Nouja, Petra en ek het vandag ons finale reelings tot einde April volgende jaar afgehandel!
Ry die tweede Mei na Richards Baai vir drie maande, reeds klaar betaal tot einde Julie. Vandaar na Salt Rock tot einde Oktober reeds 50% deposito vir die drie maande betaal.
Drie Berge van Nov 2017 tot einde Jan 2018 - nog niks betaal - hulle wil nie korting gee as ek vooruit betaal nie. Dan Mabalingwe Feb 2018 tot einde April 2018, reeds voluit betaal, hulle gee dit vir my teen hierdie jaar se prys as ek alles vooruit betaal.
Daarn moet ons nog besluit, dink op die oomblik aan Zimbabwe vir die winter?
So my volgende jaar is beplan en groteliks reeds betaal, lekker om te staan en niks te betaal nie!
Nou kan ek ontspan weet ten minste ons het 'n slaapplekkie vir die volgende 12 maande.
Ja Arie, jy moet darem aan…
Ja Arie, jy moet darem aan Petra dink as jy by Wimpy sit en daai Farmhouse in weg lê.
Bly jy gaan darem vir haar 'n doggy bag vat, al is dit nou 'n toebroodjie.
Jy moet nou goed rus, dit is harde werk om 'n karavaan van Drie Berge tot by Mabalingwe te sleep, en Petra wil veilig daar aan kom, of gaan sy die sleep werk ook doen?
Johann, nee ek waag nie my…
Johann, nee ek waag nie my lewe in 'n kar wat deur 'n vrou bestuur word nie, veral nie as dit ou gryskoppe is nie, hulle is mos al seniel??
Huh ? Gaan oom Arie sy eie…
Huh ? Gaan oom Arie sy eie kamp program op TV he ?
Goeie idee
Ou gesie daai idee van jou van Arie en sy eie kamp program sal kykers gaande he daar sal almal sien wat is kamp hoekom ons kamp en Arie sal verduidelik wat is spaanbou met op en af slaan van kamp kos maak ens ![]()
Horie! Julle tweetjies moet…
Horie! Julle tweetjies moet 'n lekker laaste aandjie by DrieBerge hé . Ek hoop die oppak het glad afgeloop en dat alles reg is vir vinnige haak en sleep môre ![]()
Sterkte met die "tuis maak" daar by Mabalingwe en ons sien julle binnekort daar vir lekker kuier ![]()
Ek het ook gewonder of Arie…
Ek het ook gewonder of Arie hulle vandag trek of eers more.
Julle moet lekker trek. Teen die naweek is die hardste werk agter die rug en kan julle lekker ontspan by Mabalingwe.
Mooi en veilig ry.
Ja ons is klaar weer…
Ja ons is klaar weer ingeburger hier.
Petra het ons ou kampie sommer tjop, tjop ingerig, tente opgesit uitgepak terwyl ek rondgestap het en ou vriende gaan groet het.
Lekker om weer hier te wees, die bestuur het ons dadelik herken en selfs onthou dat ons drie jaar laas hier was! Nog nie vir Vera, die eienaar se vrou, weere gesien nie maar sal haar seker eersdag weer sien.
Ons bly baie besig met kuier en eet, sal binnekort as dit rustiger is meer vertel.
Cheers vir eers.
.
.........."So my volgende jaar is beplan en groteliks reeds betaal. Nou kan ek ontspan weet ten minste ons het 'n slaapplekkie vir die volgende 12 maande. "...........
Ek moet sê Arie, dis nogal gerusstellend. Ek kan gelukkig dieselfde sê, met die uitsondering daarvan my slaapplekkie hier by my huis is nie net beperk tot die volgende 12 maande nie !
Aan : Een Ou Omie
Van : 'n Ander Ou Omie
Arie.
Arie, bly julle is veilig daar en dat Petra vinnig die kamp opset reg gekry het, sy kon darem gelukkig rus terwyl jy al die pad moes veilig bestuur, harde werk wat jy op jouself geneem het.?
Johann, nee ek waag nie my lewe in 'n kar wat deur 'n vrou bestuur word nie, veral nie as dit ou gryskoppe is nie, hulle is mos al seniel??
Gaan groot Arie julle
Arie en Petra geniet dit daar die lewe is n lied en kamp is koning
Nou ja vandag lyk of dit so…
Nou ja vandag lyk of dit so bietjie rustiger sal verloop.
Toe ons hier ariveer, na 'n laaaang sleep al die pad van Brits af [ons het oorweeg om oor te slaap maar besluit ons gaan deurdruk en die 130 km in een trip maak.] kry ons weer 'n hele klomp ou vriende hier.
Peter en Charmaine ons Ingelse pals wat ons twee jaar laas gesien het, langs hulle kamp Rob en Wendy ook rou Ingelse kan nie 'n woord Afrikaans praat nie, behalwe Rob kan darem Ja - Nee se!
George en Annetjie laas jaar op Richards Bay gesien, en dan het Johan en Irma ons agtervolg van Drie berge af.
Hier is dan ook nog drie ander couples - kennise wat ons twee van laas by Salt rock gesien het en een 4 jaar laas.
Dis die lekker van lank of permanent kamp, mens het hope goeie vriende en baie kenisse. Charmaine het al die oggend met ons vertrek van Drie Berge ge watsup dat ons by hulle moet eet die aand. Ons het tent opgesit oorgestap en 'n lekker aand met Charmaine en wendy hulle deurgebring puik kos en lekker geselsskap.
So tussen die kuier deur darem ons kamp klaar ingerig gekry, en toe verjaar ek - ai man van vroeg af gekuier, bederf, lekker geskenke en eet goet gekry.
Woensdag kry ek toe 'n after party, om te herstel van dinsdag se gefuif, George bring 'n lekker sak biltong vir my en vat toe vir my en Petra na die Kalahari Oasis, daar voer die spul my toe 'n liter RR - kyk ek was lanklaas so lekker lighoofdig. die barman daar sit toe lekker 6p0ts en 70ts musiek op en kuier ons vier toe 'n hond uit 'n bos.
Volgende week gaan ons so vir 10 dae Pta toe, dogter en skoonseun gaan bietjie Malaisia toe en Petra en ek moet die kinders - twee dogters, 16 en 13 en 'n seun 9 gaan oppas, aanry skole toe, verskilende sport aktiwieteite en al sulke goed, kan net sien Petra gaan weer vrek hard werk.
Nou moet ek eers loop ons klomp pelle drink glo vamore saam koffie by Rob hulle.
Arie, dit klink tog te…
Arie, dit klink tog te lekker, geniet dit en sien julle een-van die dae, groete daar.
dit klink tog te lekker…
dit klink tog te lekker
ek stem, sien uit om een van die dae gesigte by al die name te sit. Johan en Irma? Ons het hulle mos by 3 Berge ontmoet?
Yes jy is reg, Johan en Irma…
Yes jy is reg, Johan en Irma was daar by drie berge met die kampwa, hulle het my agtervolg hiernatoe!!
Rob en Wendy skuif einde van die maand, maar George hulle en Charmaine hulle skuif 26 April eers.
Ek sal jou voorstel aan die gang, maar nie een van hulle is mense wat sal skryf op die forum nie, hulle lees wel gereeld hier.
Interesant, Pieter en Martie, eienaar van Drie Berge, het ons kom groet net voor ons weg is daar, hulle vertel my toe dat hulle my [en andere] ook volg op die forum - nooit gedink hulle sal hier lees nie?
So staan julle tydjie by…
So staan julle tydjie by Mabalinbwe ook nou nader na 'n einde toe en is julle seker opgewonde om binnekort verder noord te trek?
Ja ons vertrek die oggend…
Ja ons vertrek die oggend van die 2de Mei hier na Moreson toe.
Arie, mag die haak en sleep…
Arie, mag die haak en sleep vandag mooi loop ![]()
Ek hoop julle slaan lekker kamp op by Môreson en mag julle 'n rutige oornag hé oppad soontoe.
Arie, julle moet die laaste…
Arie, julle moet die laaste dag, so tussen die gewerk deur, geniet by Mabalingwe.
Veilig sleep more en geniet die rit ook noorde toe.
Julle sal nie glo hoe moeg…
Julle sal nie glo hoe moeg raak 'n man om te sit en kyk hoe sy vrou die kamp afslaan nie?
Ek was gister pootuit, vandag net so klein bietjie en more ry ons Moreson toe.
Die groot werk is om alles skoon te maak voor ons inpak.





Arie, sê vir Petra, ek sê,…
Arie, sê vir Petra, ek sê, sy moet lekker werk. En terwyl sy so besig is, moet sy sommer die ou nikswerd wat daar rondlê, 'n skop onder sy jack gee!! En los hom sommer net daar in die berge by die krokodille.