Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60708 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -6 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -6 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -6 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -6 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -6 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -7 hours ago
Naand 😂 Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago

Tellingraai vir Sringbokke teen Italië

Worcester
Submitted by Wildehont on Fri, 04/10/2019 - 07:50
Sommer net vir pret; kom ons kyk wie se telling is die naaste aan korrek. Ek raai Springbokke 32 Italië 24
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 04/10/2019 - 18:33

Bly ek het nie geraai nie.  Almal het die pot ver mis gesit !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 08/10/2019 - 14:27

Dit was nou 'n "Menseregte Kommissie:-pakslae wat die Bokke Kanada gegee het ! ('n Mens mag mos nie die tradisionele K-woord gebruik nie).

Wldehont was die naaste aan reg !

Worcester

Wildehont

Wed, 09/10/2019 - 11:02

Reinach eerder as de Klerk moet in die beginspan wees. Wie stem saam? As de Klerk sy een been so uitsteek agter die skrum vir 'n ewigheid totdat almal weet hy gaan skop kan ek die horries kry. Hy was heeltemal te lank op die veld teen NZ en dit het ons gekos. Ek hoop Rassie skrik wakker in die opsig. 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 10/10/2019 - 08:12

Stem saam, daai been uitsteek... liewe aarde, dink hy dat die opponente blind is. Maar nou  ja, seker maklik om n kampvuur afrigter te wees.

Worcester

Wildehont

Thu, 10/10/2019 - 12:12

Dis baie waar Neef. Faf was aanvanklik 'n baie opwindende skrumskakel maar deesdae maak hy my moeg. Party mense is van mening dat dit Rassie is wat hom dwing om teen sy natuurlike spelpatroon te speel. 

Ek glo Rassie sal hou by sy voorkeur beginspan in die uitklopfase en dit is nie die tyd om te "eksperimenteer" nie. Ons hoop maar net die spelers en span keer terug na die spelpeil wat hulle in die Rugby Kampioenskap vroeër vanjaar gehandhaaf het. Pollard was bv tot dusver ook nie op sy beste in die wêreldbeker nie en die skakelpaar is 'n krities belangrike komponent.