Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -7 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago

Water stoor en hoeveelheid

Secunda
Submitted by Sleep nou on
As ek reg is kan twee persone met so 5liter water n dag oor die weg kom vir drink en kos maak dus as ek 60 liter saam ry kan ek vir 12 dae regkom en hoeveel water dra n mens saam vir so tydperk van 12 dae om te was en daar is nerens n water punt vir volmaak nie wat sal julle se sal genoeg wees my argument is water is exsta gewig so beplanning is belangrik as jy daar innie boendoes is met geen water tot jou beskiking nie behalwe die wat jy saam jou vervoer gee asb jou seining sal waardeur word
Secunda

Sleep nou

Wed, 30/03/2022 - 10:33

Ek het toe maandag wat verby is my Iron man stort systeem wat werk met 12v gekry sy battery herlaai jy soos benodig hy werk mooi saam iron man se 10 liter opvou  emmer wat plat vou soos n bord gaan saterdag alles toets wag nou vir my water genie filter systeem dan is water issue gesort die pioneer 50 liter wat ek by Bushtech ingesit het werk soos n bom ons toets saterdag om te sien of ek en Berdien met 5 tot 10 liter water gaan reg koom per was

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 30/03/2022 - 14:54

stort

ek het my broek uitgetrek maar gaan liewers nie die foto hier plaas nie....

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 30/03/2022 - 18:20

Netjiese foto, mooi agtergrond en die saligheid van vryheid in die natuur. As ek die skaduwees kyk, was dit nie laatmiddag nie, vroeg vir gaan slaap, of was dit om die soutwater af te was.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 30/03/2022 - 18:47

Laat middag lyf was vir al 4 van ons voordat ons die volgende oggend vertrek het terug na die samelewing toe -  Ons moes darem so 'n bietjie skoon wees oppad na die volgende bestemming toe.  smiley

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 30/03/2022 - 21:50

Anton, jy kamp net soos wat ons gedoen het op jou dieselfde tyd met die familie. Dit was die beste ervaringe, en tot vandag van die beste memories. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 01/04/2022 - 06:12

Ek kon Januarie gemaklik met 4L stort en hare was.

Net 129ml ‘n dag, of het jy net een keer in Januarie gestort?

winklaugh

0
Worcester

Wildehont

Fri, 01/04/2022 - 08:48

Anton, jy kamp net soos wat ons gedoen het op jou dieselfde tyd met die familie.

Ek en Salomien het ook so kampeer voor ons kinders gehad het. Ons het sommer agter in my Colt Trailbuster se kappie geslaap, en ook met so sak stort gestort wat ek aan ‘n stok van die dakrak af gehang het. Desember 2008 was ons Sentraal-Kalahari toe waar ons in vier dae drie ander voertuie gesien het. Daarna alleen by Kubu eiland op die Makgadikgadi panne. Toe deur Maun, Moremi en Savuti. Van daar af het ons al langs die Savuti kanaal (wat toe droog was) gery tot in Linyanti. Daar het ons gekuier in die konsessie waar ek staptoere gedoen het by mense wat voorheen saam met my daar gewerk het. Tydens ons besoek kon ons twee alleen gaan stap want ek het nog my Botswana gidslisensie gehad en kon ‘n 458 leen. Van daar af is ons Kasane toe, en het Chobe en Victoria waterval ook besoek. 
 

Ai, hoe verlang ek nou! Ek sal graag my gesin op so toer wil vat, maar dit het vrek duur geraak om in Botswana te kampeer, en ek weet nie of ek kans sien om die Kavango deur daardie sand te sleep nie. As ek ‘n Prado gehad dalk, maar dan sou ek ‘n tweede verband moes uitneem vir die kampering én die petrol. 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 04/04/2022 - 10:37

Het die naweek op by peetkind se troue gou die 5 liter water was teorie gedoen en ek en Berdien kon was maar ja mooi werk met 5 l 

0

Die strerretjie dien nou dieselfde doel as die snaakse lettertjies in vloekwoorde  smiley

Agter-wereld of agtergrond.... Wil net seker maak  devil

0

Ja dis natmaak toe maak smeer maak oop spoel af jy moet regtig weermag styl was maar met water genie sal ek hopelik die probleem aanspreek sodra ek hom het en uit toets en waar daar mokkel water is sal 5 l max moet doen

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus