Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60709 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -18 minutes ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -7 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -7 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -7 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -8 hours ago

Bal gewig

Worcester
Submitted by Wildehont on Tue, 17/09/2019 - 20:26
Forums

Nee ek wil nie spog nie. Ek wil raad vra. My Fordjie se sleepstang toon op die plaatjie wat Ford langs dit aangebring het ‘n maksimum vertikale gewig van 125kg en maksimum sleepgewig van 1500kg. Ek behoort die Kavango maklik onder 1500kg te kan hou aangesien die Tarra 1050kg is. Hoe meet ek egter die gewig op die bal?

Ek het oom Google gevra, en daar is skale wat mens kan koop (maar nie op die www in SA wat ek kon opspoor nie). Daar word ook voorgestel dat ‘n badkamerskaal op iets stewig geplaas word sodat dit dieselfde hoogte as die bal is. Is dit maar die metode en as mens die gewig reggekry het (lyk my 100kg is ‘n goeie gewig), pak jy dan maar net elke keer dieselfde? Wat van bv die 120l water en nog 120l bier wat mens tuis inpak, maar waarsonder jy terugkom? Hoe weet jy dan nog jou gewig op die bal is reg?

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 17/09/2019 - 21:48

Chris, AL-KO het 'n jockey wiel wat ook 'n skaal aan het, ek wil amper sê dat daar nog ander fabrikate ook is wat soort gelyke jockeys bemark.

Wat ek jare terug gedoen het,  is om 'n bad kamer skaal op die plaveisel te sit, en dan die jockey wiel daar op te laat sak,  natuutlik met 'n plankie op die skaal vir beskerming.

Deesdae pla daai gewig my nie meer so erg nie, ek sorg net dat die karavaan,  of effens neus af,  of gelyk te loop.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 17/09/2019 - 21:56

AL-KO het takke naby julle, glo ek 

 

Jockry
Jy kan, met moeite, die skaal sien.

Description

Smooth: Manoeuvre on any surface

Manoeuvring can be difficult on soft ground, and can cause strain on conventional jockey wheels. Narrow wheels are especially affected, and may leave deep furrows or even sink.
The wide wheel on the Premium Jockey Wheel facilitates easy manoeuvring on any surface.

Our tip: Especially recommended for use with manoeuvring systems, such as the AL-KO Mammut Mover.

Advantages:

  • Load capacity up to 300 kg
  • Runs over uneven ground
  • Integrated nose load indicator
  • Easy to manoeuvre
  • Smooth, removable crank
  • Removable wheel (for additional security and to replace worn wheels)

 

AL-KO Premium product line jockey wheels*: Corrosion protection: hot-dip galvanised; wheel bearings: slide bearings; swing arm suspension; removable crank and wheel.

AL-KO Plus product line jockey wheels**: Corrosion protection: hot-dip galvanised; smooth crank, extended design

Full details can be found in the catalogues:

Secunda

Sleep nou

Wed, 18/09/2019 - 07:20

Chris ek erens op 4x4 community forum gelees 100 kg op bal max gewig maak soos Johann voorstel met badkamer skaal

Môre Chris en ander

Ek sal graag wil hoor wat ander dink oor jou vraag. Ek het ook lank gelede my bekommer oor sulke onbenullighede, deesdae hak ek en ry.

My goeie buurman [Brits Woonwaens] het my die volgende duimreel gegee--die balgewig van jou wa moet so 10% van jou bruto gewig wees. Mens wil voorkom dat jou wa begin swaai. Dus, as jou wa 1500kg weeg, maak die balgewig 150kg.

Ek het ook maar net 'n skaal onder die neuswiel gesit, maar dit is nie die teoretiese korrekte metode nie. Die puriste sal jou aanbeveel om werklik die balgewig te meet. Hoe nader die neuswiel aan jou hak is, hoe nader sal die metings aan mekaar kom.   

Met my Jurgense het ek selde die balgewig onder 120kg gekry, hulle was net swaar voor met gasbottels, spaarwiel, waterkan en tentpale.

Baiekeer is daai plaatjie gewigte slegs aanduidings om die voertuig se voorskrifte te eerbiedig. Soos, die effek op padhou vermoë en ligte se skyn.

Om swaai te voorkom, moenie jou neusgewig te laag maak nie, en sorg dat jou wa effe "neusaf" staan, as dit gehak is. Ek sleep nou-al vanaf 1997 en het nog nooit 'n "fish tail" opgetel nie, en dit sonder enige stabiliseerders.

Groete

  

Pretoria

leeu

Wed, 18/09/2019 - 08:14

Hi Chris, ek kyk ook nie meer daarna nie, ek neem wel die gewig in berekening as ek die wa pak. Ek sal die swaar goed, soos 'n tent met sykante op die as sit en sorg dat die neus swaarder weeg as die agterkant van die wa. Ek gebruik ook lankal nie meer 'n stabiliseerder nie. Sleep net stadiger, 100 - 110km/h. Daai off road karavane soos joune sleep baie beter as 'n padwa omdat hy gelig is en met 15 duim bande toegerus is.

Centurion

Dusty

Wed, 18/09/2019 - 08:15

Ek het aan die begin die wa aan die haak gemeet deur dit met my bene op te lig. Hande op my bobeen en maak dan net my bene reguit. As ek nie die neus kon lig nie was dit te swaar. My ideale gewig is tussen 70 en 80 kg. Deesdae weet ek wat om waar te pak sodat die gewig op die bal reg is. Het ook nog nooit  gekry dat die stert swaai nie.

 

Worcester

Wildehont

Wed, 18/09/2019 - 09:15

Dankie vir die insette almal. Ek is maar van nature ‘n versigtige kalant en deesdae is dit maklik om op die www inligting te kry. Ek het nog opgelees en die volgende gekry (wat ooreenstem met wat van julle reeds hier gesê het):

  • Die gewig op die bal moet 10 tot 12% van die wa se totale gewig wees
  • Die maksimum toelaatbare gewig op die bal in SA is egter volgens wet 100kg. Dit beteken selfs ‘n relatief ligter wa soos myne se gewig op die bal mag nie eers 10% van die wa se gewig wees nie. Indien jy by ‘n weegbrug gestop word (dit gebeur wel hier in DuToitskloof, nie net met vragmotors nie) sal jy beboet word en jou wa moet oor pak of selfs af pak tot die gewig reg is. In die Wes-Kaap werk dit nog so. 
  • Swaar items moet op die as gelaai word en die res voor die as totdat die gewig op die bal reg is binne die teenstrydige parameters hier bo indecision
  • Die A-raam van die wa moet horisontaal of effens neus ondertoe hang, nooit neus boontoe nie. 

Vir die wat self meer wil lees, die mees volledige artikel wat ek kon kry is by die skakel hier onder. 

www.brinktowingsystems.c…

Baiekeer is daai plaatjie gewigte slegs aanduidings om die voertuig se voorskrifte te eerbiedig.

Wessel, blykbaar is dit nie. SANS 1501-1 skryf die standaarde voor. As jy nie daarby hou nie stel jy jouself potensieël bloot in terme van versekerings eise. Jy kan ook jou vering se kapasiteit oorskry as jy die vervaardiger se maksimum gewigte oorskry. 

Daar is egter geen plaasvervanger vir ondervinding nie, en jou veilige sleepgeskiedenis spreek boekdele. Ek is relatief onervare, en glo forewarned is forearmed 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 18/09/2019 - 10:13

My kommentaar is die volgende :-

  •  My Pathfinder is in Spanje vervaardig en het gekom met 'n Nissan-sleepstang wat deur Oris Metallbau in Duitsland vervaardig is.
  • Volgens die plaatjie is die maksimum sleepgewig 3000kg (strook met die handleiding) terwyl die maksimum vertikale gewig op 100kg gestel word.
  • Volgens die algemene reël wat hierbo genoem word en vir jare reeds bekend is, geld 10% van die wa se gewig.  My Exclusive se ("verkeerde") BVM is dit 1700kg wat beteken neusgewig moet 170kg wees.
  • Ek het 'n gebruikte neusgewig-skaal 2de hands gekoop vir R500 (kom tussen die hak en die bal en gee dan 'n elektroniese lesing) en die een keer wat ek dit probeer gebruik het wys dit 'n "error" en ek kom toe eers agter sy maksimumlesing is 120kg !
  • My Exclusive hardloop nou al vir 72 500km oor 14 jaar agter 'n Pathfinder aan sonder probleme.  Ek inspekteer die trekstang na elke rit om seker te maak daar is nie krake of vasbout-probleme nie.
  • Ek raai die betrokke wetgewing is jare der jare gelede opgestel met sleepwaentjies ingedagte.
  • Ek skat my Exclusive se neusgewig op niks minder as 200kg nie.

Soos Wessel en ander hierbo, bekommer ek my ook nie oor hierdie onbenulligheid nie.

Middag Chris

Jy opper nou 'n vreemde begrip---vering oorskrei.

As my trokkie wat se bladvere nie 'n neusgewig van 150 kg kan hanteer nie, ruil ek dit môre in. Ek begin ernstig dink dat die plaatjie wat saam met 'n sleephak[bal] gaan, bloot 'n limiet plaas op die aanwending van die bal.

Ek sal graag wil hoor wat die tegniese/praktiese ouens sê oor wat die plaatjie inligting aanspreek.

Daar kom nou 'n ander faktor by; dinamiese lading of statiese gewig.

Ek het al opgemerk dat party mense waar hulle langs die pad stop om te eet, hulle neuswiel laat sak. Is dit omdar hulle weet dat hulle die statiese gewig oorskrei, soos byvoorbeeld Len met sy Eksklusief.??

Groete

 

 

 

Worcester

Wildehont

Wed, 18/09/2019 - 15:34

Ek het ‘n baie swak Fisika onderwyseres gehad wat trots was daarop dat die meerderheid van ons matriek klas die eerste termyn gedruip het, so ek gaan my nie probeer slim hou nie. Maar kan ‘n ekstra 200kg op jou sleepstang tesame met ‘n vol kattebak en 4 passasiers dalk tog te veel raak vir jou vering? Kan dit bv jou sleepvoertuig se neus genoeg oplig dat die voorwiele nie meer so goed kontak maak met die pad nie? 

Ek gaan vir seker nie stry met iemand wat al so lank sleep sonder insidente nie. Soos ek voorheen genoem het is dit maar in my geaardheid to err on the side of caution

www.howstuffworks.com het die volgende te sê daaroor:

If the tongue of the trailer does not exert enough downward force on the tow vehicle's hitch ball -- meaning that the trailer's tongue weight is too light -- a dangerous condition called trailer sway could result. If the tongue weight is too heavy, the steering of the tow vehicle will be affected.

Middag Chris

Vergeet van fisika, dink net prakties saam met my.

Jou voertuig het 'n toelaatbare gewig wat jy mag toevoeg tot sy lisensiegewig om by die bruto voertuigmassa te kom.

In jou voorbeeld, bagasie, persone, brandstof se plasing is redelik tussen jou aste, dus behoort dit nie 'n noemswaardige effek op jou voorwiel se lig te hê nie. Tog vind mens dat 'n "vakansiekar" effe na agter leun.

Dan is dit 'n feit dat voertuie waar die sleepbal naby die agteras sit, uit 'n gewigsverspreiding 'n voordeel het, sy gat sak veel minder. Die hefboom beginsel, dis nou die Fisika deel.

Ek het gou op google geloer en die volgende gevind;

mens se voertuig het 'n sleep kapasiteit- GCM-BVM

jou sleepstang, bal ingesluit , het 'n aparte veiligheids spesifikasie op die plaatjie, maks gewig wat gesleep mag word en die statiese gewig [loodreg grond toe wat met die sleepstang gesleep mag word.

Die geneuk nou is, volgens wet is jy beperk tot die kleinste waarde. Die voertuig vermoë mag dalk die veiligheids sleep limiet van die sleepstang oorskrei.

Ek gaan nou na werk kyk wat my trokkie se sleepstang plaatjie spesifiseer. Ek wonder net of mens kan sleepstange vind wat verskillende "ratings" het.

Moenie verdere slapende honde wakker maak nie---ek wil in vrede sleep sonder om oor sulke goete te bekommer.

Groete

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 18/09/2019 - 16:49

In my dae, lank, lank gelede het ons nie fisika opskool gehad nie  -  net wetenskap en biologie en ek het biologie gekies omdat dit 'n oulike juffertjie was wat biologie gegee het (en ek was nuuskierig om te sien hoe hierdie poppie die bytjies en die blommetjies gaan hanteer).  Maar ek het 'n kwaai spel-juffrou gehad wat dit in my ingeprent het dat "oorskry" spel jy met 'n lang "y".

Dis jammer julle het nie Nissan-sleepvoertuie nie want dan sukkel jy nie met agter-veertjies wat vou nie en ook nie met voor-wieletjies wat oplig nie.

Ek vermoed die sleepbal plaatjies word deur die vervaardigers aangebring in lyn met die land se "stupid" wetgewing.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 18/09/2019 - 17:08

Die SA wet van 100kg is beslis nie wat daai "bal" se dra gewig is nie.

Kyk na dié skakel

"50mm Towball Standard Size with R55 Type Approval

  • Fits to tow bar using 2 x M16 bolts and nuts
  • A50-X and R55 Type Approval
  • 50mm size fits every trailer hitch in the UK and Europe
  • Includes free plastic cover

D Value (towing capacity) - 17.2Kn
S Value (nose-load) - 2000kg
Recommended Torque for Bolts - 210Nm"

Nog 'n skakel.

Dié een is van UK skakel.

TOWBALLS
There are many towballs on the market that are not suitable for use with AL-KO stabilisers as they do not have the necessary length of neck to allow th e correct amount of axial rotation.
56mm48mm


These balls should NOT be used with an AL-KO stabiliser. Use of this type of ball could result in the vehicles becoming un-hitched, your stabiliser being damaged and/or a very serious accident happening.

AL-KO Ball - correct

60mm
Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 18/09/2019 - 20:02

Gewag vir daai eenwink

Net jammer sy kon nie wieletjies spel nie

My spelling is ook maar pateties, dus sal ek maar nie na ander sin oplet nie😂

Solank die voor wiele steeds stewig vastrap, en die karavaan nie agter swaarder is as voor nie.

Worcester

Wildehont

Wed, 18/09/2019 - 20:16

Ek sal my wa se gewig op die bal probeer bepaal as ‘n akademiese oefening na dit gepak is vir ons eerste naweek weg daarmee 11 Oktober. Ons ry nie verby ‘n weegbrug daardie naweek nie maar ek wil maar veilig speel en darem weet binne watse parameters ek werk. 

Ek het van staal pyp en flatbar vir my 'n T-Bar gemaak wat ek binne in die bal sit en dan die flatbar op die skaal (Stukkie rubber onderaan vasgeplak) bietjie laer as die hoogte wat die bal van voertuig is. (Nose-down) (Ongeveer daar dat as ek op die bal klim en gewig opsit die voertuig sak {Ek het die familie en vriende aangetree elkeen met verskillende gewig, ons manne is 'n paar groot gewigte Ha Ha) en so het ek die verskillende gewigte vir my afgemerk op 'n stuk plank} Ek gebruik dan die jocky om die karavaan te laat sak totdat die gewig alles op die skaal is.  Nou gebruik ek net die plank om die gewig te meet sodra karavaan gehak is.

Ek sal nie sê dat dit 100% die akkurate gewig aandui as ek karavaan gepak het nie maar ek glo dit is baie naby genoeg.......

Op anderkant van plank het ek nou al so paar merkies gemaak wat die gemiddelde gewig aandui en probeer tussen daai merkies bly wanneer ek pak. Wel sovêr werk dit vir my het so 3 keer weer met skaal getoets en daar is nie noemenswaardige verskil tussen die eerste toetse en laastes nie. (Wel ek glo daar sal dalk verskil later bykom soos vere en skokbrekers wat papper word maar vir die laaste 2 jaar werk dit nog 100% vir my. Ek het ook die gemiddelde gewig wat agter in die bakkie gelaai word voorsiening voor gemaak.

Wel dis nou 'n boere plan sonder fisika.............

(Ek sleep 'n Sprite Swing en gewig so tussen 100 en 110Kg op bal met Mazda BT 50 3.0 met Tando). Ook gelukkig nog nooit het karavaan "geswing" nie.