Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -44 minutes ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -1 hour ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -1 hour ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -1 hour ago
Sterkte Len.    Ek moet ook… Verskoning Voortrekker -1 hour ago

November 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink. 

Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 26/11/2019 - 07:33

Gaan vandag die wa haal by Jurgens en die "smash & grab" opsit.

Geniet jou Dinsdag voluit in vrede.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 26/11/2019 - 07:49

Môre môre! smiley   Vandag moet ek 'n voorlegging klaar maak, maar ek is nie lus daarvoor nie.   Die werksjaar moet nou asb begin afneem want ek is nie meer lus nie.    My kop begin nou almeer staan na Desember en ons opkomende TO Strand kamp.    My base verwag wel nog wonderwerke van my af en druk my om projekte in te bring voor die jaar groet indecision persoonlik dink ek natuurlik dat dit onrealistiese verwagtinge is laugh, maar hulle dink nie so nie cool

Inelkgeval, julle moet die dag geniet!   Ek sal maar inspring en my voorlegging klaar maak en daarna miskien bietjie gaan fietsry...

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 26/11/2019 - 09:15

Môre maters, magties maar ek is sooo lus om erens onder n bos te gaan sit en ñ hele kas bier uit te drink. En laat net een mens naby kom gooi ek hom met n blik. Môre oggend oog spesialis, linker oog wil nou ophou sien, maak my skoon depresief. Mooi dag vir almal.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 26/11/2019 - 11:53

Net betyds om te kan sê : Goeie môre Kampforum !

0
Centurion

Dusty

Wed, 27/11/2019 - 04:16

Goeie môre almal. 

Ons breek weer die week. Nou begin die tyd baie vinnig verby gaan. Die jaar is amper verby. 

Mag elkeen 'n wonderlike Woensdag geniet 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 27/11/2019 - 07:09

Goeiemôre almal!

Ons is nou in die middel van die daaglikse oggend storm - die geskarrel en gesmeek vir kinders om aan te trek, eet en tande te borsel om betyds skool toe te gaan - volgende jaar is daar 2 wat moet gaan surprise

Geniet julle dag! yes

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 27/11/2019 - 07:16

Dit voel ook vir my of November 2019 se dae korter is as die vorige dae ?

Geniet jou Woensdag voluit in vrede.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 27/11/2019 - 13:19

Jip, November en 2019 lê op sy rug, kapoet en verby. Nog n paar dae met baie verkeer in die oggende, dan is die Gautengers oppad Durban toe met hulle ventertjies en kan ons weer normaal werk toe ry.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 28/11/2019 - 07:14

Sterkte Shawn.

Weet n vrek warm dag wat voorlê

Geniet en wees veilig.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 28/11/2019 - 09:05

Kan nie glo dis alweer asblik-dag nie  -  ons asblik word op Donderdae skoon gemaak.

In elkgeval, goeie môre !  Vandag by ons 33º en ek en die kleinkinders sal maar na skool in die swembad spring !

Die ou suidoos blaas hier by ons die afgelope klompie dae, dus julle klompie daarbo behoort eersdaags lekker reën te kry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus