Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona Oktober 2026 saam gesels Johann L -56 minutes ago
daai mannetjies.... Rock View Lodge Nelspruit Wessel Strydom -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Ja....die kaal mannetjies Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -1 hour ago
Johann Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Daardie mannetjies wat so… Rock View Lodge Nelspruit Voortrekker -1 hour ago

Kampeerplekke in die Kruger wildtuin

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Die draad het begin na aanleiding van my vraag hier onder maar het toe op “resensies”, menings en ervarings oor al die ruskampe en satelliet kampe in die Kruger wildtuin met kampeerplekke uitgeloop. Dit is van onskatbare waarde vir enige voornemende of terugkerende kampeerder in die nasionale park.

Hier is die oorspronklike plasing en vraag:

Uit die aard van die saak het almal hulle voorkeure, is dit redelik subjektief en is daar drastiese verskille tussen seisoene en binne/buite seisoen maar ek wil tog die draad begin. As daar dalk reeds so een is; verwys my gerus daarheen. 
Ons staanplek vir Julie is reeds bespreek; 4 aande by Punda Maria, 4 aande by Shingwedzi en 3 aande by Tsendze. Ek ken die wildtuin goed en besoek dit al vir 47 jaar elke jaar ten minste een keer. Die meerderheid van my besoeke was egter nie kampering nie en ek het nog net by Shingwedzi, Tsendze, Letaba, Balule, Satara, Pretoriuskop en Malelane kampeer en die laaste keer was by Tsendze omtrent 7 jaar gelede. 
Alhoewel ek lief is vir die Suide en wildbesigtiging daar goed is, is dit vir my te besig en moet ek vanwee skoolvakansies van volgende jaar af binne seisoen gaan. Ek verkies dus om nie verder Suid as Satara te gaan nie. Ek en my vrou verkies rus en vrede bo skares en verkeersknope by elke leeu en daarom die drie ruskampe waarby ons vanjaar staan. My klong het egter verlede jaar toe ons in hutte by Punda Maria, Shingwedzi en Letaba geslaap het laasgenoemde die meeste geniet want hy hou baie van die olifantmuseum en die natuurlewe rolprente wat saans daar buite vertoon word. 
Ek wil egter weet uit ‘n kampeerperspektief watter julle gunsteling ruskampe is om by te staan en waarom? Ek moet een of ander tyd besluit waar ons volgende jaar wil gaan staan. 

Vaalpark

Johann L

Mon, 24/02/2020 - 08:27

Môre Len en Wessel, dit is darem nie mooi om ons so jaloers te maak nie.😀 

Al gun ons julle die heerlike tye van die lewe, dit krap hier in die pompie,  maak liewer soos die willehont, en hou julle in.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/02/2020 - 08:58

Ek sal natuurlik effens versigtig wees om so naby warm kole te sit.

Hemel Wessel, dankie dat jy my daarop wys  -  ek sal meer versigtig moet wees, die doel is om teen die aand se kant vleis te braai en nie eiers nie ! 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/02/2020 - 09:02

Chris Wildehont, oorweeg aseblief sterk om Willem se voorstel hierbo deur te voer  -  wysig (edit) die opskrif van hierdie draad na "Kampeerplekke in die Kruger Wildtuin" want ons het pas agtergekom alle kampeerplekke is die beste.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 24/02/2020 - 12:54

Ek gaan nou wel nie kamp nie, maar waar ek enigsins kan, gaan ek na die aand se kant toe darem 'n draai in die kampeerterreine rondloop. Ek het afgelope Saterdag my bespreking as volg gewysig:

14 - 16 Mei: Shingwedzi

17 - 19 Mei: Mopani

20 - 22 Mei: Satara

Vertrek 7 Mei tot Travalia (Drie Susters). Slaap 8 Mei by Ralie se broer in De Aar. 9 & 10 Mei by Mosu Lodge in Mokala Nas Park. 11 Mei by Aldam, 12 Mei by Klein Kariba en 13 Mei Phalaborwa (Lekkeslaap). Die terugrit moet nog gefinaliseer word, maar 23 Mei by vriende in Tzaneen en 24 Mei by Ralie se broer in Krugersdorp. Die res is nog 'n raaisel.

Dus kan ek darem in Shingwedzi en Satara 'n bietjie kampeer-atmosfeer gaan inasem wanneer ek verseker deur die kampeerterreine gaan stap.

Chris Wildehont - ek't klaar my 2019 opname-resultate op my rekenaar gelaai. Nog net 'n bietjie afronding, dan stuur ek dit aan.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/02/2020 - 13:47

Dus Chris B, sien jou op 14/5 in Shingwedzi !

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/02/2020 - 13:47

Ai, net die lees van almal se reisplanne laat my mond water! Die vooruitsig na ‘n besoek aan die laeveld en spesifiek die wildtuin is darem voorwaar iets om oor lippe af te lek. 
Ek sien ook vreeslik uit na Oom Chris se wildbesigtiging statistieke. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 24/02/2020 - 14:47

.... dan sien ons mekaar weer dáár waar ons mekaar laas van aangesig tot aangesig gesien het.

Ek kan nie onthou nie - wanneer vertrek julle uit die Kaap uit en hoe loop julle reisplan totdat julle in Tsendze arriveer?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/02/2020 - 15:40

Chris, ons reis soos volg :-

  • Maandag 27/4 tot by Karoo NP
  • Dinsdag 28/4 tot by Reyneke Park Bloem
  • Woensdag 29/4 tot Sondag 3/5 Smutshuis, Irene, Pretoria
  • Maandag 4/5  tot in Phalaborwa
  • Dinsdag 5/5 in Tsendze

Ek aanvaar julle ry ook noord op die N1 en alhoewel julle nie sleep nie, wees baie versigtig tussen Pretoria en Pietersburg.  Skurke plaas 'n "flat bar" met vasgesweisde spykers wat regop staan, op die geelstreep.  Die idee is om juis bejaarde mense wat sleep en effens links hou om ander voertuie die geleentheid te gee om verby te kom, se bande te laat bars sodat hulle dan beroof kan word wanneer hulle stilhou.

Ai tog, wat nog ?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/06/2023 - 19:23

Naand vriende

Wie het onlangs in Onder Sabie gekamp?? Ons moet bespreek vir volgende jaar, en ons het nog nooit daar kampeer nie. Sal julle dit aanbeveel.

Ons oorweeg om weer by Tsendze te begin, dan na Satara en dan verder benede na O.Sabie.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 20/06/2023 - 19:39

Onder Sabie,...................................................is vir ons een van die kampe waar ons graag kamp. Daar is heelwat paaie om te ry en ons sien gewoonlik baie wild. Het verlede jaar net in Onder Sabie gekamp.

​​​"Wie het onlangs in Onder Sabie gekamp?? Ons moet bespreek vir volgende jaar, en ons het nog nooit daar kampeer nie. Sal julle dit aanbeveel."

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 20/06/2023 - 20:10

Beslis een van die wildtuin se beste wildareas. En alhoewel ek dink dat die persoon wat die kampeerplek uitgelê het, min weet van kampering (meeste van die staanplekke is taamlik klein en beknop), weet jy beslis waar loop jou staanplek se grense. Ons geniet Onder-Sabie.

Wat jou beoogde reisplan aanbetref sal ek net een aanbeveling maak, nl. slaap een aand oor in Letaba tussen Tsendze en Satara. Andersins moet jy weet gat skoonmaak om 'n aanvaarbare tyd in Satara te arriveer. Sodoende kan jy rustig ry/sleep.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/06/2023 - 07:06

Môre Chris B

Ek sal jou voorstel aan die regerende party voorlê, en dan my veto-reg uitoefen. Ons het nog nooit in Letaba gekampeer nie.

Ons word allergies vir kort stane. Dak optel en bed maak begin sy tol eis op ou lywe.laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/06/2023 - 10:11

.............om jou vraag te beantwoord, ons het verlede jaar (Mei 2022) vir 7 dae by Ondersabie op nr.16 gekamp na 'n afwesigheid van 'n klompie jare.  Ons het dit weer eens baie aangenaam gevind ten spyte daarvan dag die staanplekke redelik knap is.  Ons het die Exclusive in die toegangspaadjie afgehaak en toe met die "mover" 90º gedraai en toe "ingery".  Daarna kon ons ons "rally" heel gemaklik opslaan.  Hier is 'n foto.  Die gras en bos op die hoek is pas na die foto geneem is, netjies afgesny.

.

.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/06/2023 - 13:40

....laat ek dan nou maar jeukpoeier gooi. Dalk moet jy na die kleiner kampe uitwyk, in skoolvakansie. 

Wat van Balule, lekker klein, stil sonder krag en baie son, mits dit skynlaughEk dink mens moet die groot kampe en die naby hekke vermy gedurende skoolvakansies. Ongelukkig is Onder Sabie deesdae baie gewild, en Malelane kampie te naby aan suikermeule en plase.

Ek gaan my kans waag met Onder Sabie volgende jaar. Ek het moerse ysige kouer skouer gekry nounet,  toe ek Kalaghadi en Balule as opsies noem.

As die petrolprys jou pla moet jy maar oorweeg om daai Prado te verruil vir 'n 2.4 Hilux. Sleep 'n Kavango geheel lekker stabieldevil

0
Worcester

Wildehont

Thu, 22/06/2023 - 14:06

Ek het al by Balule kampeer en meer as een keer in ‘n hut geslaap daar. Dis ‘n lieflike kampie, maar dis ver van Shingwedzi (ons gunsteling). Ons kan nie lank genoeg gaan om na meer as twee kampe te gaan nie. Skukuza tydens skoolvakansie is uit, en ek is nie mal oor die verre Suide (Malelane en Berg-en-dal) nie. Dit laat Pretoriuskop en Onder-Sabie. By eg was ons net na Kara se geboorte (ses jaar gelede) maar lg het ek 24 jaar laas gebly en nog nooit daar kampeer nie. Krokodilbrug is ‘n opsie want dis naby aan die N4. Ek is egter nie lus om oorkant die rivier van die suikerriet af te kampeer nie. Ek weet Chris Boucher is mal oor die kampie. Dis egter redelik naby aan Onder-Sabie en dis ‘n uit en terug wildrit kamp omdat dit op die rand van die park is. Ek sal seker op die ou end weer by Shingwedzi en Tsendze bespreek. Ons het maar almal ons gunstelinge. 
 

Wat die onderstaande betref is twee maande se paaiemente op daardie Hilux gelykstaande aan my petrolrekening vir die toer. Dan bly daar nog 70 oor, plus diesel, en ek gaan baie gerief en genot inboet as ek een aanskaf…

As die petrolprys jou pla moet jy maar oorweeg om daai Prado te verruil vir 'n 2.4 Hilux.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus