Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
Rona... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Rona November 2026 Johann L -14 hours ago
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -1 day ago
Antwoord aan almal November 2026 Rona du Plessis -1 day ago

Bal gewig

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Nee ek wil nie spog nie. Ek wil raad vra. My Fordjie se sleepstang toon op die plaatjie wat Ford langs dit aangebring het ‘n maksimum vertikale gewig van 125kg en maksimum sleepgewig van 1500kg. Ek behoort die Kavango maklik onder 1500kg te kan hou aangesien die Tarra 1050kg is. Hoe meet ek egter die gewig op die bal?

Ek het oom Google gevra, en daar is skale wat mens kan koop (maar nie op die www in SA wat ek kon opspoor nie). Daar word ook voorgestel dat ‘n badkamerskaal op iets stewig geplaas word sodat dit dieselfde hoogte as die bal is. Is dit maar die metode en as mens die gewig reggekry het (lyk my 100kg is ‘n goeie gewig), pak jy dan maar net elke keer dieselfde? Wat van bv die 120l water en nog 120l bier wat mens tuis inpak, maar waarsonder jy terugkom? Hoe weet jy dan nog jou gewig op die bal is reg?

 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 27/11/2019 - 15:22

Soos julle seker gesien het, het ek die afgelope naweek Jongensfontein toe gesleep nadat ek die vorige Vrydag Load Hog helpervere laat insit het. My probleem is opgelos en die Everest se gat hang glad nie meer nie. Ek het die Kavango bietjie anders gepak so ek glo die neusgewig was minder. Ek kon dit ongelukkig nie meet nie want die wa staan neus op in my motorhuis waar dit gepak word en na haak was daar nie meer tyd vir afhaak en weeg nie. Al het ek dit egter reggekry om 50kg neusgewig te verplaas was dit vir seker nie genoeg om die verskil te maak tussen voor en na die Load Hog installasie nie. 
Die waterpas op die Kavango se A-raam het gewys dat by so rapsie neus op van waterpas gehang het, maar die borreltjie was steeds tussen die lyntjies en die kombinasie was stabiel op alle snelhede tot 105km/h GPS spoed. 
Die ritgehalte is ‘n bietjie fermer, meer soos ‘n 1-tonner bakkie. Ek vermoed die ou Everest is effe sagter geveer as die ou Ranger en dit kon tot die hang gat bygedra het. Dit het ook ‘n floaty gevoel aan die vering gegee. Dit voel nou meer ferm maar stamp nie regtig meer nie, en daar is minder af beweging op die bladvere en dus minder op beweging op die skokbrekers. 
Ek is baie tevrede en het ook sonder enige probleme oor ‘n helling gery wat steiler bymekaarkom as my oprit waar die A-raam voorheen geskraap het. 
Vir die prys (onder R3000 geÏnstalleer) is dit veral ‘n aantreklike oplossing vir ‘n sleepvoertuig met bladvere agter waarvan die gat hang. Ek sal ook met vrymoedigheid die agent in die Kaap, Steering, Brake and Suspension in Montagu Gardens aanbeveel. Hier is ‘n paar fotos van hoe die kombinasie (met albei voertuie gelaai) nou hang/staan. 
ABC

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/10/2024 - 08:14

Ek het nou eers deur die hele gesprek gelees, tog interresant al die raad en insette.

Ene wat my opgeval het, en laat dink het, was ene deur Tora, "inspekteer die boute en hegpunte van die sleepstang". Veral waar dit aan die onderstel vasbout.

Ek was per geleentheid verbaas toe my werktuigkundige daardie boute op my Isuzu kon stywer trek. Daarna het ek elke keer met 'n diens hom gevra om dit na te gaan. 

Ek het ook nadat ek die erge swaai gehad het op die N1 in 2022, dit laat nagaan daarna. 

Dis maklik sigbaar en bereikbaar op die meeste trokkies, maar wat die geval is op sedans/ stasiewaens/bussies/SUV's weet ek nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 24/10/2024 - 12:01

Dis ‘n belangrike kwessie wat Wessel aanraak. Ek het na beide besoeke aan Kgalagadi die boute en moere wat die Kavango se glasvesel dop op die onderstel vashou nagegaan. Amper almal was losgeskud. Dit sal sekerlik met die trekstang ook kan gebeur.
 

Ek gaan bietjie loer, as ek reg onthou was die Everest se arms/bene wat die trekstang aan die onderstel geheg het vas gesweis. Ek het nog nie gekyk na die Prado en Ranger nie. Deesdae kom die voertuie mos met ‘n trekstang van die fabriek af, dit word nie na die koop by Bosal opgesit soos in die ou dae nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus