6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -5 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -42 minutes ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago

Scorpio SUV S11 4X4 (my 2de Mahindra)

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

s

My tweede Mahindra. cool   

Ek het hom laat vanmiddag gaan haal en toe 'n lekker draai gaan ry, kon amper nie terug by die huis kom nie want hy wil net toer! smiley

Môreoggend gaan ek bietjie kyk hoe om hom te laai en dan die pad vat Zaagkuilsdrift toe vir 'n lekker eerste kamp in die bos met ons nuwe kamp voertuig.

Hierdie is die 2020 model met al die nuutste S11  kenmerke sowel as die dieselfde krag en 6spoed ratkas as die nuwe Karoo bakkies.

Ons het lekker getoer die laaste 10 jaar met die LWB Caddy Tdi , maar sy 200k's op die klok was genoeg vir my en hoop ek ons gaan dieselfde en meer genot en toere uit die nuwe Mahindra kry.

m

K

 

Môre Anton

Daai hak oortreksel is so skerp, mens kan jou skeen oopstamp daarteenlaugh

Groete

Wessel

Centurion

Voortrekker

Tue, 29/09/2020 - 12:30

Ek was gisteroggend by Frontrunner en ons het toe 'n roof rack vir die Scorpio gebou.  

1.55 x 1.45 m

 

Middag Voortrekker

braai ook op daai dakrooster??

Grappies op 'n stokkie, vir wat se vakansies/toere maak jy gereed? Lyk my die growwe paaie gogga het jou behoorlik gebyt.

Ek lei af dat jy agtergekom het dat die gebrek aan pakplek vinnig 'n probleem word. Moenie bekommer---gee vir jouself 'n boswaentjie vir krismis, of dalk 'n daktent bo op jou 4x4, vir die klonge. Dink aan die lang Desember vakansie by TO strand

Centurion

Voortrekker

Tue, 29/09/2020 - 16:17

Hier is hoe ek dit sien.   My 2 laaities is nog so vars die slym sit nog in hulle neusgate.  Hulle moet nou leer om kamp op te slaan en kan ten miste begin verandwoordelikheid  neem vir hulle eie tentjie.  Ek gaan hulle nou leer om hulle eie kamp op te slaan en leer hoe om meer eenvoudig te kamp.  

As ek kamp wil ek maksimum van die spasie wat die natuur aanbied benud en so min as moontlik spaie saamneem.

Ek gaan maar soos Warren maak.  As die Mahindra vassit dan kan ons darem fietsry 

Geen vertroue inni curry-bakkie....

least I've got an excuse, Mine's a Landy.....

Seriously, I've had an eye for the M for a while now.... with their pedigree rooted in Jeep they seem to be a very capable vehicle......

Nice Voortrekker.... Hoeveel osse-krag het hy?

 

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 28/11/2020 - 18:25

Wat doen mens so saam, gesels in Mandarin.  Trek fortune cookies, drink ryswyn en braai hoenderpote devil  Mag neef vra hoe lyk die average  Mahindra pilot, Is hulle bietjie dunner as die Cruiser bendelede bespierd.angel

Secunda

Sleep nou

Mon, 30/11/2020 - 07:42

Ek sien hier in petrol dorp die SUV wat Anton het gewild asook die Karoo bakkie van hulle nee Mahindra het hier n wenner beet

Middag Voortrekker

As ek so na die fotos kyk, wonder ek wat se gekuier dit was. Die voertuie lyk almal so skoon, dus kon dit nie 'n 4x4 roete ingesluit het nie.

Was die 4x4 roete dalk gelapte teerpad, dis volop om die Hartbeespoortdam?laugh

Groete

Centurion

Voortrekker

Sat, 09/01/2021 - 09:00

Neef Herman het gevra hoeveel km's ons Kaap toer op die Scorpio gesit het.  Dit het my sommer ook gou laat uitwerk wat die brandstof verbruik ens was.

Wel die hele toer, Pta,Gariep,George,Langebaan,Somerset Wes, Paternoster, Elandsbaai, Hondeklipbaai, Port Nolloth, Augrabies en terug was 4750km.

Ek gebruik 4337km waar ek 370L diesel verbrand het om by 'n gemiddelde brandstofverbruik van 11.7 km /L uit te kom.  Dit is teen gemiddeld 110/120 km /hr.  Roofrack half gelaai en voertuig redelik vol met ons en al die pakasie.

Koste ongeveer R1.15 / km

Die voertuig het met terugkoms op 10545km vir eerste diens gegaan.

Middag Anton

Ek is effe verbaas, ek het gedink dat jou Scorpio 'n beter verbruik sou bied. Jy het dan nie eers iets gesleep nie.

Is dit die effek van hoog[?] gelaai op dakrak, wonder ek. Daar is die bydra van die aircon natuurlik.

Grappies op stokkie, julle is veilig uit en tuis, sonder om langs pad te gestaan het.

Centurion

Voortrekker

Tue, 02/02/2021 - 20:20

Ek het vanoggend vroeg deurgery Nortmandien toe vir 'n vergadering.  Ek het al Normandien Pas gery maar nog nie Mullers Pas probeer nie, veral nie nadat hulle 175 mm reën gekery het die vorige paar dae nie (-:

DIe Scorpio het homself baie mooi gedra en my die 50km anderkant uitgewbring

video
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus