Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ongeleesde insette Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris Kgalagadi Oktober 2026 Johann L -2 hours ago
Ons het so paar jaar gelede… Umfula Johann L -2 hours ago
(Nee wat ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Johan Umfula Johann L -2 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago

Teleskopiese karavaan

Worcester
Submitted by Wildehont on

Amper ‘n halfmiljoen Rand. Ja of nee?

video
Worcester

Wildehont

Mon, 23/12/2019 - 21:57

Die Mobi Lodge is soort van soortgelyk en net so duur, maar lyk vir my na net 'n twee slaper en ek het nou die dag iemand een sien sleep en die dak het vir my baie hoog gelyk so woeste windweerstand.

video
0
Centurion

Dusty

Tue, 24/12/2019 - 02:57

Die Mobi Lodge is 'n baie gerieflike karavaan. Net baie duur. Ek hou weer baie van sy uitleg. 

Ek dink hierdie teleskopiese karavane is dalk die toekomstige karavane. Tot sommige van die ouerige Land Rovers word ook so verander. 

'n Mens mag maar droom.

Dit laat my ook weer dink aan die Sprite Scamp van die jare tagtig wat se agter kant weer plat geslaan kon word om dan op twee voetjies te staan. Na hom het die Sprite Scout weer uit gekom wat dieselfde paneel weer op gelig het. Albei modelle het dan 'n tipe van 'n tent aan die karavaan gehad. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 24/12/2019 - 06:47

Die Mobi Lodge het nogals 'n indrukwekkende uitleg, maar ek wil waaragtig nie die ding uit die Boland tot in die Laeveld sleep nie.

Die tent "konstruksie" sit my bietjie af. I.p.v. ritssluiters word 'velcro' gebruik. Vanjaar by Punda Maria gesien hoe gaan die ape enige plek by die tent in deur slegs die 'velcro' los te trek.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 24/12/2019 - 07:37

Nie vir my maar verseker is daar n mark vir die tipe waens

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 24/12/2019 - 08:11

Ek dink net, die silnder vorm sit my af,  en dan al die hidraulics ens, nee wat nie vir my nie.

Die Mobilodge lyk darrm meer soos 'n karavaan 😂

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 24/12/2019 - 09:29

Niks kom naby my ou 15-jarige Exclusivetjie nie !  Hy is 'n lekker, stuitige tiener.  Die naaste wat ek aan iets teleskopies kom is my verkykers vir die Wildtuin.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 29/12/2019 - 13:26

Ek hou ook niks van hom nie.

Soos Len verkies ek wat ek het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus