Goeiemiddag almal. Ek is nuut op die forum en die onderwerp was dalk reeds bespreek? Vergewe my asb en adviseer my rakende die volgende asb: Ek en my vrou kamp reeds baie jare, eers in tente en die laaste 8 jaar met 'n Jurgens XT 120 met 'n tent. Ons oorweeg nou om 'n boskaravaan/off-road te koop. Ons toer gereeld, my voertuig is goed toegerus en ons gunsteling bly steeds ons Howling Moon daktent!! Die basiese kriteria vir die koop is die volgende:
1-Dit moet 'n karavaan wees, nie weer sleepwa met tent nie. 2-Moet geskik wees vir grondpad, "off-road". 3-Slaap twee mense. 4-Moet kan opslaan in 10 to 15 minute. 5-Moet 270 grade "awning" hê. 6-Kan funksioneer op beide 220v en 12v. 7-Vakmanskap moet uitstekend wees. 8-Billike pakplek. 9-Ingeboude kombuis en yskas. 10-Klein maar nie onprakties nie. 11-Moet lugversorger kan vat.
Stort en toilet is opsioneel, verkieslik nie binne die karavaan nie. Beide die Bushlapa Vlooi en die Conquerer UEV-14 is reeds op ons huidige kortlys maar ons wil graag ook 'n paar ander opsies oorweeg asb. Voorgemelde sal jul 'n goeie idee gee van wat ons behoeftes is. Ons probeer so lig moontlik kamp en oorweeg dit nie om soms van die aardbol af te verdwyn nie.
Enige ander voorstelle en advies asb?
Groete,
Leon Rabie
Hahahahaha, Wessel, my regte…
Hahahahaha, Wessel, my regte naam is Nico asb.
Nou vir wat gebruik mens ń…
Nou vir wat gebruik mens ń skuilnaam as jy op jou regte doop naam aangespreek word?
Ek glo min mense hier ken almal se regte naam?
Gelukig is Arie my skuilnaam, regtenaam, noemnaam, alias en ook my enigste volle doopnaam.
Moet erken, die Rabiel het…
Moet erken, die Rabiel het bo-oor neef se kop gevlie, kon dit gladnie uitwerk of verstaan nie. Wou nie vra nie, want dan weet die mense ek is stupid. Nou wonder die maters net..
Leon (Rabiel) kom in
Enige update jy al besluit gemaak vertel ons asb
Nog ‘n opsie
Hulle 4 slaper is amper ‘n halfmiljoen maar die 2 slaper is meer bekostigbaar en nie te swaar nie. Lyk na ‘n netjiese wa. Gaan kyk by die skakel hierbo na wat alles ingesluit is by die prys.

Woonwa skou
Môre Leon Rabie
Om jou kop nog meer deurmekaar te maak, daar is einde Februarie 'n skou by Gallagher landgoed waar sekerlik baie produkte bymekaar sal wees vir aanpas.
Dit is net verstommend hoeveel produkte en vervaardigers daar tans is wat boswaens vervaardig.
Groete
Woonwa skou
Dit is 'n goeie plan om na baie bymekaar te kyk.
Anton, kan jy nie vir ons kaartjies kry nie ?
Anton, kan jy nie vir ons…
Anton, kan jy nie vir ons kaartjies kry nie ?
Ek sien die kaartjies kos al R120.00 per persoon
Uiteindelik gekoop
Na maande se soek en oorweeg het ons die Jurgens XT Trooper X2 gekoop. Daar was soveel opsies en daar koop ons die minder gewilde een. Snaaks genoeg het die Trooper aan al ons behoeftes voldoen teen 'n billike prys. Het hom die naweek voor COVID-19 inperking geneem vir 'n vinnige kamp en ons is baie tevrede. Hoor graag van mede kampers met dieselfde wa.
Veels geluk met die aankoop!…
Veels geluk met die aankoop! Mag julle vele genotvolle aande daarin deurbring. Noudat die inperking gedeeltelik gelig is moet julle haak en laat waai.
Leon, baie geluk met jou…
Leon, baie geluk met jou Trooper, hoop jy gaan baie genotvolle ure met hom kuier.
Ons sal graag 'n paar fotos wil sien, hoe lyk hy, hoe kamp julle ens.
Uiteindelik gekoop
Baie geluk, soos almal sê/vra wys ons foto's asb. Glo julle gaan hom baie geniet en lekker kamp vorentoe.
Baie Netjies. Ek het hom…
Baie Netjies. Ek het hom lass jaar gesien in die fabriek.
Hy lyk so lekker want hy…
Hy lyk so lekker want hy kamp so lekker.
Leon, weereens baie geluk, kan sommer sien daai Trooper gaan nie stof op gaar nie 👍





Verskoning
Middag "Leeu" en Leon
Jammer, dat ek julle skuilnaam misbruik het. Ek het sy volle naam en van in die oorspronklike instelsel misgelees.
Groete
PS: Op hierdie noot, wessels is die skuilnaam vir Wessel Strydom