - 11:47

Dagsê vriende,
    Wat n ongemaklike spul, het jy al met n ander vinger as jou normale tikvinger probeer om n boodskappie te tik. Ek tik normaalweg met my wysvinger. Die is gisteraand met n Bactraban roompie behandel en n plyster op die vingerpunt gesit.
  Die ou foontjie tel nie ń pleistervingerpunt se tikwerk op nie, so nou moet ek maar met pinkie se maat tik.
  Het jul al vertel van wat "ONS" alles gaan doen in hierdie grendeltyd, wel óns is besig om ons kamer ń bietjie op te knap met n nuwe verflaag. Nou, ek is nie ń verwer nie, inteendeel, glad nie lief daarvoor nie. Doen bietjie iets wat jy nie gewoond is nie en kyk wat gebeur. Met verfwerk is die voorbereiding baie belangrik. Sit vuller in die hoeke by die plafon en die muur en werk hom glad af. Al hoe ek dit mooi regkry is met my wysvinger se vingerpunt. Gister, halfpad deur die proses kom ek agter my vinger word al seerder, daai troffeltjie se beskermde lagie is nou heeltemal  weggewerk. Man is dit nou seer, naderhand probeer ek sulke ou rubberhandskoentjies wat die vrou in die kombuis gebruik. Dit is so goed jy sê vir my met my nommer 13 voete om nommer 8 skoene aan te trek. Aankry kry ek hul nie aan nie. Naderhand einde ten laaste n vinger afgesny en hom met moeite oor die wysvinger getrek. Toe werk ek lekker, moes dit van die begin af gedoen het.
 Iets wat n ou ook nou agterkom in hierdie tyd is hoe gemaklik ons was. As alles oop was sou ek waarskynlik gery en iets gaan koop het om dit te doen. Of  eerder, ek sou iemand gekry het om dit te kom doen. 
   Vroër die week bel die bloedbank my en vra of ek kan kom skenk, reël toe dat ek gister kwart oor vyf sal skenk, dan gaan dit stil wees daar by hulle. Noudat ek daaraan dink, dit is nou regtig omtrent die enigste bank wat iets met my te doen wil hê. Oppad terug moet ek stop by die winkel vir n paar noodsaaklikhede, so agt goedjies op ons lysie, goed die helfte van dit is uit voorraad. Toe besef ek maar net weereens hoe bevoorreg ons is dat ons altyd kon kry waarna ons soek.
  Nou ja,ek kan nie die hele dag hier sit en ginnegaap nie. Laat ek daai vingerpunte oor my vingerpunte trek en aangaan.Skielik sien ek in my geestesoog my oorlede ouma waar sy sit,altyd met haar voorskoot aan, sy sit met n ronde skulp met n vingerhoed aan die vinger besig om kouse te stop.Wonder wat sou hul van al hierdie dinge gesê het.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 03/04/2020 - 12:25

Môre vriende,
KAMPKENSGEIT.
Kry n ou so n woord.As daai lus jou pak dan raak jy so half kens,ek in elk geval.
Iemand op die groep sê eendag,hul is nou so lus vir kamp,hul gaan slaan sommer die wa se tent op.
Hierdie het darem laas jaar gebeur, sê maar net dat jul nie dink ons loop nou gedurende die president se grendeltyd rond nie.
Nou ek doen dit party keer,ek draai die wa dwars onder die afdak.Slaan alles op.Papnat gesweet gaan sit ek in my kampstoel en drink n koue bier,miskien twee.Lekker sit ek voor die tent dan hoor ek die deur rol op agter die karavaan.
Kyk dan weet ek my afdakkamp is kortgeknip. Die vrou is terug van die dorp af en sy kan nie inkom in die oprit nie.
Sal sy nou wragties toeter druk as sy sien sy kan nie inry nie,so asof ek nou soos Martino moet sê "Kul jou hier en kul jou daar" en daar staan die karavaan,tente afgeslaan,weer terug op sy plek en uit die pad uit.
Sy sal maar in die straat moet staan tot ek klaar gekamp het.Dan staan sy nou en wag vir hierdie wonderwerk wat moet gebeur.Sal nogal so ewe weer die toeter druk.
Staan ek verontwaardig op en stap om die karavaan.Sit sy in die motor en haal haar skouertjies op in n "wat nou" gebaar.
Sal ek mos toe so voor die neus van die motor gaan staan,en soos n wafferse spietkop wat puntdiens doen,haar in n rigting in beduie waar sy in die straat moet parkeer.
Sien nogal die vrou is rooi in die gesig en wonder so by myself of het die lugreëlaar nou opgehou werk.
So vinnig het ek nog nooit gesien,sonder om die ratte te krap,het sy hom in trurat en parkeer sy in die straat.
Met n,nou moet die kar in die son staan,soengroet ons.Asof die Mall by ons onderdakparkering het en hy nog die heel dag onderdak was terwyl sy geshop het.
Met n,nou sal jy al die pakkies indra,is sy daar by my verby langs die karavaan en muur af.
Wou nog sê pasop vir die toue,toe sy die tou neffens die karavaan raaktrap en soos n wafferse honderd meter atleet uit die blokke kom en begin spoed optel.Ek wou eers hande klap vir die goeie wegspring toe ek besef hierdie is nie n grap nie.
By die tent se hoektoutjie tree sy soos n hekkiesatleet oor die tweede tou.Ek het gedog sy gaan nog n trap tussen die tweede tou en die canopy se tou gee maar sy is met een sprong bo oor albei toue.Die handsak in haar regterhand is met n wafferse boulaksie bo oor die skouer deur die lug vooruit en hak bo-oor die sekuriteitlig bokant die motorhuisdeure.
Nou is sy op volspoed na die toe motorhuis deure op pad. Siende dat ek weet jy stop nie n ex honderdmeter atleet wat in tussetyd n bietjie gewig bygekry het in n paar meter nie, druk ek die remote om hul oop te maak.
Maar heelaas te laat. Sy slaan daai wenstreep tou wat toe die deur se onderkant was,so op borshoogte.
Haar kop en skouers bly agter die wenstreep,maar haar onderlyf het nog momentum en gaan onderdeur die deur,en kaplaks daar sit sy op haar alie.
Help ek haar op en vra of sy oraait is.Gelukkig het sy niks seer gekry nie.Hang vrou sê ek,ek het nie geweet jy het nog soveel spoed in jou nie.
Vreugde en vrede vir julle.
(Foto's aangeheg dat jul kan sien watse afstand sy afgelê het)

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 04/04/2020 - 10:11

Dagsê vriende,
     Hierdie het ook ń tyd gelede gebeur en ek het al vir jul daarvan vertel.Maar kom ek vertel jul weer, miskien het jul al vergeet.

            KARAVAAN SE EILANDBED.
       Gister vir jul vertel hoe ek n selfaangestelde sekuriteitswag/karwag geword het by my vrou se huismark.
     Weereens is dit nou iets wat gister gebeur het wat ek moet vertel.
     Gister was dit die laaste dag van Ann se huismark.
     Nee wag, ek jul gou iets vra. Het jul al opgelet dat n eilandbed in n karavaan so smaller word na die voete toe? As jy die matras oplig op sy shocks lyk hy kompleet soos ń kis, net breër.Gaan kyk bietjie, n kis loop nouer na die voete toe.
     Die mark is verby en nou begin die opruimingswerk. Die uitstallers breek hul stalletjies af. Ek breek die gazebo af wat amper so groot soos n sirkus tent is,  ja oraait, miskien so n bietjie kleiner.
   Met dit gedoen is daar ń duisend en een goed wat moet teruggaan na hul plekke in Ann se huiswinkel.
    Die karavaan moet ook weer terug gestoot word tot op sy plek. Die kampstoele en kamptafels moet ook weer teruggaan karavaan toe.
    So dra ek alles wat karavaan toe moet gaan tot by hom,sluit oop en sit die tafels en stoele so skuins teen die kaste neer. Die stoele kom voor die as in die neuskaste.
      Met hulle op hul plek is dit net daar waar die moeilikheid begin met die goed wat onder die eilandbed moet kom.
     Die wa was skoongemaak na ons Drakensville kamp en daar was dit lekker koud.Alles is gewas na die kamp en op die bed lê  so n gekwilte deken. Ou maat, is daai ding n gewig, hy weeg maklik kort duskant n ton.
    Lig ek die matras op met die shocks wat alles so skuins regop hou.
     Het ek jul vertel van hierdie nuwe brille van my,blykbaar is hierdie een traaifokuls,jy traai mos die heeltyd fokus met hulle.
      Hou bietjie n ou met so n nuwe bril dop.Ek dink, of kom ek vra eers so, onthou jul nog daai kunshondjies wat die oumense so in hul ou motors se agtervenster gesit het wat se koppe so in die ry gewieg het? Hul koppe het mos so in die rondte en op en af beweeg. Kompleet soos n dronkie se kop, hul koppe kan mos ook nie stilstaan nie.Hul onderlyf en kop lyk so asof dit aan twee verskillende mense behoort. Dit is nou presies wat gebeur as jy n nuwe bril kry. Jou oë is gevestig op iets, stokstyf staar hul daar waar hul wil fokus,nou begin jy jou kop eers op en af beweeg om die fokuspunt te soek,sodra jy die op en af ingestel het beweeg jy jou kop links en regs om die senter te kry. Nou net presies so maak n ou met n nuwe bril, stokstyf staar jou oë, maar jou kop wieg rond.
   So van dronkies gepraat,in die ou dae voor daar blaaspypies was het die spietkop gesê hul moet sy vinger volg,die het hy dan van links na regs voor jou beweeg,dan bly n dronkie se oë mos links kyk maar sy kop waggel regs. Daai vertraagte reaksie was genoeg bewys dat die ou se kop, lyf en oë aan drie verskillende ouens behoort.
     Besluit ek toe om n tafel, hierdie wat so aan die karavaan hak wat so n allimunium hoekyster raam het,eerste in te sit.Hy moet in daai doodskis kom, heel agter by die koppenend.
   Hy moet op die verste punt van my af gaan lê,dus lig ek my linkervoet op om binne in die bedkompartement of liewer hierdie dubbeldoor doodskis te trap.Terselfdertyd moet jou kop en bolyf afsak om half onder die skuinste van die bed in te gaan.
     Daai bleddy bril se fokus maak toe dat ek my voet seker so 50 mm te min lig.Met die wat die tafel se gewig nou anderkant my middelpunt is om balans te hou neuk ek met tafel en al, kop eerste in die kas in en stamp seker met die valslag teen die skuins matras of shocks.Alles gebeur so gelyk,die plank met matras en swaar deken bo-op, slaan my agter die kop.My voorkop en neus slaan die hoekyster van die tafel.Ek val binne in die doodskis in.My lyf en linkerbeen binne die kis met my regterbeen wat net my kuit en voet halfpad buite hang onder die bed uit.
      Daar lê ek binne die kis en ek sien al die hoofopskrif in die plaaslike koerantjie,
"Man sterf binne doodskis".
     Die bediende wat nog iets in die wa wou kom bêre kom op die petalje af, sy lig my doodskis se deksel op.Sorry,sorry sê sy asof dit haar skuld is. 
     Met n sakdoek hier teen my voorkop en neus gedruk, klim ek bloeiende met n gesukkel weer daar uit onder die eilandbed uit.
   Ek is so bly ons ry môre Marloth toe.Ek kort n vakansie,ek kry nie meer lekker gefokus nie.Amper was ek lang bome toe.
   Soos ek sê, hierdie het laas jaar gebeur.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 05/04/2020 - 11:21

Dagsê vriende, 
                          Psalm 8: 4-10
    4 As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre waaraan U ń plek gegee het,
    5 wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?
     6 U het hom net ń bietjie minder as n hemelse wese gemaak en hom met eer en aansien gekroon,
     7 U laat hom heers oor die werk van U hande, U het alles aan hom onderwerp:
     8 skape en beeste, alles ; selfs die diere in die veld, 
     9 die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseaane deurkruis .
   10 Here, ons Here, hoe wonderbaar is U naam oor die hele aarde !
                     Gebed.
   Onse Vader,dankie vir n nuwe dag, dankie vir alles wat ons so onverdiend uit U Vaderhand ontvang.
   Here,U het ons net n bietjie minder as ń hemelse wese gemaak, vergewe ons waar ons as sondige mense nie so optree nie, waar ons U so dikwels teleurstel. Vergewe ons ook waar ons swak heers oor U skeppingsdade.
    Here,ons dra aan U op, hulle wat in hospitale en siek is asook hul versorgers, die wat al ver gevorder is in jare.Ons bid vir die eensames.Here, hou U elkeen vas,vertroos die wat smag na vertroosting.
    Vader, dankie vir U genade, U genade is vir ons genoeg.
   Amen
   
 Mag jul Sy genade,Vreugde en Vrede in hierdie dag ervaar.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 06/04/2020 - 09:48

Môre vriende.
                      
   Wil graag vir die ingehokte kampeerders n ding vertel, net om die gemoedere ń bietjie op te tel, hoop dit dra admin se goedkeuring weg.
       Vertrou jul het gister n wonderlike dag gehad.Ek diep so n bietjie van my ouer stories op uit Jors se Kampvuur Stories se argiewe vir die van julle wat dit nog nie gelees het nie.Geniet dit.
                           NAGMAAL.
    Nou kyk ons ou nasie is lief vir lag.Lag en braaivleis is so eie aan ons. ń Kerk se lag is ook anders as ń ander normale lag. Gebeur daar iets snaaks en jy raak aan die lag is dit n ding, jy mag nie lag nie, maar hoe hou jy dit in. Kry jy opgehou lag, is jy naderhand rooi in die gesig van asemnood soos jy asem ophou, net om nie weer te begin lag nie. Daai knyp en ń ander knyp is omtrent ewe erg. Nou sit jy hier voor jou op die grond en staar, net om nie die mense wat die konsternasie veroorsaak het raak te sien nie. Jy bedaar, maar o wee, kyk jy op en sien hulle, begin jy weer lag. Dan kyk jy af om maar weer te probeer ophou. En jy het net een ou nodig om te lag dan lag almal weer saam.

Ja, in n kerk is dit  ń moeilike storie as jy aant lag gaan.So was dit ook die Sondag.

Vertel iemand my nou die dag van wat met hul gebeur het in hul Kerk. Dit is nagmaalsondag, so daar is baie mense.Ek gaan probeer om reg te laat geskied aan sy vertelling. So trek jul kerkklere aan en gaan saam met ons almal nagmaal toe.
    In hul Kerk is dit hul gebruik om met nagmaal elkeen afsonderlik bedien te word met nagmaal.
   Wat dan gebeur is dat die kerkgangers bloksgewys in familie verband na die nagmaal tafel beweeg,waar hul dan met brood en wyn bedien word.
    Hy vertel dat dit toe naderhand hom en sy vrou se beurt is.
     Hy is maar korterig en skralerig gebou, met n boepensie, en die het hy nou nie juis van nagmaalwyn nie. Albei van hul is in hul sewentiger jare, dit is iets wat mans maar met tyd kry,sê hy. Waar sy vrou weer groterig en maar redelik baie oorgewig is. In hul Kerk loop die blokke se gange soos n koek se skywe skerper in die rigting van die preekstoel. Voor die preekstoel is die nagmaaltafel gedek met drie stoele. Twee ouderlinge weerskante van die dominee.
   Die ouer manne sittende en die dominee staande. Hulle het redelik agter in die Kerk gesit en word vorentoe genooi. Soos wat dit n heer betaam wag hy in die gangetjie vir sy vrou om uit te kom uit die banke uit,en laat hy haar voor stap.
    Die gange is teen n helling gebou vir goeie sig op die preekstoel. Hy sê hy weet nie wat gebeur het nie, hy weet net hy het haar al menigmaal vertel om haar voete op te tel. n Paar banke voor die nagmaaltafel struikel sy oor haar eie voete en raak sy daar aant hardloop.
  Al vinniger en vinniger in die smal afdraande paadjie af,rigting, nagmaaltafel. Hy vertel dat die gang te smal is om verby te gaan en haar te probeer keer. As hy haar platduik gaan sy dalk seerkry teen die banke langsaan en hoe sal dit dan nou ook lyk as hy sy vrou in die kerk platduik. 
     So paar tree voor die nagmaaltafel het hy net gesien die twee ouderlinge vlieg verdwaas op en die dominee lyk of hy die seën so met sy hande na vorentoe wil uitspreek, maar blykbaar het hy net probeer keer. Hy kry sy vrou se rokspante in die hande net voor sy die nagmaaltafel teen volspoed tref. Sy val die nagmaaltafel plat met die dominee en sy twee ouderlinge weerskante van hom. Met haar wat nou tot stilstand gekom het en hy wat breekdele van n sekonde volspoed agter haar was, duik hy bo-oor sy vrou met haar rokspante nog steeds in sy hande vasgeklem.
    Hy vertel dat as dit nie vir sy vrou se rok was wat hom teruggeruk het na die ongelukstoneel agter hom nie was hy kop eerste binne in die preekstoel vas.  
    Daar lê hul toe almal plat voor die preekstoel.Almal vol wyn en brood, met die vrou se rok bo-oor haar kop met haar agterstewe oop voor die hele gemeente.Toe hy opstaan, staan hy met die twee geskeurde stukke rokmateriaal steeds in sy hande vasgeklem en sy "toupee" wat veronderstel is om sy bles toe te maak hang sy skewe bril se een lens toe.Al wat nog regop gestaan het was die twee A-raam bokkies waarop die tafelblad gelê het.
   Die gemeente skater lag maar help almal op.Die tannie het haar skouer seergemaak. Hy is toe daar uit met haar na die ongevalle by die hospitaal.Hulle lyk naar, klere bevlek van die nagmaalwyn. Daai wit kerkhemp kan jy maar weggooi so is hy bevlek van die wyn.
    Daar aangekom wil die dokter weet wat met hulle gebeur het dat hulle so lyk en dat hul soos n shebeen ruik, klere geskeur en wynbevlek,die "toupee"het hy net so skuinsweg terug gedruk.
     Toe hy sê hulle was nagmaal toe wou niemand hulle glo nie, die doktertjie het maar net in ongeloof sy kop geskut.
      Sê nogal so ewe " Ek het al baie stories gehoor maar julle sin vat die koek, haha,Nagmaal toe ".
       Dog so by myself,glo jy maar net wat jy wil, ons ken die waarheid.

  Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 07/04/2020 - 09:38

Dagsê vriende,
   Ek diep nog steeds n bietjie stories hier op uit Jors se Kampvuur Stories se argiewe. Gister sien ek op n groep van iemand wat vertel van stemme wat hy by sy badkamerdeur gehoor het toe daar niemand naby was nie behalwe sy vrou,sy het niks gehoor nie. Scary sal julle sê, nê?
   Nou ja,veral in hierdie grendeltyd hoor en lees ons nou baie sulke "scary" stories.Hierdie storie trek ek uit my argiewe,ek het hom met die laaste Black Friday geskryf, sit saam met my dan speel ons daai filmpie.Ek het hom alreeds " ge-rewind " tot by sy begin.

              DIE VROU MET DIE HELM
Vanoggend praat ek oor mense, of liewer dinge en hul mense. Praat lekker verkeerdom sal julle dink.
  Nee,toe nie. Ek dink aan dinge en hoe mense verskillend daaroor dink.
    Dikwels sal ń ou hoor, ek glo so of ek glo weer so oor n sekere saak.
    Kyk, nou net soos gister. Ek glo black friday is n uitbuitery.Ek spel hom nie verniet met klein letters nie. Daar is wel winskopies maar die kanse dat jy gaan spaar op ń "Trollie vir Trollie" is skaars.
   Gister reageer Koti Bouwer op my plasing, nogal uit Amerika uit. Sy sê dat hul daar tot 75% afslag kry, nie soos by ons waar ons vir suckers gevang word nie.
   Van julle het seker jul winskopies raakgeloop maar dan moet ń ou selektief koop.
    Gesels ek gister met iemand. Ons praat spoke. Hy vertel van die ou se vrou wat glo sulke goed kon sien. Die man glo egter nie daarin nie. Sy skoonma het daai jare vertel dat haar dogter, dit is nou sy vrou, met die helm gebôre is. Hy vertel hy was maar baie skepties oor die storie. Toe hul nog gevry het was vry vir hom baie belangriker as spookstories. Hulle is toe getroud en nooit maar nooit kon hy die helm, of helmit soos wat hy dit aanvanklik genoem het êrens in hul woonplekke opspoor nie.
   So het hy dit vir baie jare weggelag. Hulle kon nie kinders hê nie en het vrede daarmee gemaak. Na jare van huurwonings kon hul uiteindelik hul eie huis bekostig, en het hul begin soek. Kry naderhand n huis wat in die vroë negentigs gebou is en wat in hul prysklas en begroting val, lekker naby hul werke. ń Pragtige Kimberley tipe huis, met ń groot stoep op drie kante van die huis.Die stoep se vloere is bloedrooi blink gepoets. Plankvloere,regdeur die huis,n solder en n kelder.Met houtrappe wat na daardie vlakke toe ly.Alhoewel dit maar na n spokerige plek gelyk het,sê sy vrou dat sy niks optel nie.Ja,hul praat mos so, ek bedoel nou die ouens wat met die helm gebôre was. Sy noem wel dat iemand daar dood is, maar nou ja, so is dit in die meeste ou huise en ń ou het nou nie juis ń helm nodig om daai raaiskoot te kan vat nie.
    So het hul hul intrek gemaak en die plek in n lushof gerestoreer. Hy vertel hy weet nie of die "Ouman" soos hy hom genoem het dalk self êrens gevry of n ou gelukkie êrens in die dorp gehad het of watookal nie, maar hy was aanvanklik nie daar nie. Soos wat dit maar met so n ou huis gaan is daar baie kraakgeluide in die huis. Die vloere, trappe en houtbalke het elkeen hul verskillende kraakgeluide gehad.Die balke het so n klapgeluid kraak gehad,so n ddwà geluid. Die vloerplanke meer n langer kraakgeluid, so n sckhweeee...geluid, so asof hy nie wil ophou nie.Die trappe het mos so n trapgeluid gemaak en omdat hul so blootgestel is aan temparatuurskommelinge omdat hul in die lug hang,het dit mos so in gelid agtermekaar geklink, kompleet asof iemand trappe klim,so n doef....doef....doef.
   Skielik het sy vrou begin geluide hoor,  planke wat kraak, iemand wat rondloop, borde,glase en mes geluide in die kombuis. Dikwels het sy gesê goed is rondgeskuif van hul plekke waar sy dit neergesit het. Hy weet nie hoekom nie, maar sy goed het net gebly waar hul moet wees. Hy hoor egter niks behalwe die normale kraakgeluide nie. Maak sy hom in die nag wakker, en stel hy ondersoek in, kry hy niks. Om alles te kroon begin sy toe naderhand die "Ouman " sien en later met hom praat, en blykbaar, al kan hy die ouman nie hoor nie, met hom argumenteer. Sy het vertel die Ouman is omgekrap, sy vrou is in die huis vermoor en hy is selfs nou nog, na sy dood, steeds oortuig dat hy die moordenaar gaan ontbloot.Net die blote feit, dat haar liggaam met n byl opgekap is in die kelder sal maak dat hy nie kan rus nie.
    So het dit vir lank aangegaan, hierdie eenman gesprekke tussen die Ouman en sy vrou, soveel so dat hy gedink het sy word mal. Een aand kom sy van die kombuis af en sê vir hom die oom sit by die kombuis se tafel en weier om rustig te raak en te gaan slaap.
    Met hom wat nou al redelik genoeg gehad het van die storie, sê hy ag vrou, jy verbeel jou.
   Gaan kyk,gaan kyk sê sy.Hy staan op en stap kombuis toe.
    Nodeloos om te sê is daar niks.Hy besluit om hierdie spookstorie nou net hier en nie verder nie,nek om te draai en tot n einde te bring.
   Hardop,sodat sy kan hoor,sê hy.
   Wat soek jy hier in ons huis.Maak jou goedjies bymekaar Ouman, en kry jou ry. En jy doen dit saggies.Ek het nou genoeg gehad van jou.Met sy hand klap hy so n paar klappe teen sy kaal been om die regte klanke te kry, so asof hy nou kwansuis die Ouman n paar klappe gegee het. 
   As my vrou nou nog net eenkeer vir my sê jy is hier,is daar groot moeilikheid.Dan sal ek jou wys hoe spook n spook wat kwaad is, so kry jou ry.Hy skree omtrent en sê " Ouman, van jou het ek nou genoeg gehad".Hy maak nogal ewe die agterdeur oop en toe vir die regte klankefek.
    Hy draai om en stap kamer toe.Toe hy terugklim in die bed sê sy, dankie my skat, sien jy nou,ek het jou mos gesê.
   Sy staan op en gaan kombuis toe.Toe sy terugkom bedank sy hom weer,en sê die oom is weg.
    Met die ligte af het hy maar net gesmile en haar styf vasgehou. So bly dat hy dit vir haar kon doen. So by homself net gedink, so glo ons almal maar net soos ons wil. Nou sal daar darem ten minste rus en vrede in die huis wees. Met n glimlag op sy gesig het hy aan die slaap geraak.  
     Die volgende oggend sê sy weer die oom is nie meer in die huis nie. Sy tel hom nie meer op nie. 
   Baie gelukkig met homself dat hy nou die Ouman finaal verjaag het is hul toe werk toe.
    Tussen een en twee kom eet hul altyd ietsie by die huis wat die bediende vir hul gemaak het en sy vrou sê weer hy, die Ouman is nie meer daar nie.
    Groot was sy skok toe hul wil ry en die bediende vra vir hom "Baas Dirk, nou waar hy es die Oubaas da nou,four die djele dag ek hat nie gasien var hom nie".
  Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 08/04/2020 - 11:41

Môre vriende.
"Jou idioot". Julle moet my nie nou wil kom slaan nie,lees eers verder. Ek het al dikwels gewonder oor hierdie woord, direk vertaal van die engelse woord "idiot". Ek dink egter dit is n baie kras woord en het al baie mense seergemaak. Kon die ouens met die cokebottel brille nie maar iets uitgedink het wat sagter op die oor is nie.
Vanoggend se storie gaan oor ouens wat die woord vrylik gebruik.
Jou idioot.
Die storie gaan oor nors en ongeskikte ouens.Die een dag sit ek in my kantoor en skakel n kollega van my, ook in Pretoria, noem hom nou maar, Christo i.v.b.met besigheid.n Nors stem antwoord, Jaaaa.., ek hoor dit is nie Christo nie en ek vra, kan ek asseblief met Christo praat.
Bel die regte nommer jou xxxxx idioot sê hy en sit die foon in my oor neer. Ek gaan die nommer na, en sien dat ek per abuis die laaste twee nommers van die Pretoria nommer omgeruil het.
Bel toe die regte nommer, gesels besigheid en lui af. Met die nors man steeds in my gedagte, kry ek n plan en maak n aantekening in my dagboek van Idioot se telefoon nommer in my dagboek.
Ek skakel die nommer, hy antwoord en ek sê net, jou idioot en sit die foon neer.
Sou ek n slegte dag hê, het ek Idioot gebel en net gesê jou idioot en neergesit.
Dit het groot terapeutiese waarde vir my gehad.
n Week of wat daarna is ek by Makro en wag dat iemand uittrek uit n parkering. Wragties trek daar n ou met n BMW met so n vet "exhaust" in terwyl ek eerste daar was.
Hy klim uit, ek haal my skouers so op in n, wat nou? Hy kyk my net so aan en wys vir my n middel vinger en stap weg.
Agter in die BMW se venster is daar n "Te Koop" bordjie en n telefoon nommer. Ek teken dit aan en kry n ander parkering.
Terug op kantoor skryf ek by die eerste Idioot n 1 in,en ek skryf Idioot no 2 met die parkeerdief se telefoon nommer neer.
Die volgende dag skakel ek Idioot no 2 se nommer.
Hy antwoord en ek vra met wie praat ek, Frikkie sê hy. Ek sê dat ek gesien het hy wil sy BMW verkoop en dat ek sy nommer daar gekry het. Ek stel baie belang in sy motor en vra, waar kan ek na hom kom kyk.
Hy sê, ek bly in, sê nou maar, Daggaboomstraat 398 in Pretoria Oos. Ek sê weet jy wat Frikkie, jy is n idioot en n parkeer dief, nou is hy lekker opgewerk en toe hy begin vloek sit ek die foon neer.
So het ek Frikkie bly skakel, omdat hy my parkering gesteel het. Nou het ek twee ouens om te bel as ek af voel die dag. So het ek daai manne besig gehou vir n week.
Toe kry ek n brainwave. Ek skakel Idioot 1 en toe hy antwoord se ek, Ja jou Idioot, maar ek sit nie die foon soos gewoonlik neer nie, hy hoor ek sit nie neer nie en vra swetsend, is jy nog daar?
Ja sê ek en hy vra, hoekom treiter jy my so met jou oproepe. Ek sal egter nie al sy woorde noem wat hy gesê het nie.
Want jy is n idioot en n vark sê ek, nou is hierdie outjie witwarm en skreeu, wie is jy en waar bly jy.
Man jou idioot, dit is jou lucky day, sê ek, ek is Frikkie en ek bly in Pretoria Oos Daggaboomstraat 398.
Kom pappie, ek skrik jou nie, ek gaan jou oë so toeslaan jy gaan vir weke nie deur hul kan sien nie, jou idioot, sê ek, en ek sit die foon neer.
Ek bel ook gou die BMW man, idioot, jy het my parking gesteel nou die dag en vir my tekens gewys, en sê ek, ek kom dadelik oor. Ook vir hom sê ek,ek gaan jou oë so toeslaan, jy gaan vir weke nie deur hul kan sien nie.
Kom, sê hy, ek wag vir jou, al swetsende. Ek is oppad, sê ek en lui af. Nou weet ek verseker dit gaan uitwerk.
Met die manne nou mooi opgeline, bel ek die polisie en sê ek is gay en ek is oppad om "my lover" wat my verneuk het, te gaan skiet en hy bly in Daggaboomstraat 398 Pretoria Oos, as hul n moord wil keer beter hul kom en ek sit neer.
Ek jaag ook na die adres. Saam daar aangekom met vier polisie voertuie met loeiende sirenes, n klomp poliesiebeamptes spring uit en spook om twee wildvreemde manne uitmekaar te maak. Hulle is besig om die wit waks uitmekaar te slaan.
So ruk gesit en kyk en toe met n groot smile weg gery.

I love it when a plan comes together!

Vreugde en vrede vir elk van julle.
NS. Storielyn verskaf deur n anonieme lid van ons en ek het heerlik ingekleur aan hom.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 11/04/2020 - 09:52

Môre vriende,
     Vanoggend vat ek jul ver terug in tyd, sommer na n ander land toe ook. (n ware verhaal)
                       Oom Jan Gadgets.
Ek en n klomp van julle was nog nie eers gebore nie.Die jaar is 1931.Daar word n seuntjie gebore in  Bruinissse NL. Sy naam is Jan Stekelenburg.Jan het daar opgegroei en n kort fris seun geword.Sy ma het hy as jong kind verloor.Sy pa, die het op skepe gewerk, n hardwerkende man.In n streng huis groot geword maar in n mooi jong man ontwikkel.
     In Rotterdam ontmoet hy n nooi Maartje Claasen (noudat ek haar naam skryf, ek is seker hul moes dit seker daar as Maartcjhe uitgespreek het)Dit is mos n pragtige taal as jy hoor hoe praat hul dit.Sy kry die noemnaam Maap.   
     Op 23 jarige ouderdom die jaar 1954 immigreer hul na ons pragtige land.Hy vestig hom in die Vaaldriehoek waar hy begin werk in die ingenieursbedryf.
    Behalwe sy spreektaal Hollands,het hy ook sy liefde vir die natuur en kamp saamgebring.Hy was n baie sosiale jongman en het sommer maklik vriende gemaak.
   Sommer gou gou het hul en hul pêlle n paar 2de handse padwerkerstente aangeskaf.Jul onthou nog daai ronde seiltente wat so by die padwerkerskampe gestaan het. Net so een koop hy vir hom en Maap om mee te kamp.Almal het sulke houtstretchers gekoop wat nog uit houtbalkies gemaak was, party met sulke drie, ander met vier houtkruise onder die slaapseil wat dan styf getrek is deur die parallelle houtbalke op die sykante.
     Dit voel sommer nou of ek op een van hul kan gaan lê.Dink dit was nog die enigste oordentlike stretchers wat ooit gemaak was.Ek sien myself op een van hul lê in so n tent.Maar nou eers weer terug na die verhaal. 
   So begin hul te kamp, n gewilde kampplek onder hul was Rustenburg kloof.Maklik het hul die vrouens sommer deur die week soontoe gevat met hul karre van daai tyd.Consols,Prefekts en Opels.Dan is hul weer terug werk toe vir die res van die week, net met een voertuig. 
     So gebeur dit een vrydag dat hul oppad Kloof toe is na die vrouens toe met ou Jaap Toet se Opeltjie.Hy moes seker lief gewees het vir sy toeter,(wat n pragtige woord)seker van daar,die naam Toet. In die Tarlton omgewing gaan staan die Opeltjie laataand.Daai manne in die Opeltjie is daar uit die kar.Almal is tegniese ouens.Sommer vinnig het daai ouens vasgestel wat is fout.Net daar langs die pad trek hul die Opeltjie se enjin uit en begin strip. n Bearing wat gegaan het,hul bou n bearing uit n leergordel wat ou Jaap Toet aangehad het.Sit weer alles aanmekaar en die enjin weer terug in die Opeltjie.Rustenburgkloof,hier kom ons,sê hul vir mekaar toe hul daar wegtrek. 
     Na die kamp het Jaap Toet se Opeltjie nog seker so twee weke geloop daar in Sasol voordat daar geld was vir nuwe bearings.Kyk daai ouens kon darem n plan maak. 
   Later het Jan vir hom n Hollandse tent ingevoer.Hulle was ook lief om in die Kruger te gaan kamp.Soos wat die ouens nou se dae mekaar se mooi karavane uitkyk, so is Jan-hulle se tent bekyk as hul gaan kamp het.Met hierdie tent is hul as gesin ook menigmaal in die Drakensberge in. Die beste tent van daardie tye. 
    In 1966 bou hy en n pêl hul eie karavane. Maap het self die tente gemaak.Man was dit nou iets om mee te spog. As hul by n oord ingetrek het, het almal gevra om te kom kyk.Jan se wa het alles gehad.Hy het bekend geword as Jan Gadgets.
     Ek is so lief vir die dinge van daardie tye,sou darem graag daai tye se dinge saam met hul wou gedoen het. 
     Miskien is dit dan nou ook vir my n goeie tyd om uit respek,van oom Jan gadget te begin praat.
      Oom Jan Gadget en tannie Maap en hul gesin het die wêreld vol gekamp.Later jare het hy n Jurgens gekoop.
   Baie is hul met daai wa af Haroldsbaai toe.Gesinvakansies wat vir altyd onthou sal word.
   Toe word oom Jan Gadgets naderhand oupa Gadgets.Die trotse oupa en ouma van hul kleinkinders.
   Oom Jan Gadgets en tannie Maap het aan n karavaangroep The Golden Oldies behoort. Saam met hul is daar menige kampe ingewerk..
Sou jy iets wou weet van kamp, voertuie of kampe was hulle die ouens om te vra.
     Oupa Gadgets tree af en hy en ouma Maap word  semi-permanente kampeerders, hul behou hul huis maar hul kamp nou n hond uit n bos uit. Iets wat hul nog altyd wou doen.Hul geniet dit so baie,dit is heerlik na soveel jare van werk en afsloof.Hul kamp die land vol.Waar dit vir hul mooi is slaan hul hul kamp op. 
      Hul geluk word toe gekniehalter, tannie Maap kry kanker.n Bietjie meer as n jaar na oom Gadgets se aftrede is tannie Maap oorlede,maar sy het in haar laaste ure oom Jan laat belowe hy sal nooit ophou kamp nie.

Maandag vertel ek verder.Oom Jan Gadgets hou by sy kampbelofte.

Vreugde en vrede vir jul almal. 

NS. Met dank aan Hans Stekelenburg  van Sasolburg vir inligting omtrent sy ouers.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 12/04/2020 - 10:03

Môre vriende,
                       Markus 6:6
" Moenie skrik nie!" sê hy vir hulle , "Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is, Hy is uit die dood opgewek.Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hul Hom neergelê het. 
                        Gebed.
    Onse Vader, dankie vir U liefde en U genade.Here,in 2 Korintiërs 4:10 staan daar , " Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam". Here help ons om U naam met trots te dra en van U te getuig, en so te lewe sodat ander vir U in ons lewens sal raaksien.
  Amen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 13/04/2020 - 08:50

More vriende.
                Oom Jan Gadget (vervolg)
    Saterdag het ek vertel van tannie Maap wat haar man,oom Jan Gadgets voor haar dood laat belowe het hy sal nie ophou kamp nie.(n ware verhaal)
    Oom Jan het swaar gekry, sy lewensmaat was nie meer daar nie.
     Hy weet hy moet weer gaan kamp, hy het oorlede Maap belowe.
     Die eerste kamp saam met sy kampvriende was moeilik. Hy kamp ook nog gereeld saam met die Golden Oldies.So met verloop van tyd het die mans en vrouens egter vir hom n maat begin soek en oom Jan was nog nie reg daarvoor nie.
     Hy was nog in rou.Dit het hom begin irriteer dat hul alewig vir hom iemand soek.Sê een, jy moet dat ons jou aan so en so voorstel.Volgende een sal sommer dieselfde naweek sê, ek ken net die regte vroutjie vir jou.
      Hy begin hom distansieër van die groepkampers en kamp meestal alleen.Hy geniet al sy gadgets.
   So besluit oom Jan hy gaan sy huis verkoop hy gaan kleiner gaan. Koop vir hom n oulike plek in Vaalpark in n kompleks.
     Na n lang ruk leer ken hy daar n weduwee in dieselfde kompleks.Haar man is dood in n vreemde ongeluk waarvan hul nooit die waarheid kon uitvind wat werklik gebeur het nie.
   Die tannie se naam is Tienie.Sy was n maer en kort tannetjie.Party mense het haar Tiny genoem.Hul kuier daar oor en weer.
   Naderhand het sy oom Jan se kinders en kleinkinders ook ontmoet.Sou hul saam kuier en Hans, oom Jan Gadgets se seun vra, tannie Tienie kan ek vir jou ietsie ingooi,sou sy altyd sê, ja maar net n halwe enetjie of dalk by n ontbyt, wat van nog n stukkie toast tannie, sou sy sê, net n halwe enetjie. 
   Die kinders en kleinkinders het haar toe tannie Halfies begin noem.Ook omdat sy omtrent net die helfte grote van n normale mens was. 
   Oom Jan en tannie Halfies het groot maats geword.Sy was ook lief vir kamp en toe begin hul saam kamp.
     Aanvanklik het party kampmaats gekla dat hul nou in sonde saamkamp, maar oom Jan Gadgets het net gesê daar is twee beddens in die karavaan.Sou ouens verder kla of kerm daaroor het hy hul dan in hollands n paar dinge toegevoeg.
     Die twee was groot pêlle.Apart gebly maar saam gaan kamp.Hulle het lankstaan kampeerders geword.Swaeltjies praat die ouens van. Hul was lief vir n oord daar naby Warmbad.Elke jaar het hul daar gaan oorwinter.
   Daar was n groep kampeerders wat elke jaar saam kamp vir die winter.
     Op n stadium begin die oord opgradeer en bring verbeterings aan.Waar kry jy ouens met meer kennis as by so n klomp afgetrede manne.Hulle spring in en begin net eers raad gee.Naderhand sit hul hand by. Gou het die eienaar gesien hy kan die manne gebruik.Hy gee die ouens n beter maandtarief, hulle gee raad en hou toesig en hy vergoed hul met die tariewe.Hul help so vir twee drie ure en dan kamp hulle.Hy het ook vir hul gereeld n braai gehou. Dit was n wen wen situasie vir almal.
    Was dit n gespottery so tussen hul as oom Jan Gadgets aangekom het dan sê hul "chips, hier kom die voorman"
    Hul het toe daai plek so mooi gemaak, asof dit hul eie eiendom was.
    Oom Jan Gadgets en tannie Halfies het bly voortkamp.
   Sou hul by n oord aankom het hy vir haar n stoel eenkant in n koeltekolletjie neergesit.Vir haar gesê, jy bly net hier sit, anders is jy onder my voete.Sy kon eers naderkom as hy alles opgeslaan en op hul plek gehad het.
    Daar het sy dan rustig gesit en rook tot hy klaar was.Om hom te sien opslaan, sê Hans vir my, was n belewenis. Hy het glo so wieletjie gadget gehad wat hy aan die geutjie van die wa gesit het wat die tent ge-guide het binne die gleufie in.Vingeralleen kon hy alles doen.
    Hy het alles gehad, jy kon hom net vra.
    Sou iemand vra vir n snoeiskêr om n tak wat teen die karavaan skuur te knip, sou hy vra, n kort handskêr of n lange of sal jy nie eerder n saag wil hê nie.Sou jy vra of hy vir jou n blikoopmaker het kon hy jou een gee of sou jy n blikskêr verkies het hy die ook vir jou gehad.
    Een van latere kampe saam met Hans het Hans by tannie Halfie bly sit toe die kleinkinders saam oupa Gadgets en Hans se vrou op n staproete gegaan het.Hy was al ver oor die tagtig. Later kom hy so alleen aangestap, al fluitende met sy kieretjie wat net so hier en daar grond tap tap tap, die ander doodmoeg n hele ent agter hom.
    Oom Gadget het tot op vier en tagtig sy tentpenne ingekap toe doen oom Jan Gadgets n longaandoening op.Hy het dit nie oorleef nie.Sy aardse tentwoning se penne op aarde is uitgetrek.Hy is toe herenig met tannie Maap. Tot die einde het hy sy belofte nagekom.
   Hans sê toe hul oupa se karavaan uitpak na sy dood, kon jy nie glo wat alles daar uitkom nie.As hy n beter gadget gemaak het, het hy net bygevoeg, niks uitgehaal nie.Vragte en vragte gadgets. 
     Hy sal in tere herinneringe onthou word as Oupa Gadget.

Vreugde en vrede vir jul elkeen.

NS. Met erkenning en dank aan oom Jan Gadgets se seun Hans Stekelenburg van Sasolburg vir sy pa se kamplewe inligting.  

Ek heg hierdie aan, sy kleinkind se reaksie op my oorspronklike plasing laasjaar, toe ek die storie op Jors se Kampvuur Stories se FB blad, geplaas het.

Nadia Roestoff.
Ek is oupa Jan en ouma Maap se kleindogter. So bevoorreg dat tussen Oupa, en na sy dood my pa Hans, hulle seker gemaak het hierdie liefde vir kamp bly voortleef in ons familie. Saam gaan kamp ons gereeld en ja...van oupa se gadgets is steeds tussen ons verdeel!

    Hans Stekelenburg se antwoord op wat het van tannie Halfies geword
     Ja, dis nog n hartseer storie, tannie Halfies was baie hartseer na sy ook n tweede maatjie verloor het, en minder as drie maande later het sy op die stoep gesit en koffie drink, opgestaan en op haar bed gaan lê, en is rustig daar in haar slaap oorlede. Ons en die familie was baie hartseer, maar ek dink op so leeftyd wil mens nie meer alleen wees nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 14/04/2020 - 08:43

Môre vriende,
      Ek is seker jul ken ook sulke mense.Miskien is jy so, veral in hierdie tyd. 
              Barmhartige Samaritane.

 So vertel iemand my van die ou Omie,  oom Harry.
     Oom Harry was maar n arm man maar het waar hy ookal kon, n geldjie afgeknyp, en dit dan gebruik om vir arm mense se kinders iets te doen.
   Oom Harry en tant Lettie was sout van die aarde mense. Aanstellerigheid het hul nou nie juis aangestaan nie.
      Weens sy betrokkenheid in die gemeenskap dink ek hy was meer bekend as dalk die rykstes in die dorp.
     Sou hy in die dorp ry met sy ou rammelkas Toyota bakkie, die het omtrent nie meer stamp plekke gehad nie, vol amper naby kleure geverf, en byvoorbeeld vir Mev. Dokter raaksien sal hy verskriklik waai en groet en selfs hooter druk as sy haar kop sou wegdraai.
   Ja, n ou kry mos daai Mevroue met die man se titel, glo vir my. Maar dan kry jy darem ook daai wat net die vrou van die dokter is. Ons het sulke vriende, n doktersvrou wat se voete op die teer is en dus plat op die aarde is.
    Wat oom Harry en tant Lettie dan gewoonlik ook gedoen het is om hierdie ou kindertjies op kampuitstappies te vat. n Boer net buite die dorp het grond langs die spruit gehad wat hy vir daardie doel aan oom Harry beskikbaar gestel het.
     Hierdie kampery was n groot storie. n Ou padwerkerstent was hul slaap tent. n Bokseil wat oor n droë tak in twee mikke in bome getrek was, was die kombuis.
   Die wasgeriewe was reg voor die kamp, die spruit. Teen n boom het die graaf gestaan vir die toiletbehoeftes. Die toilette was veldin, as jul sal verstaan wat ek bedoel.
   Voor die kombuis was boomstompe so in n sirkel gepak met n vuurmaakplek in die middel, omring met groot klippe. Langsaan het daar n hoop hout gelê,dit was die kinders se taak om brandhout bymekaar te maak elke dag. Daar het altyd n rokie getrek met n stompie wat brand en n swartgebrande ketel op n driepoot op die vuur.
    Vermaak vir die kinders was daar baie, visvang, bokbok, swem. kleilatgooi. Al die spetjies wat ons daai jare as kinders gespeel het. Wegkruipertjie in die bos. Cowboys and Crooks. Om nie eers te praat van allies of aainies (albasters) nie. Party ouens met groot ghoens, tiger eyes, milkeys, die het jy ook gekry .
    Giffie gate n paar tree uitmekaar uit. n Wip, dit is nou n bicycle rim met ogiesdraad oorgetrek om voëltjies te vang. Daar is ketties gemaak, vir daai doel het oom Harry n ou trekker tube saam gevat en n sagte beesvel vir velletjies.
   Die hele dag is die kinders besig gehou. Sou die skemer toesak het tant Lettie soos n broeishen die kuikens bymekaar gemaak. Saans was dit kampvuur stories. Dan het die kinders grootoog so in n kring op die stompe kom sit. Daar het oom Harry hul dan eers huisgodsdiens gehou.

 Môre kamp ons verder saam met oom Harry -hulle.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 15/04/2020 - 08:25

Môre vriende,
    Ek vertel verder van oom Harry en tant Lettie, self baie arm mense, en die kampe met minderbevoorregte kinders.
        Barmhartige Samaritane.(vervolg)
 So het arm kindertjies menigte male saam met hul gaan kamp daar langs die spruit. Die kinders het n hond uit n bos uit gespeel deur die dag. Oom Harry en die wat wou, het vis gevang en tannie Lettie was besig in die veldkombuis om kos te maak vir die honger magies.
     Lekker vars groente wat hul in hul agtertuin gekweek het is saamgevat. Die vars vis was in meel en koekmeel gerol en dan in olie gebak. Of oom Harry het dit partykeer gebraai. Dikwels het sy daar by die vuur vir almal lekker vetkoeke gebak. Die was so groot soos n groot man se vuis. Bruingebraai, met so n harde korsie, middeldeur gesny met vars plaasbotter. Langs die vetkoeke het n groot Illovo jamblik gestaan, vol van oom Harry se eie heuning.
    Die vuurtjie het die heeldag gebrand. Swart gebrande ketel, al stomende, gereed om koffie te maak. Oom Harry was lief vir sy koffietjie. Vir die kinders het  die tannie n hele tien gallon melkkan gemmerbier gemaak. n Dag voor hul gaan kamp is die gemmerbier deur n doek gegooi en n handvol vetgeswelde rosyne is weer saam die gemmerbier teruggegooi in die kan. Die kan het onder die boom in die koelte gestaan, toegedraai in goingsakke, dit was ook een van die kinders se takies om die sakke nat te hou.  Hul kon dus heerlike koue gemmerbier drink as hul dors word.
  Omdat hul so gereeld daar gaan kamp het langs die spruit, het oom Harry neffens die veldkombuis vir die tannie met klei n bakoond gebou met sy kenmerkende koepel, kompleet soos n miershoop met n skoorsteentjie gelyk. Sou hul dan kom kamp kon sy brood bak.
     Sou daar groter dogters in die groepie wees het sy hul touwys gemaak in die kombuis.
    Hulle het hierdie kindertjies dan baie dinge geleer,onder andere waardes. Hulle laat konsert  konsert speel om hul meer selfvertroue te leer. Na die konsert is daar mooi aan hul verduidelik dat elkeen n rol het om te speel, ook in die werklike lewe. Tannie Lettie  moes dikwels paai,vertroos en verpleeg met outjies wat seergekry het. Baie van hierdie ou kindertjies was verwaarloos en se wonde het veel dieper as veldiepte gesit, ja veel dieper en seerder.
     In die aand na ete, daar om die kampvuur, het oom Harry hulle boeke gevat. Hy het uit die Bybel gelees en gebid. Hulle is die Onse Vader geleer en Tant Lettie het hul verseker dat Jesus vir elkeen van hulle baie lief is. Dan het die kinderstemmetjies die nagstilte verbreek met n kinderliedtjie of twee. 
    Na stiltetyd was dit geselsies om die vuur. Oom Harry het dan met sy stories die kinders aan sy lippe laat hang.
     Spookstories het hy eerder vertel as die kleintjies al gaan slaap het. Dikwels het van die kleiner kindertjies, daar om die kampvuur, op tant Lettie se skoot aan die slaap geraak waarna sy hul in die tent gaan neerlê het.
    So het dit op n slag gebeur dat daar kinders wat op n plot gewoon het, gevra het of hul hul swart speelmaatjie kon saambring en oom Harry het ja gesê.
    Hul sit die aand daar om die vuur en oom Harry vertel van iemand op die plaas wat n rondloper leeu gesien het die vorige dag.
    Nou wil die kinders weet wat gaan gebeur as hy daar naby is, dit is mos dan gevaarlik met hom daar rond. Nee, sê oom Harry, leeus is bang vir n  vuur. Die kinders stook daai vuur dat hy so hoog soos die boomtoppe brand en gaan sit sommer so op die grond reg langs die vuur.
   Intussen het oom Harry hulle se een seun ongesiens verdwyn. Oom Harry was nog besig om te vertel dat die leeu van die boere se beeste gevang het, toe daar n gebrul in die lang gras n paar tree weg van hul is.
    Die kinders spring op oom Harry en tant Lettie se skote.Die swart seun het net geskreeu " aiw, die lau" en toe hy wegtrek storm die seun met n paar graspolle wat hy so by sy kop vashou. Kompleet soos n leeu se maanhare gelyk.Daai mannetjie het nie vir die lau kans gesien nie en hardloop gly daar teen die kombuis se bokseil uit en gaan sit bo op die nok van die seil. 
   Met almal wat toe gesien het dit is maar net n grappie en hul is n streep getrek het almal te lekker gelag en met mekaar gespot. Die kinderlaggies het tot laatnag nog opgeklink in die tent. 
   
Vreugde en vrede vir julle

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 16/04/2020 - 07:56

Môre vriende.

Kom sit hier by my by die oggendvuurtjie,die swartgebrande koffieketel op die driepoot.Ruik net die lekker van n bosveldhoutjie met die vlammetjies wat so om die ketel vou.Kom ons praat oor staanplekke.Ons het almal n probleem met dit as ons gaan kamp.
    Baie karavaan parke maak dit eintlik vir ons makliker om n spesifieke staanplek by bespreking aan jou toe te ken.Ander ouens dink weer hul maak dit moeiliker, nou moet hy vat wat hy kry. 
     Ander sê,eerste in kry die voordeel, geen spesifieke staanplek word aan jou toegeken nie.Baie ouens hou daarvan.Ander hou weer nie daarvan nie, volgens hulle is die beste plekke reeds gevat. 
    Ek het egter al gevind dat daar by altwee opsies maar probleme kom.
    Wil jy nie vir ons nog so n stukkie hout onder die ketel instoot nie. Daarsy, dit lyk nou weer beter onder daai ketel.Hy gaan nou nou begin sing. 
    Kom ons kyk na situasie een.Jy kry een deur park toegeken.
    Man ek hou van dit.Dit is soos wanneer ek winkel toe gestuur word met n lysie. Dit is spesifiek. Kry brood, kry melk,kry jam.En kry klaar, n halfuur verder is jy by die huis. Hier kry jy nou n spesifieke plek, gebruik hom nou ten volle.Parkeer die wa soos wat die vrou hom wil hê en kry klaar.Weet net dit, as jy klaar is moes hy eintlik net so n bietjie daai kant toe gestaan het.
      Die eintlike moeilikheid kom eers môre as die vrou sê kom ons loop so deur die kamp.Dan word oop plekke aangewys wat baie beter is.Elke dag sal jy dan saamstap en kyk of hy nog oop is.
     Hoe hou jy van jou koffie,nou toe, dan maak ek hom vir jou net so, lekker sterk.Laat ek net die koffieslopie so in die ketel laat insak.n Moerkoffietjie so vroeg is darem lekker. Ek dink ons moet nou net die vlammetjies wegvat onder die ketel. Nou moet hy net so stadig prut.
    Waar was ons nou weer,o ja.
     Soos wat die son opkom en sak, so verskil die posisie mos van hoe die wa eintlik moes gestaan het.
     Die grootste moeilikheid kom eers as jy op jou laaste dag besig is om op te breek en daai staanplek wat sy die heeltyd gelike het staan nog steeds leeg.Dan bly die vraag,hoekom het hul hom nie vir ons gegee nie.
     Lig net so n bietjie die dekseltjie,vat die lappie, jy moet nie brand nie. Hoe lyk hy,prut hy nog lekker? 
     Dan kom n ou by die tweede situasie.Eerste in vat die beste plek beskikbaar op daai stadium.Ek is nie baie lief vir die een nie.
    Laat ek net vir ons nou n koffietjie ingooi.Blikbekerkoffie smaak net beter. Vat jy hom ook so, bietjie melk by sodat hy jou nie brand nie.Ek hou van so drie teelepels kondensmelk saam met myne.Help jouself,as jy soeter wil hê gooi in. 
     Nou kom jy mos by die park aan.Jy moet kies. Ek hou nie van die een nie.Vir my is dit soos om saam met Ann te gaan shopping doen.Ek wil nog eendag by ons Mall probeer uitvind hoeveel items daar te koop is.Die opsies is net te veel.Praat nie eers van alles wat bykom wat nie op die lys was nie. 
     So van al die items gepraat,wat van lekker varsgebakte anysbeskuit saam jou koffie.Kry vir jou, ek hou van nat beskuit.Mmmm...  verskoon my, ek dip myne so binne die koffie. Magtig,is dit nou nie lekker nie.
     Wat ek wou sê is, hul maak dit vir ons mans moeilik,vir my in elk geval.Dan stap jy mos van die een staanplek na die ander.Daar slaan jy mos in "picture this mode" alles op net om weer af te breek en om by die volgende plek weer dieselfde te doen.
    Uiteindelik nadat jy stokflou is slaan jy op by die stand wat jul (sy) gekies het. 
    Kan ek vir jou nog koffie skink.
   Die volgende dag word weer deur die park gestap.Miskien moes ons eerder hier opgeslaan het, sê sy. n Plek word uitgewys deur haar as die heel beste plek in die oord, by hom is alles reg.Jy kan self sien die ou staan lekker daar. 
      Die cherry op die koek is egter as jy op dag twee sien daai ou op die beste plek in die oord is besig om op te slaan.
     Sy sal selfs n kans vat en sê, dink jy nie ons moet skuif nie,ons is darem nog vir twee weke hier. 
   Dit bly maar n moeilike ding die.Drink weer saam my n koffietjie môre.

Vreugde en vrede vir elkeen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 17/04/2020 - 07:49

Dagsê vriende.
    Gister n bietjie gepraat oor kampplek keuses, vanoggend praat ek oor kampterreine.
        Die Sewe wonders van Kampterreine.
Nou ja, kyk, as die jare mos nou so aangestap het dan begin jy mos nou oor baie goed wonder.
Ek wonder:
1) Hoekom het hul nie kampe se opwasbakke hoër gemaak nie. My rug breek af so gebukkend staan. Selfs my opslaan een is te laag. Miskien n bedekte seën.(Kon hom al hoër gemaak het, die vrou is korter en kom reg met hulle.) 
2) Hoekom is stortkrane (swaaikrane) by nuwer oorde op dieselfde hoogte as my boude. As jy buk om jou voete te was stamp jy hom of toe, of jy swaai die hitteverstelling na koud of hel warm.
3) Hoekom nie net n skuins vloer in stort inbou i.p.v n tripmuurtjie nie, dan sien jy hom boonop nie raak as jy verstrengel geraak het in ń nat stortgordyn nie.
4) Hoekom daai storte se aantrekhokkie kleiner as n budgyhok is en daar by party oorde spieëls in badkamers is maar hul is nie regoor die wasbakke nie.(oor daai rede opgehou skeer,dit nou ook by huis laat doen😁😁) 
5) Hoekom toilette nie geskei is van die res van badkamers nie.(redes onnodig)
6) Hoekom party oordeienaars dink jy kan op n 45 grade helling nog lekker kamp.
7) Hoekom ek veiligheidsstewels (staalpunte) moet dra as jy in kampterrein wil rondbeweeg.

Ek sal maar by 7 ophou. Hul praat mos van die 7 wonders van die wêreld.
Nou wil ek nie hê jul moet wonder nie, ek het hierdie maar tong in die kies geskryf.😁😁😁
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 18/04/2020 - 10:43

Dagsê vriende,
   Eergister het ons gepraat oor die kies van n staanplek as ons kamp en die keuses omtrent dit, gister praat ons kampterreinwonders.Waaroor ons altyd wonder, hoekom so gemaak, hoekom nie eerder anders doen nie.Daar is by elke dag se wonders seker nog n menigte wonders wat elkeen van julle kan byvoeg. Vanoggend raak ek n teer puntjie aan, ek wonder voort. Wonder saam met my. En voor die mooier geslag my wil skiet, die ander geslag se beurt kom Maandag.
  
Nou ja,kyk. As die jare so aangestap het dan begin n mens nou mos oor baie goed wonder.
            SEWE Wonders oor vrouens 
Ek Wonder:
1) Hoekom hul 2 tot 3 uitrustings inpak vir elke dag wat jy kamp. 

2) Hoekom hul die mans vra, "Wat dink jy watter skoene pas die beste by hierdie rok" as hul alreeds besluit het watter skoene hul wil aantrek. Vrouens is wonderlike wesens, hulle het sielkunde geswot voor geboorte. Vra maklik om jou sag te maak, wat dink jy of wat sou jy doen. 

3) Hoekom hul, as jy dan nou wel die regte skoene gekies het dan besluit hul gaan n ander rok aantrek. Alles lankal beplan.

4) Hoekom hul, nadat sy die "wat dink jy" trick getrek het oor die staanplek (en haar sin gekry het) en sodra alles opgeslaan is reken die karavaan moes so bietjie daaikant toe gestaan het. Boonop het hul dan die vermoë om joú daaroor skuldig te laat voel.

5) Hoekom n sekere "gadget" of artikel moet saamgaan want sy gaan hom nodig hê, en dan lê hy vergete onder die bank vir die vakansie.

6) Ek wonder hoekom hul die wêrels se plek in die motor het maar haar voete word toegepak met pakkies en sakkies, wolsakke en hekelsakke.Daai hekelpen is al skerp gehekel op sy punt, soveel so dat n "airbag" in elk geval niks gaan beteken in n ongeluk nie.

7)Ek wonder hoekom ons bly glo hul is so wonder..😁.. lik.

En voor jul nou begin wonder, hierdie is maar tong in die kies geskryf.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 20/04/2020 - 08:57

Môre vriende,
Ons het laas week gesels oor hoe ouens kampstaanplekke kies,toe gesels ons oor 7 wonders van kampterreine, 7 wonders van vroue en vandag praat ons so n bietjie oor die sewe wonders van n man.
Nou ja, kyk. As die jare mos nou so aangestap het begin ons mos oor baie dinge wonder.(vervolg) 
             Die 7 wonders van n man. 
1) Ek wonder - Hoekom elke ou dink sy sleepvoertuig is die beste/sterkste en die mooiste.Sal sommer op die koop toe stry oor watter kleur ook nog die beste is. Kyk maar op kampgroepe hoe stry die manne wat trek n karavaan die lekkerste. Koop ons n ander een verander ons nie ons storie nie, net die fabrikaat. Dan is die nuwer een beter. Daar word ook vergeet om te noem dat ek so een gery het, die een wat afgekraak word. Veral n sekere fabrikaat. Omtrent alle mans het vroeër jare n Big Six gery, of so nie, dan een begeer. Hul is maar nou net skaam om dit te noem.

2) Ek wonder - Hoekom ons glo ons is reg al is ons verkeerd. Boetie,en ons gaan n helse fight opsit om die ander een te oortuig dat ons reg is. Kyk maar weer op kampgroepe hoe daai fights nogal lelik kan raak, soveel so dat die adminskeidsregters die fights moet stop. Maar n man wat kwaad is stop jy nie maklik nie. As die fight in die een bokskryt gestop word klim hul doodeenvoudig oor in die ander een in en begin n nuwe plasing om aan te gaan met die fight. Party is so hardkoppig, hul sal die fight sommer in n ander kampgroep ook begin. Omdat vroulief die naaste is moet sy dit dikwels ontgeld daar by die huis. Nou het ander hom moerig gemaak en sy moet dit ontgeld.

3) Ek wonder - Hoekom ons as ons weet ons het aangejaag nie maklik sê "sorry" nie. Eintlik so maklik om te sê "ek is jammer".
Nee, ons dink mos ons het n beter oplossing. Ons raak net stil.

4) Ek wonder - Hoekom ons soos wat die jare aangestap het dikwels nog glo ons is hierdie "macho man".
Party ouens dink selfs hy lyk nog goed in n Speedo, stap sommer so in die karavaanpark rond met sy Speedo om op te "catch op sy tan". Dan druk hul daai bors so uit dat sy valstande goed n duim voor by sy bek uithang. 

5) Ek wonder - Hoekom ons so hardekwas kan wees as ons weet ons moet by n Dokter uitkom al weet ons daar is n probleem. As dit n manlike probleem is skop ons eers vas, soos n steeks donkie. As jy nou my vrou vra, gaan sy vir jou sê, ek loop nou al vier weke met n kraperigheid in my oog, bedags is hy oraait, in die aand krap hy. Dan sit ek n oogdruppeltjie in, hou hy weer tot die volgende aan. Nie sleg vir een druppeltjie nie. Baie goedkoper op die koop toe. 

6) Ek wonder - Hoekom ons dink ons braai lekkerder as n ander ou. Boonop het vroulief alles gedoen, selfs die vleis gemarineer. Ja, ons glo ons kan alles beter doen as iemand anders.

7) Boonop wonder ek hoe die vrouens dit met ons uithou.

Hierdie is maar baie met die tong in die kies geskryf.😁😁😁

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 21/04/2020 - 10:05

Dagsê vriende,
   Het ons darem nou lekker gesels oor mans en vrouens en hul sewe wonders die afgelope paar dae. Nou vat jy daai twee mense, wat oor mekaar wonder, jy druk hul in n karafaan of in ń tent in en jy sê vir hulle kamp.
   En wonder bo wonder, daar werk alles honky dory uit. Hulle werk te pragtig saam. Hul kamp loop soos n ge-oliede horlosie. Waar almal gedink het dit gaan ń tydbom wees wat net wag om af te gaan. Nee, dan skop die liefde in en hul wedesydse gewonder oor mekaar is vir eers vergete. Selfs die kinders wonder nou minder oor dinge wat hul ouers doen. Nee boetie, nou hou hul vakansie.
     So as n span sal hul dan nou dinge saam doen. Op elke kampeerplek is daar nou n span,  met so hier en daar twee spanne op een staanplek. 
  Dan begin die gewonder van voor af, al verskil is, nou is dit in spanverband. Nou begin hul wonder hoekom kampeerders sekere goed op n sekere manier doen. Ek het al baie gesien, mense sê hul het beter dinge om te doen as om ander mense dop te hou. Nou kom ek sê nou sommer prontuit vir jou, jy lieg vir jouself. As dit so is hoekom lees jy nog hier, net omdat jy wil dophou wat ander skryf. Nee wat ou swaer, ons is maar n nasie wat graag kyk hoe ander dinge doen. Van kleins af het jy dopgehou hoe jou ouers dinge doen, en tot vandag toe doen jy baie dinge net soos wat jou ouers dit gedoen het. Deur dop te hou het jy geleer tande borsel,jou ouers het jou geleer kruip, loop, met eetgerei geleer eet.Dit alles net deur dop te hou.Daar word nie verniet gesê jy lei deur jou voorbeeld nie. Ons gaan deur n leerskool deur dop te hou. Vra maar enige ou in die onderwys wanneer onthou n kind die beste.
     Ek het al baie geleer en leer nog steeds baie oor kamp net deur ander kampeerders dop te hou. Veral die ouer omies en tannies, hulle het baie tricks hoe om kamp makliker te maak. Stap so n bietjie rond dan kyk jy.
   Lank terug staan daar n omie en sy vrou daar by De Voetpadkloof so drie staanplekke van ons af. Elke aand sien ek hy sit so n stofiegedoente bo-op n kamptafeltjie voor sy tent. Een aand stap ek oor, moet my nou nie vra wat was die ding se naam nie, ek is darem nou self lankal n omie, maar as ek hom sien sal ek hom erken. Man, ek jou nou sê, net daar koop ek hom, net daar sê ek jou. n Bleddy oulike patent.
   Met n paar charcoal bolle kan jy kook op hom, dan het hy n braaisrooster wat jy bo-op sit, dan kan jy braai, jy kan n hele ete op daai dingetjie maak. Vir twee mense soos ek en die vrou net die ding om te hê. Dit is nou regtig n "two in one" ,n stofie en n braaier. Boonop is hy lig, en kompak.
   Nee ou maat, ek het al baie goedjies gesien wat kamp lekker en makliker kan maak, en dit alles net deur ander dop te hou.
Vreugde en vrede vir julle.Dagsê vriende,
   Het ons darem nou lekker gesels oor mans en vrouens en hul sewe wonders die afgelope paar dae. Nou vat jy daai twee mense, wat oor mekaar wonder, jy druk hul in n karafaan of in ń tent in en jy sê vir hulle kamp.
   En wonder bo wonder, daar werk alles honky dory uit. Hulle werk te pragtig saam. Hul kamp loop soos n ge-oliede horlosie. Waar almal gedink het dit gaan ń tydbom wees wat net wag om af te gaan. Nee, dan skop die liefde in en hul wedesydse gewonder oor mekaar is vir eers vergete. Selfs die kinders wonder nou minder oor dinge wat hul ouers doen. Nee boetie, nou hou hul vakansie.
     So as n span sal hul dan nou dinge saam doen. Op elke kampeerplek is daar nou n span,  met so hier en daar twee spanne op een staanplek. 
  Dan begin die gewonder van voor af, al verskil is, nou is dit in spanverband. Nou begin hul wonder hoekom kampeerders sekere goed op n sekere manier doen. Ek het al baie gesien, mense sê hul het beter dinge om te doen as om ander mense dop te hou. Nou kom ek sê nou sommer prontuit vir jou, jy lieg vir jouself. As dit so is hoekom lees jy nog hier, net omdat jy wil dophou wat ander skryf. Nee wat ou swaer, ons is maar n nasie wat graag kyk hoe ander dinge doen. Van kleins af het jy dopgehou hoe jou ouers dinge doen, en tot vandag toe doen jy baie dinge net soos wat jou ouers dit gedoen het. Deur dop te hou het jy geleer tande borsel,jou ouers het jou geleer kruip, loop, met eetgerei geleer eet.Dit alles net deur dop te hou.Daar word nie verniet gesê jy lei deur jou voorbeeld nie. Ons gaan deur n leerskool deur dop te hou. Vra maar enige ou in die onderwys wanneer onthou n kind die beste.
     Ek het al baie geleer en leer nog steeds baie oor kamp net deur ander kampeerders dop te hou. Veral die ouer omies en tannies, hulle het baie tricks hoe om kamp makliker te maak. Stap so n bietjie rond dan kyk jy.
   Lank terug staan daar n omie en sy vrou daar by De Voetpadkloof so drie staanplekke van ons af. Elke aand sien ek hy sit so n stofiegedoente bo-op n kamptafeltjie voor sy tent. Een aand stap ek oor, moet my nou nie vra wat was die ding se naam nie, ek is darem nou self lankal n omie, maar as ek hom sien sal ek hom erken. Man, ek jou nou sê, net daar koop ek hom, net daar sê ek jou. n Bleddy oulike patent.
   Met n paar charcoal bolle kan jy kook op hom, dan het hy n braaisrooster wat jy bo-op sit, dan kan jy braai, jy kan n hele ete op daai dingetjie maak. Vir twee mense soos ek en die vrou net die ding om te hê. Dit is nou regtig n "two in one" ,n stofie en n braaier. Boonop is hy lig, en kompak.
   Nee ou maat, ek het al baie goedjies gesien wat kamp lekker en makliker kan maak, en dit alles net deur ander dop te hou.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 22/04/2020 - 09:29

Dagsê vriende,
  Die volgende storie is net so verskaf deur n lid wat annoniem wil bly.
                       Pubcrawlers
       So vertel hul die storie van die twee plattelanders wat gaan vir n kursus in Johannesburg hier in die sewentiger jare. In die aande vaar die manne die stad binne. Die twee maats, Gert en Japie is besig om te sloer kroeg (ek dink in engels is dit pubcrawling) in Hillbrow.Toe die manne voel die drank begin hulle sig aantas, besluit hulle dit is nou tyd om te loop, netnou verdwaal hulle. Ek het n studie van dronk mense gemaak, kyk n dronkie loop mos so agter sy knieë, kompleet soos n Citroen motorkar wie se suspension gesak het. Ek reken hulle versit die gewig na die agterkant om die pens wat vooruit hang te balanseer. En soos dronk ouens maar maak, hulle eet mos nie terwyl hul drink nie. Nou kom hul agter hul is honger en  soek n “cafe” om iets te koop om te eet en so stap hulle verby n Chinese take away wat oop is 24/7. Die vorige eienaar van die “take away“ moes seker n lang kêrel gewees het, want die toonbank is hoog en omdat die Chinese sulke kort mensies is kan jy net hulle koppe sien loop agter die toonbank, lyk amper soos marionette wat daar loop.Jy sien net die hare beweeg. So stap Gert en Japie in en onmiddelik vra die Chinaman vir hulle, “What yo wan"? Ou Gert kyk nou waar kom die stem vandaan,sien eers niks nie en besluit hy sal maar sy bestelling plaas. Toe sien hy eers die chinees se kop bo die toonbank uitsteek. In die eerste plek is ou Gert nie tweetalig nie en se “ Ek soek Peking doek (spelling is duck ) .’’Wha yu see on Menu ‘’ vra die Chinees. Gert is verbouereerd want hy kan nie Engels lees nie, en sê ‘’Ek soek doek ‘’ Die Chinees herhaal ‘’wha yu see on Menu. Gert vererg hom liederlik vir die kortgat Chinees en sê, luister hier jou Ching Cho Cha, ek vat nou hierdie toonbank en stoot jou met toonbank en al teen jou kombuismuur vas dat jy lyk soos n noodle. OK OK  sê die Chinees ‘’Sorry,you no understand, and I don’t understand yu. Lets try again ‘’Wha yu wan‘’. Intussen het Japie by een van die tafeltjies aan die slaap geraak, hy is nie bewus van sy vriend se gesukkel om die bestelling te plaas nie. Gert sê ‘’ Ou perd ek soek doek‘’. Sal die Chinees vir Gert se ‘’Okay I need to teach yu some grammer‘’. Watwou sê Gert, ek was 3 jaar in std 7 gewees en moes later met die onderwyseres trou, net om uit die skool te kom. Maar gooi maar ou perd. ‘’Right se die Chinees, can yu take the C out of China ‘’ Nee sê Gert, okay now can yu take the R out of rice. Nee sê Gert, okay sê die Chinees, can yu take the F out of Duck. Daar is nie n F in duck nie sê Gert, baie selfvoldaan met sy antwoorde .Thank yu sê die Chinees, I don’t have Peking Duck. Ou Gert strompel oor na Japie, skud hom wakker en sê,  ‘’Kom pêl ons gaan langsaan by die KFC, ek is nie meer lus vir chinese kos nie, ek is nou lus vir Fish & Chips".
Daar het hul toe darem makliker reggekom.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 23/04/2020 - 08:48

Dagsê vriende,
                 Bling-bling Vrouens.
  Ek dink die meeste vrouens val onder dié benaming in. Daar is miskien hier en daar vrouens wat glad nie ietsie bling dra nie.Vrouens hou van blink goedjies. Al is dit net n diamant ring. Ander weer, diamantring plus n paar ekstra goedjies.
   Dan kry jy van hulle, die bling-bling kwadraad's. Hulle gaan oorboord. Soos wat jy instap hangkaste kry, het hulle n juwelekamer. Ja, jy het reg gelees. n Vertrek wat net vir hul bykomstighede ingerig is. Dit is so half en half n mini juwele winkel. Stap jy daar in, is daar van alles ietsie, al wat regtig kort is n juwelier wat met sy eenoogvergrootglas vasgeknyp tussen sy boonste oogbank en wang daar rondstaan. 
    Daar is ringe, vingerringe, toonringe, oorbelle, studs, gewrigjuwele, nekjuwele, enkeljuwele en kettings,maer dunnetjies en dan die dik vet kettings.Fyn juweeltjies tot die meer bonkige juwele.        
   Wat dit baie interessant maak van vrouens, kyk hul is absolute kenners van juwele, is dat elke juweelstuk by n sekere uitrusting pas. Krale van elke kleur hang aan sulke stands op hul spieëlkaste. Vir my lyk dit of hul by enige iets sal pas. Nee boetie, vir hul loop sekere goed net by sekere klere. Nou koop hul mos ook so, hierdie halsnoer vir hierdie rok. Baie kere koop hul n juweelstuk omdat hy mooi is. Later begin hul dan n kledingstuk soek wat by hom gaan pas. 
    Daar hou dit nie op nie, die skoene moet weer by die rok pas, en dan moet jul nie vergeet van die handsak wat dit moet afrond nie. Ander kere werk dit andersom, hul sal eers die uitrusting koop, net om later agter te kom hulle kort nou juwele wat daarby pas. Dan begin die soektog van voor af.Jare gelede is ons in die Kaap, my oorlede moeder was baie lief vir krale. Sien sy daar n winkel, n krale winkel. Dit is al wat hul aanhou, krale en krale bangels. Ek skat die winkel so +-honderd vierkante meter. Rye en rye krale, op en af is sy daar tussen die rye en rye krale. Vir haar wat Ventersdorp se winkeltjies ken, is hierdie nou te lekker. n Uur later is ons daaruit, het ma iets gekry vra ek, haai my kind, hul het nou regtig nie iets waarvan ek hou nie. Moeilik man, moeilik sê ek jou, die vrouens en hul bling-blings.
Vreugde en vrede vir julle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus