
Ek is beslis....
Ek is beslis ook geen rugby-kenner nie en kon soos menig van ons (insluitent die TV kommentators) net nie verstaan hoekom skop FAF aanmekaar die bal in die hande van die teenstaanders as die agterlyn gereed staan om met die bal te hardloop. Toe Herschel Jantjies opkom en presies dieselfde doen, toe aanvaar ek dit moet deel van die Bokke se spelplan wees. Ek verneem toe later die idee van hierdie lugskoppe (soos Rassie Erasmus daarna verwys) is om veld vorentoe te wen, dan met 'n hewige verdedigingaksie die opposisie te keer wat oorgaan in 'n rolmaal-beweging en/of die afneem van die bal om nader na die doellyn te kom.
Ek aanvaar dié plan kan alleenlik werk as jy oortuig is jou verdediging is rotsvas teen die betrokke opponente.
Duiwelsadvokaat
Môre vriende
Dink julle rerig dat die Boerbokke die wêreldbeker gaan wen. Die kanse is beter vir sneeu in Johannesburg komende Desember.
Groete
Wessels, die kanse vir sneeu…
Wessels, die kanse vir sneeu in Desember lyk al 'n bietjie beter 🤣🤣🤣
Kans vir sneeu Desember is…
Kans vir sneeu Desember is nou 50/50.
Ek dink wessels moet solank sy snow boots uithaal 🤣🙏🙏
Wel, die Bokke is deur na…
Wel, die Bokke is deur na die finaal. Soos die Engelsman sê "by hook or by crook". En, ja, Lennie jy is korrek, Faf en Willie se manier van speel is deel van Rassie en sy afrigterspan se "game plan". Die kwessie was die afgelope week onder bespreking, selfs op nuusuitsendings. Die spelers speel onder "instruksies".
Ons is seker gelukkig om in die finaal te wees, maar dan is daar 18 spanne wat ongelukkig is om nie daar te speel nie. SA het vandag vir Wallis, die wenner van die 6-nasie beker in 2019, gewen. Engeland het teen hulle verloor in daardie finaal. Ek het Engeland nog nooit so goed sien speel soos gister teen die All Blacks nie, so ek verwag nie dat ons hulle gaan wen nie. Ek weet grappies word tong in die kies bedoel, maar ons kan darem 'n sekere mate van trots in ons span hê.
Hulle is in die Rugby Wêreldbeker Finaal, mense. Dit is 'n geweldige groot eer!!
Nes Antie daar sê. Ons 3de…
Nes Antie daar sê. Ons 3de WB finaal en sover is dit 2/2...
Dit sal darem lekker wees,…
Dit sal darem lekker wees, en goed vir eenheid in ons land, as ons hierdie een ook kan huistoe bring.
Kans vir sneeu Desember is…
Kans vir sneeu Desember is nou 50/50
Wildehont, die kanse vir 'n …
Wildehont, die kanse vir 'n "white christmas" is seker goed, ja.
Kom ons hoop Engeland is te seker van hulself. Hul afrigters het vir 4 jaar daarop gefokus om die All Blacks se speelpatroon te uitoorlê. Hulle het dit so goed reggekry, die All Blacks was skoon verwilderd.
Soos ons gespeel het, tot nou toe, dink hul sekerlik ons is net 'n formaliteit om uit die pad te vee voor hul die beker vat. My opinie is dat hul afrigting beter is as ons s'n maar die Bokke sal nie gaan lê in hierdie finaal nie. Solank hul 'n goeie wedstryd speel en die Engelse hul nie oordonder nie, sal ek al tevrede wees. Maar, ai toggie, ek wens hulle bring daai beker huis toe.
Mag ek maar sê? Dis Brit teen Boer die naweek, kom ons trek 'n laer om die Springbokke!![]()
Ons sal wen maar
Ons het die span om te wen maar hoor my lied as Fav so baie gaan skop gaan engelse ons dronk hardloop Nkozi op 14 gewys hy nie opgewase met verdediging nie en Willie wil nie vang nie sal moet beter my 2c
Engeland het al ‘n WB finaal…
Engeland het al ‘n WB finaal verloor (teen ons) en ons het nog nie. Finale lewer tradisioneel lae tellings op met min drieë en Pollard het darem weer goed geskop gister. Ons het vir seker nog ‘n kans om die toernooi te wen en dis meer as wat 18 van die ander spanne kan sê...
Ek sien uit na die finaal.…

Ek sien uit na die finaal.
Enige verskoning om te braai is goed genoeg vir my









Willie