
Boer en Brit
Middag vriende
Julle onthou die storie, afgespeel tydens een van menige veldslae teen die rooinekke.
Klein Piet en sy pa lê op 'n koppie hinderlaag, vra klein Piet---pa, hoeveel engelse skat pa kom daar aan. Antwoord die pa---lyk my so na 200man, en ons is darem so 15 man sterk hierbo.
Seg klein Piet---donder, dan gaan ons alweer laat by die huis kom vandag.
Groete
Ja,ek is 100% agter die…
Ja,ek is 100% agter die bokke hierdie naweek, en glo hulle gaan groot menigte verras net 'n spel uit die boonste rakke.
Ek hoop die spel patroon (skop die bal moerlandspan toe, en swak vangs) was net 'n eye blind, Saterdag gaan hulle alles in die stryd werp.
Voorspelling : Bokke 21 Engelse 18?
Volgens 'n nuusberig wat my…
Volgens 'n nuusberig wat my seun nou op Facebook gesit het, gaan die SABC die wedstryd regstreeks uitsaai. Ook die wedstryd Vrydag vir 3e en 4e plek. Ek is bly om te sien die land gaan sodoende meer ondersteuning aan die Bokke gee. Ook baie bly vir almal wat nie DSTV het nie. Vir die van julle wat nie weet nie, op kanaal 146 is daar 'n uur voor die wedstryd en weer 'n halfuur daarna, Afrikaanse besprekings oor die wedstryd. Manne soos Kobus Wiesse, Naas, Breyton, Matfield, Smiley, ens neem deel daaraan.
Ek is baie onseker oor 'n voospelling maak maar ek gaan na my hart luister:
Bokke 16 Engelse 11
Ek het 'n nuwe draad onder…
Ek het 'n nuwe draad onder die sport forum begin vir telling, hoop almal vind dit in orde?





Ek hoop die Bokke lyk so…
Ek hoop die Bokke lyk so vasberade soos die Boere hier bo>