6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -7 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -9 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -15 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -15 hours ago

Faf de Klerk

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

1

Secunda

Sleep nou

Tue, 22/10/2019 - 03:57

Volgens my speel beide tans nie goeie rugby nie maar duildelik is ek n rugby liefhebber en nie n kenner want Fav was man of the match cheeky

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 22/10/2019 - 09:21

Ek is beslis ook geen rugby-kenner nie en kon soos menig van ons (insluitent die TV kommentators) net nie verstaan hoekom skop FAF aanmekaar die bal in die hande van die teenstaanders as die agterlyn gereed staan om met die bal te hardloop.  Toe Herschel Jantjies opkom en presies dieselfde doen, toe aanvaar ek dit moet deel van die Bokke se spelplan wees.  Ek verneem toe later die idee van hierdie lugskoppe (soos Rassie Erasmus daarna verwys) is om veld vorentoe te wen, dan met 'n hewige verdedigingaksie die opposisie te keer wat oorgaan in 'n rolmaal-beweging en/of die afneem van die bal om nader na die doellyn te kom.

Ek aanvaar dié plan kan alleenlik werk as jy oortuig is jou verdediging is rotsvas teen die betrokke opponente.

0

Môre vriende

Dink julle rerig dat die Boerbokke  die wêreldbeker gaan wen. Die kanse is beter vir sneeu in Johannesburg komende Desember.

Groete

 

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 27/10/2019 - 14:23

Wel, die Bokke is deur na die finaal.   Soos die Engelsman sê "by hook or by crook".     En, ja, Lennie jy is korrek, Faf en Willie se manier van speel is deel van Rassie en sy afrigterspan se "game plan".   Die kwessie was die afgelope week onder bespreking, selfs op nuusuitsendings.   Die spelers speel onder "instruksies".    

Ons is seker gelukkig om in die finaal te wees, maar dan is daar 18  spanne wat ongelukkig is om nie daar te speel nie.      SA het vandag vir Wallis, die wenner van die 6-nasie beker in 2019, gewen.   Engeland het teen hulle verloor in daardie finaal.   Ek het Engeland nog nooit so goed sien speel soos gister teen die All Blacks nie, so ek verwag nie dat ons hulle gaan wen nie.  Ek weet grappies word tong in die kies bedoel, maar ons kan darem 'n sekere mate van trots in ons span hê.

Hulle is in die Rugby Wêreldbeker Finaal, mense.   Dit is 'n geweldige groot eer!!

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 28/10/2019 - 08:46

Wildehont, die kanse vir 'n "white christmas" is seker goed, ja. smiley    Kom ons hoop Engeland is te seker van hulself.   Hul afrigters het vir 4 jaar daarop gefokus om die All Blacks se speelpatroon te uitoorlê.   Hulle het dit so goed reggekry, die All Blacks was skoon verwilderd.laugh  Soos ons gespeel het, tot nou toe, dink hul sekerlik ons is net 'n formaliteit om uit die pad te vee voor hul die beker vat.   My opinie is dat hul afrigting beter is as ons s'n maar die Bokke sal nie gaan lê in hierdie finaal nie.   Solank hul 'n goeie wedstryd speel en die Engelse hul nie oordonder nie, sal ek al tevrede wees.   Maar, ai toggie, ek wens hulle bring daai beker huis toe.   

Mag ek maar sê?   Dis Brit teen Boer die naweek, kom ons trek 'n laer om die Springbokke!yes

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 28/10/2019 - 09:14

Ons het die span om te wen maar hoor my lied as Fav so baie gaan skop gaan engelse ons dronk hardloop Nkozi op 14 gewys hy nie opgewase met verdediging nie en Willie wil nie vang nie sal moet beter my 2c

0
Worcester

Wildehont

Mon, 28/10/2019 - 09:17

Engeland het al ‘n WB finaal verloor (teen ons) en ons het nog nie. Finale lewer tradisioneel lae tellings op met min drieë en Pollard het darem weer goed geskop gister. Ons het vir seker nog ‘n kans om die toernooi te wen en dis meer as wat 18 van die ander spanne kan sê...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus