6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -16 minutes ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Arie se kamp program

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

Nouja, Petra en ek het vandag ons finale reelings tot einde April volgende jaar afgehandel!

Ry die tweede Mei na Richards Baai vir drie maande, reeds klaar betaal tot einde Julie. Vandaar na Salt Rock tot einde Oktober reeds 50% deposito vir die drie maande betaal.

Drie Berge van Nov 2017 tot einde Jan 2018 - nog niks betaal - hulle wil nie korting gee as ek vooruit betaal nie. Dan Mabalingwe Feb 2018 tot einde April 2018, reeds voluit betaal, hulle gee dit vir my teen hierdie jaar se prys as ek alles vooruit betaal.

Daarn moet ons nog besluit, dink op die oomblik aan Zimbabwe vir die winter?

So my volgende jaar is beplan en groteliks reeds betaal, lekker om te staan en niks te betaal nie!

Nou kan ek ontspan weet ten minste ons het 'n slaapplekkie vir die volgende 12 maande.

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 22/04/2017 - 18:11

Op ons ouderdom is dit lekker om gemoedsrus te hê oor sulke dinge.  Dit is vreemd dat Drie Berge nie vooruitbetaling soek nie, mens sou dink hulle  verwelkom dit.   Ons betaal altyd ons 50% deposito dadelik en dan so week of twee voor die tyd die balans.  Net ingeval van onvoorsiene omstandighede en jy dalk 'n "refund" moet kry.smiley

Ek is seker hier is baie mense wat wat sal wil gee om so te kan kamp. Ek beny julle . Gelukkig hou jy ons mos op hoogte van waar jy is .

 

Pretoria

Dylan

Sat, 22/04/2017 - 19:12

Klink na lekker vooruitsigte Arie, julle moet dit geniet

Waar my wa staan

Arie

Sat, 22/04/2017 - 20:55

Om permanent te kamp is seker die beste besluit wat ons nog gemaak het.

Nee sorry, die tweede beste, beste was toe ons besluit het om te trou!

Waar my wa staan

Arie

Mon, 24/04/2017 - 07:19

Leeu nee Clyde is al so twee maande terug weg erens Kaap toe.

Ons is nou al n maand by Manzi Maningi, baie lekker hier.

Was lekker om julle te ontmoet en hoop om julle weer erens raak te kamp!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 24/04/2017 - 15:21

Shit, en ek het nog belowe om te kom draai, sal maar moet wag vir volgende jaar as julle weer hier bo is.

Ek sal ook graag so wil kamp.

Nelspruit

Koos Mol

Wed, 26/04/2017 - 13:05

Arie. sien julle op Richardsbaai. ons klok op 3 Junie daar in.

Centurion

Voortrekker

Wed, 26/04/2017 - 14:25

Arie. sien julle op Richardsbaai. ons klok op 3 Junie daar in.

 Hallo Koos.  Dis lekker om weer van jou te hoor!  Geniet die kamp!

Nelspruit

Koos Mol

Wed, 26/04/2017 - 15:19

Was bietjie van lyn af. Ontvangs hier op Swadini nie altyd van die beste nie, dis frustrerend dan maak ek maar die tablet toe voor ek dalk my eie tablet vernietig.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 26/04/2017 - 16:37

Koos, ons sal seker so by die 3de Mei inboek.

Heelwat van ons pelle is al daar - Apie, Jurie, Nick, Jan, en Roelf is nog in Mosambiek maar sal ook binnekort daar wees.

Sien uit om julle daar te sien, sal ook lekker wees om weer jukskei en adventure gholf te speel!

Secunda

Sleep nou

Thu, 27/07/2017 - 09:32

Lees nou die draad raak julle moet geniet klink lekke

Centurion

Voortrekker

Wed, 01/11/2017 - 17:10

En so stap die tyd aan!

Arie en Petra, ek hoop julle het 'n goeie laaste stukkie pad ingekry vandag en dat julle veilig by Drie Berge aangekom het?

Dit is 'n lekker tyd van die jaar om hier in ons geweste kamp te kom opslaan en bietjie die see sout en vog af te kom was met lekker bosveld reën.

Ek hoop julle slaan 'n lekker kamp op en ons sien julle binnekort daar!

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus