6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -16 minutes ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Arie se kamp program

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

Nouja, Petra en ek het vandag ons finale reelings tot einde April volgende jaar afgehandel!

Ry die tweede Mei na Richards Baai vir drie maande, reeds klaar betaal tot einde Julie. Vandaar na Salt Rock tot einde Oktober reeds 50% deposito vir die drie maande betaal.

Drie Berge van Nov 2017 tot einde Jan 2018 - nog niks betaal - hulle wil nie korting gee as ek vooruit betaal nie. Dan Mabalingwe Feb 2018 tot einde April 2018, reeds voluit betaal, hulle gee dit vir my teen hierdie jaar se prys as ek alles vooruit betaal.

Daarn moet ons nog besluit, dink op die oomblik aan Zimbabwe vir die winter?

So my volgende jaar is beplan en groteliks reeds betaal, lekker om te staan en niks te betaal nie!

Nou kan ek ontspan weet ten minste ons het 'n slaapplekkie vir die volgende 12 maande.

Waar my wa staan

Arie

Mon, 14/05/2018 - 17:00

Willem hou my op hoogte, sal lekker wees om julle te sien, maar ja die petrol speel 'n groot rol deesdae, ek begin dit ook aan my sak voel!

Leeu, ons is baie geluklig, in al ons baie jare van kamp het ape ons nog nooit gepla nie, selfs nie eers die twee been spesie nie?

Dasie, die see is mooi, die kaap vertel die mense my is ook mooi??? [ja daar is paar plekkies wat mooi is, maar die weer??!!] maar niks kan die bosveld troef nie, het maar net 'n bekoring van sy eie!

Mal daar oor om op 'n bultjie die Pajero te stop, en kyk hoe wyd le die wereld, bome berge, en dan natuurlik die diere, hier kry mens weer bietjie rus vir jou siel!

Waar my wa staan

Arie

Mon, 14/05/2018 - 17:03

Leeu, sorry, ja jy is reg, vroeer jare was die plek se naam klein Tsippise, behoort nou aan 'n klompie aandeelhouers, meestal Zimbabwiers, die ligte soort, en dit is nou 'n privaat jag plaas.

Dit is dan hoekom hulle nie adverteer nie, hulle wil nie die plek laat oorloop nie, en hul wil veral net die 'regte" soort mense hier kry.

Pretoria

leeu

Tue, 15/05/2018 - 14:31

Hi Arie, goeie middag. Julle kan bly wees julle kamp nou daar, dis al kouer hier, mens voel dit in die oggend en aande. Hoor Natasha sê dit sneeu weer in Lesotho.

Het jy al daai paadjies gery wat inloop na die plase langs die grensdraad? dis mooi daar teen die Limpopo rivier, daar is ook 'n ou weermag kamp wat verlate is, baie naby aan Messina of dis mos nou Mussina.

Groete daar

Nico

Waar my wa staan

Arie

Tue, 15/05/2018 - 15:29

Leeu, ja ons ken die wereld goed, was ook al by die ou Army kamp, ons het in die verlede nogals gereeld hier kom rondry en kamp, maar dit is ons eerste keer by Moreson, kon nooit voorheen hier inkom nie.

Het ook al na die GROOT kremetart gaan kyk en dan natuurlik deur die kremetart woud gery, amper soos die Welwitchia woud in Namibia, so elke kilo is daar een kremetart!

Dit is baie mooi maar harde wereld die, die Limpopo is weer so laag mens kan sommer oorstap na Zim toe.

Hier is heelwat Rhodesiers wat huise hier het, kom maar vir vakansies oor en as hulle kom shop, dit is deur een van hulle wat ek kon hier inkom, mens moet mos aanbeveel word om hier te mag kamp.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 16/05/2018 - 16:25

Vandag bietjie uitgery Mlala Drif toe, met so lekker laang ompad om gery en Musina toe van die Ooste kant af ingekom.

Nouja Mlala Drif is nou nie regtig iets om oor huis toe te skryf nie, dit darem geweet was al ander jare daar. Dit bly egter mooi om so deur die bos te ry, sowat 100km grondpad, van redelik tot swak tot uiters swak, maar lekker. So omtrent 40 km lang die Zim grens [Limpopo rivier] gery tot in Musina.

Bly darem pragtig as mens so oor 'n berg pas kom en die bosveld le wyd uitgestrek voor mens, koppe, heuwels en berge, jy kan seker so 20 km in Zim inkyk.

Nee mooi bly darem maar mooi!!

Ons wil later die week bietjie Msissi toe ry, dit is so 60 km op die Pafuri pad uit, en dan draai jy Suid op 'n grondpad Msissi toe. Vir die wat die area redelik ken jy draai af so 11 km verby Poplin Ranch, 'n baie lekker kuier plek met die beste kos!

Msissi is maar 'n swart stat, of nedersetting, maar ons ry eintlik maar net vir die mooi.

More eers weer 'n slag vir Petra bederf, sal haar bietjie Sitrus spens toe neem, kyk of ek dalk 'n paar jaar lemoene en 'n geel waatlemoen kan koop.

Daar eet mens natuurlik ook uit die boonste rakke, egte boerekos, en ook goed soos wilds burger, van die lekerste pap en kaings met 'n groot stuk wildswors, en hul koek is pure smaak genot.

Goed soos Marula sjokolade koek, wortel en piesang koek en hul koeksisters!! Die regte egte koeksister met gemmer in en dan ook met die drie snye deeg behoorlik gevleg, nie soos die moderne lui manier wat hul net twee snye so om mekaar draai.

Hulle vars uitgedrukte vrugte sappe, R15 vir 500ml is ook van die beste, en dan natuurlik omtren enige soort tuisgemaakte konfyt, tot piesang konfyt.

Ai hoe water my mond nou, en al wat ons vanaand eet is snoek op die kole gaar gemaak?

Centurion

Voortrekker

Sun, 05/08/2018 - 17:18

Arie!   Ek hoop julle is oraait?   Laat weet tog asb. 

Whatsapp van Arie 15:45  "Ons kamp amper opgeslaan, toe kom se hulle ons moet kamp ontruim groot veldbrand oppad.  Brandweer en buurtwag met bakkies en watertenks hier verbygejaag!"

Vaalpark

Johann L

Sun, 05/08/2018 - 18:35

Dankie vir die laat weet Anton, ja dit is brand seisoen hier in die binneland 😈, ons moet versigtig wees.

Arie, ons is dankbaar julle is okay👍

Waar my wa staan

Arie

Mon, 06/08/2018 - 14:24

Anton, dankie en ook vir al die ander.

Ja ons is orraait, ek het lekker onder die boom gesit terwyl Petra kamp opsit, toe hulle ons laat weet, vat net jou handsak en ry! almal kom by die vulstasie bymekaar en wag maar daar.

Nou toe begin die probleme - "Vat net jou handsak en ry" ek het mos g'n 'n handsak nie?? vat toe maar my beursie. 

Probeer toe vir Petra oortuig om maar aan te gaan met die opslanery, lyk darem nie of die vuur by ons sal kom nie, maar sy was maar weer soos altyd hardkoppig, wou opsluit saam met my ry.

Ek besluit toe om maar nie vulstasie toe te gaan nie, en liwer by vriende in San Cha Len iets kouds gaan drink. Daar kry ek toe WApp, alles veilig ons kan maar terug kom, oppad terug toe bel Anton my, net om seker te maak ons is orraait! Dankie Anton.

Kampie staan - so kan ons nou lekker ontspan vir so drie maande, dan moet Petra maar weer inval.

Pretoria

Slowstrike

Tue, 07/08/2018 - 08:16

Ja nee kyk water en wind rig skade aan maar vuur dit saai verwoesting. Bly julle is ok. Kyk maar na die brande nou weer in amerika 1600 stukture verwoes waarvan 1000 huise was.

En dan die diere wat omkom talle kan nie wegkom nie as gevol van heinings wat hulle beweging beperk

Groetnis

Waar my wa staan

Arie

Tue, 14/08/2018 - 11:52

Hier is ek weer, vir een of ander rede bly ons vreeslik besig.

Skaars die kamp klaar mooi ingerig toe daag my skoonseun en dogter met hul drie kinders hier op.

Agter my rug met die bestuur hier gekonkel om hul kamp sommer so op my staanplek op te slaan.

Nou ja hulle het net mooi hul tent opgeslaan die Donderdag, toe ry ons bietjie in Bela toe om iets te nuttig by die Waffle House, lekker verby. Terug by die kamp vuurtjie aangesteek en so lekker bees fillet met murg gestop oor die koletjies skrik gemaak. Lekker gekuier en gesels om die bosveld TV, en so by 11nm gaan inkruip.

So 1 vm word ek wakker van 'n helse geskud van die Pentatjie, ek dog eers ek het sommer in my slaap tent opgeslaan en begin werk, toe onthou ek nee ek is nie so jonk meer nie, moet iets anders wees. Mense waai hier toe 'n wind, die wa ruk en rol die tent klap hande, Petra sien al hoe is ons nuwe tent daarmee heen. Staan toe maar op en gaan kyk buite, kinders se "Dome" staan sommer so plat teen die grond, orals sien jy mense rondhardloop en hang aan tent seile, ek dink toe sommer dadelik aan Kaptein Span die Seile, lyk kompleet soos 'n klomp matrose wat teen die rigging uit klouter. Steek toe maar my pyp aan en bekyk die spulletjie, mensig maar dit is stof net waar jy wil of nie wil kyk nie, die nie wil kyk is nou so paar van die ouer dames wat in hul nag jurkies die ou man wil help beur teen die wind, nou die wind het mos so manier van onner 'n vrou se rok inkruip? Nie so mooi gesig daai tyd vannie nag so deur die stofwolke saam. Stap so om my tent en sien nee wat Jurgens het darem 'n goeie joppie met die tent gedoen, geen storm toue, nette of enige iets nie, maar my tent staan, lyk wel soms soos 'n blaasbalk, swel so op en blaas weer af, en die seile klap soos sweep slae.

By 4 vm bedaar die ou windjie toe en slaap ons lekker. Daai Saterdag aand het ons toe so lekker saambraai, met 'n Country en Western tema, so Saterdag oggend moes ons inry om Cowboy hoede te koop vir 7 mense, dis nou ek en my se kinnnertjies, rooi lap vir die serpe en so.

Gebraai en gedans en gejol tot ons tonge op die grond sleep, my twee tiener kleindogters het sommer bietjie meer respek vir oupa en ouma gekry.

Jongste kleindogter het Sondag verjaar [13] en toe daag my seun en skoondogter ook hier op, vat toe almal uit vir 'n lekker uiteet

Ons kamp baie lekker hier, MAAR dit is nie 'n vakansie oord nie, hulle cater beslis vir pensioenarise en hier is nie veel om te doen vir vakansie gangers nie. hou ons ou klomp darem goed op ons tone -besig met alleranne goed.

Sal later meer vertel en dalk fotos oor die terein.

Vaalpark

Johann L

Tue, 14/08/2018 - 14:06

Dankie Arie, ek kon duidelik sien hoe skarel al wat leef en beef om daai tente se eienaars te bly.

Stormwind en vloedwaters is ons kampeerders se nag merrie, water die grootste.?

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 14/08/2018 - 16:16

Ai, Arie ek het nou weer lekker gesmile vir jou!   Nee kyk, hoe kan die wind so naar met jou wees, dat jy toe tot jou teleurstelling moet agterkom jy is nie besig om tent op te slaan nie.

Ons het ook al sulke middernagtelike winde beleef.   Ek ignoreer dit eers en los Colin dat hy alleen opstaan.   Maar daai praat wat hy praat terwyl hy orde  handhaaf, weet ek, is eintlik vir my ore bedoel.   Ek moet ook gaan hang aan 'n paal!   Dit lyk erg as mense se los goed, vuilegoeddromme en sulke goed die wêreld begin vol waai.    Ek onthou, die laaste keer wat dit met ons gebeur het, het ek my vrek gelag!

Ek is bly julle het darem 'n lekker country & western jol saam met die kinders gehad.

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 14/08/2018 - 16:58

Voories, ek is die laaste ding in die wêreld wat hy daai tyd na kyk!   Ek is so kort, ek moet meeste van die tyd op my tone staan om by te kom waar ek moet vashou.  Dit het al gebeur dat ek saam met die paal van die grond af padgee.   

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus