Forums
Anton, oorweeg gerus die volgende :-
Byvoorbeeld, die "KOFFIE" draad is nou op bladsy 5, maar as jy daar wil lees en daarop kliek, neem dit jou na die stokou bladsy 1. Sou dit nie beter wees dat die bladsye eerder in "reverse" verskyn nie, met die jongste blad, bladsy 5, eerste sodat hy eerder onmiddellik oopmaak ?
Ek vra maar net.





Len ek weet presies waarvan…
Len ek weet presies waarvan jy praat. Miskien soos ek leer oor die platform sal ek later so 'n verstelling kan maak, maar vir nou weet ek nie hoe nie.
DIe idee van die koffie draad kortpad, wel ek het dit vir my persoonlik ingesit (hehehe) as ek oppad is werk toe vroeg in die oggend en gou op die forum inloer en sien niemand het nog onder Koffie iets geskryf nie, dan kliek ek sommer gou op die Koffie kortpad en lewer dan 'n inset.
Die enigste raad wat ek vir nou het is om af te scroll tot onder en dan te kliek op "Last" wat jou na die laaste insette sal lewer.
As jy wel onder die "Onlangse" insette op 'n KOFFIE inset kliek, word jy na die laaste inset bladsy geneem.