Ons het heerlik gekamp hier, die oord is besonders netjies, met grasperke oral behalwe op die staanplekke wat geplavei is.
Die toegangs pad vanaf die R500 is vir so twee kilometer grond, (heel rybaar met enige voertuig) by die oord se "plaas hek", so kilo voor die oord) begin 'n mooi geplaveide pad.
Net voor die pad 'n T maak, met links na Eastco, en regs na Weltevrede, is een helse spoed wal waarvoor mens maar moet uit kyk.
My enigste negatiewe, is dat die staanplekke hoofsaaklik in twee reguit rye onder afdakke staan, met 'n baie bree strook plaveisel. Daar is wel paar staanplekke "eenkant".
Twee ablusies wat baie goed geleë is, is voldoende vir 'n nie te vol oord. Hengel plek is baie netjies, maar ek hengel nie.
Tydens ons verblyf was dit 'n geval van elkeen maak agter hulself skoon na jy in die ablusie was. Samewerking van ons drie karavane wat die een ablusie gebruik het was puik.
As gevolg van winter en natuurlik die Covid virus, was ons net ses kampeerders, en was die kaffeetjie maar swak gestock.
Die eienaars is baie hulpvaardig, vriendelik en het selfs na ons vertrek, vir my 'n e-pos gestuur om dankie vir die ondersteuning te sê. Dit is puik diens.
Daar is ook 'n bos kamp vir die wat dit verkies.
Ons het op no 1 gestaan, hierdie foto is in 'n westelike rigting rigting geneem.Hier kan mens die plaveisel sien, BAIE breed.Die kombuis opset.Jy het 'n keuse van drie braaiers, gebou of twee verskillende grootes draagbare braaiers.
Weltevrede, is tevrede.
Ons het heerlik gekamp hier, die oord is besonders netjies, met grasperke oral behalwe op die staanplekke wat geplavei is.
Die toegangs pad vanaf die R500 is vir so twee kilometer grond, (heel rybaar met enige voertuig) by die oord se "plaas hek", so kilo voor die oord) begin 'n mooi geplaveide pad.
Net voor die pad 'n T maak, met links na Eastco, en regs na Weltevrede, is een helse spoed wal waarvoor mens maar moet uit kyk.
My enigste negatiewe, is dat die staanplekke hoofsaaklik in twee reguit rye onder afdakke staan, met 'n baie bree strook plaveisel. Daar is wel paar staanplekke "eenkant".
Twee ablusies wat baie goed geleë is, is voldoende vir 'n nie te vol oord. Hengel plek is baie netjies, maar ek hengel nie.
Tydens ons verblyf was dit 'n geval van elkeen maak agter hulself skoon na jy in die ablusie was. Samewerking van ons drie karavane wat die een ablusie gebruik het was puik.
As gevolg van winter en natuurlik die Covid virus, was ons net ses kampeerders, en was die kaffeetjie maar swak gestock.
Die eienaars is baie hulpvaardig, vriendelik en het selfs na ons vertrek, vir my 'n e-pos gestuur om dankie vir die ondersteuning te sê. Dit is puik diens.
Daar is ook 'n bos kamp vir die wat dit verkies.
Ons sal were hier kom kamp opslaan.