Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -22 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -41 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -42 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -1 hour ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -1 hour ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -1 hour ago

2x4 EN 4X4 ROETES.

PRETORIA
Submitted by Leeutemmer on Sat, 31/08/2019 - 22:22
Forums

Ons was vyf bakkies waarvan ek die enigste was wat met 2x4  DIFFLOCK . Ons het KUBU deur tot by Sikereti en vandaar die 120 Km sand na Khaudum kamp, en dan tot by die teerpad rundu toe. Ongelooflik het die Hardbody fantasties deur die sand geloop. Verder het ek nog ,n volgelaaide trailer ook gesleep. Drie keer vasgesit waar ek my met die Winch moes uitsleep. Dirk met sy 4x4 sonder trailer het voor my gery sou ek hulp benodig. Dit is 8 sand, ek het meeste in eerste rat gery, tussen 15 en 20kmu. Eerste rat het gedien as laestrek. Na die ervaring het ek die waarde van Difflock besef, waarsonder ek dit nooit sou kon doen nie. Nie aan te beveel om dit te doen met 2x4 nie. As jy genoeg ondersteuning het van jou vriende hoekom nie. Die heendendaagse 4x4 voertuie is so gevorderd dat dit amper nie meer ,n uitdaging is om met hulle te ry nie. Selfs deur KUBU het die manne hulle koppe geskud van ongeloof oor die gemak wat ek van die plekke kon deurgaan.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 01/09/2019 - 08:17

Leeutemmer, ek kan dit amper nie glo dat jy deur Kaudom kon kom nie, en met n sleepwa ook nog. Heng jong toe ons laas daar was, was selfs die middelmannetjie te hoog vir n gewone bakkie, sou regtig vas-steek. En dan nog die sand wat so dik is daar bo dat die Landrover se middelste ewenaar heeltyd gesluit was. Plekke waar die " corrugations" die ryding in ñ rock en roll gesit het, was selfs 15km/ uur amper moelik. Wel, bly jy het dit gedoen, maar sou ek... beslis nie.

Secunda

Sleep nou

Sun, 01/09/2019 - 20:30

Dankie vir die deel leeutemmer dit wil gedoen wees wat julle gedoen het

Middag Leeutemmer

Ek sal nou maar my onkunde openbaar, waar is die roetes wat jy bemeester het.

Dit klink na 'n heerlike uitstappie, gee nog terugvoer met foto of vele.

Groete

Hi Wessels. Ons is deur Gaberone, Serowe, Kubu eiland, Tsumkwe,  Sikereti, Khaudum kamp,  Rundu,  Ongwediva,  Namutoni,   Okakuejo,   Spitskoppe,   Hentiesbaai,  sesriem,  mariental,  Mata Mata, 2 Rivieren. Gaan probeer fotos laai.

 

Middag Leeutemmer

Dankie. nou kan ek my nuuskierigheid bevredig en dit gaan beloer op Google-maps.

 

Groete

Hi Wessels, ons kamp een maal per maand op VEEKRAAL karavaan park van oorlede oom Hennie buite brits op die Thabazimby pad. jy is welkom om met my te kom gesels oor die roete wanneer ons weer kamp. Dit is die rooi Hardbody 2x4, hy het na al die dik sand net beter begin loop. Onthou net sonder difflock sal jy dit nooit kan doen nie.

PRETORIA

Leeutemmer

Mon, 09/09/2019 - 13:18

Dankie man Voortrekker, selfs die 4x4 manne in ons groep het hulle koppe geskud van verbasing.