133453 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -8 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -9 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -13 hours ago
Geert... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -14 hours ago

Dwarswegstrandoord resensie en inligting

Worcester
Submitted by Wildehont on Wed, 02/12/2020 - 09:15
Forums

Ons was van 20 tot 25 November by Dwarswegstrandoord naby Groot Brakrivier. Die oord het net 34 staanplekke, en is deel van ‘n woon- en selfsorg oord by Botha strand. Ons het dit baie geniet, en ek het gister my aansoek vir verblyf in Desember 2021 ingedien. Uiteraard beveel ek die oord aan, en deel hier ‘n paar foto’s en inligting vir belangstellendes. 
 

Toegang van die pad af word by ‘n slagboom beheer. Sekuriteit blyk goed te wees, al is die oord oop na die strand toe. Geen deurgang word toegelaat nie.

A

Toegang tot die strand is met ‘n netjiese stel trappe. Aan die onderkant los mense sommer hulle sandale en gaan stap dan lang ente.

A

A

Daar is ook kameras teen pale waar voetgangers toegang kan kry tot die oord. Ons het met ‘n paartjie gesels wat al ‘n hele paar keer daar was, en hulle het wel ‘n paar jaar gelede ‘n insident gehad. Die oom het die karavaan se deur ongesluit gelos toe hy gaan water afslaan in die nag, en die tannie het dit hoor klap later. Dit was toe ‘n groepie mans wat al met die strand langs geloop het en items wou steel by die oord. Sy het alarm gemaak en die mans is gevang. Ek het ook met ‘n oom gesels wat al 30 jaar lank daarheen gaan, en hy het net lof gehad vir die oord en nooit enige probleme gehad nie.

Die ablusiegeriewe is skoon en netjies. Toegang tot die geriewe is met deurslotte met ‘n kode, en kan dus net deur kampeerders gebruik word. Daar is ook geriewe vir klere was en ‘n lang wasgoedlyn.

A

A

A

A
Hier is ‘n kaart van die oord vir verwysing.

A

Staanplekke 1, 2, 11, 12, 13 en 14 het die beste skaduwee, maar is die verste van die see (wat nie vreeslik ver is nie). Hulle sal ook die meeste motor verkeer verby hulle kry, maar met net 34 staanplekke gaan dit nie ondraaglik wees nie.

A

A

21, 22 en 30 is na my mening die beste seefront staanplekke.

A

31, 32 en 33 is redelik beskut van die wind, en veral 32 en 33 meer privaat. 33 is egter ‘n bietjie kleiner as die ander.

A

23, 24, 25, 26 en 34 betaal jy vir seefront, maar daar is ‘n staanplek tussen jou en die see.

A

By 34 is daar twee tussen jou en die see, en jy is reg langs die ablusieblok. Ek sou nie daar wou staan nie. 6 en 7 is ook beskut van die wind, maar reg langs die ablusieblok aan die kant waar die deure is.   

Ons het by 27 gestaan. Dis ook ‘n lekker staanplek, maar is by die trappe af strand toe, en redelik naby aan die naaste selfsorg eenheid. As daar rumoerige mense in is kan hulle jou steur. Tydens ons besoek was almal voor 22:00 al stil en meestal aan die slaap sover ek kon sien. 

A

A

A
Elke staanplek het ‘n gedeelde kraan en eie kragpunt en braaiplek. Meeste staanplekke het ligte by die braaiplek ook. 26, 27 en 34 het egter nie ‘n lig nie. Daar is ‘n klimraam, maar dis nie mooi heel nie. Van die bome is lekker vir klim vir die kinders, hulle kan lekker fiets ry in die oord – ook die deel waar die huise en selfsorg eenhede is. Daar is twee lang strate wat nogal lekker is om in te stap ook.

A

Uiteraard is die strand en die see net ‘n paar trappe ver. As jy op die seefront is sal jy jou kinders van jou staanplek af kan dophou wanneer hulle op die strand is. Die strand was mooi skoon. Dis redelik steil, so ek dink nie dis die veiligste swemstrand nie. Buite seisoen was daar ook nie lewensredders nie. Jy kan tot by Glentana stap aan die Oostekant en tot by Groot Brakrivier aan die Weste. Die sand is egter sag, en selfs die nat sand stap nie so maklik nie.

A

A

Daar is ‘n lieflike SPAR by Groot Brakrivier, en George en Mosselbaai is onderskeidelik 25 en 35 km ver.

Ter afsluiting; wat van die wind? Ek was ook maar op my senuwees, so het die uitsig opge-offer en rug na die see opgeslaan. Die wind het een dag nogal sterk gewaai, en ek het die voorspelling dop gehou vooraf. Ek het toe net ‘n stormband opgesit, nie my stormnet nie. Van die lang staners het gesig na die see sonder stormnette gestaan. 

Ons het geen skade van die wind of vreeslike ruk- en pluk ervaar nie en toe ‘n mooi uitsig uit die wa gehad met ons rug na die see. 
 

A

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 02/12/2020 - 11:13

Ek het nog nie daar gekamp nie, maar in Augustus in een van hulle seefront-woonstelle gebly. Ek was ook werklik beïndruk met Dwarswegstrand. Dankie vir 'n baie volledige verslag.

Worcester

Wildehont

Wed, 02/12/2020 - 11:22

21, 22 en 30 is na my mening die beste seefront staanplekke.

Gernari van Dwarswegstrandoord het my sopas gebel en gesê my aansoek vir verblyf volgende Desember het 2de ingekom gister. Hulle werk nie op voorkeurbasis soos meeste ander oorde nie. Dis first come first served na aansoeke oopmaak om 08:00 op 1 Desember.
Ongelukkig het die aansoek voor myne dieselfde staanplek as ek versoek (21). Ek het dus eerste keuse gehad van die res van die staanplekke, en sê toe 22 of 30 is reg. Dis vir die blok van 14 tot 27 Desember 2021 @R980/aand vir 6 mense. Nogal woes, maar dis maar wat meeste plekke kos in die besige seisoen.  

Worcester

Wildehont

Wed, 02/12/2020 - 15:10

ek sien nie een vir Dwarsweg nie

Ek was bietjie stout. Ek moes vir Anton gevra het om eers Dwarswegstrandoord by te voeg en dan ‘n resensie gedoen het. Ek het egter ‘n uurtjie gehad om dit te doen vanoggend, en wou dit doen terwyl my geheue nog vars is. Ek wou self vra of dit geskuif kan word na ‘n nuutgeskepte ruimte vir die oord onder resensies.  

Vaalpark

Johann L

Wed, 02/12/2020 - 17:12

Chris, ek glo dit kan geskuif word, wou nie op tone trap nie, maar sal verkies dat dit daar lê vir toekomstige verwysings yes

Veral die gradering op numeriese waardes, om nie eers van jou mooi verduidelikings met fotos te praat nie.

Centurion

Voortrekker

Thu, 03/12/2020 - 05:48

Dankie Wildehont. Skuus ek was bietjie laat om Dwarswegstrand by die kampeerplek databasis te voeg.   Dit is nou daar en ek het ook 'n skakel na hierdie draad opgesit.

Naand Wildehont,

Ek lees soms hier as ek meer inligting soek en het vroeg Desember die inset oor Dwarswegstrandoord gelees.

Baie Dankie vir die insiggewende resensie.

Ek wil graag weet of jy kan onthou hoe was staanplek 31?

Sien jy sê dit is redelik goed beskik teen die wind.

Byvoorbaat dank.

Groete

Hakaf.

Worcester

Wildehont

Tue, 12/01/2021 - 21:19

Staanplek 31 is nie noodwendig meer beskut as 19 en 20 nie. Jy gaan ook ‘n ry of twee kampeerders tussen jou en die see hê, maar betaal vir ‘n seefront staanplek. As jy bang is vir die wind, vat eerder 32. Dis ‘n lekker staanplek as jy nie omgee oor see sien nie, en goedkoper as 31. Moenie 33 vat nie, dis te beknop. 

Middag vriende

Wil net sekermaak oor die oord se naam. Is dit Dwarswegstrandoord, of Dwarstrek-strandoord? Indien laasgenoemde kan ek ook soheentoe gaan.

Groete

Brackenfell

HennieBo

Wed, 13/04/2022 - 13:02

Dit wil voorkom as 'n mens bietjie privaatheid soek, sal 31 en 32 dalk van die beste opsies wees en ook nie te ver van die ablusies nie. Ook redelik beskut.

Worcester

Wildehont

Wed, 13/04/2022 - 13:44

Daardie staanplekke word ook as seefront getel vir tarief doeleindes. 21 is ook ‘n lekker staanplek as jy nie bang is vir die see nie. Ons het Desember op 30 gestaan en staan komende Desember weer daar. Dit het ‘n lieflike uitsig en braaiplek en as jy see toe opslaan sien jy ook nie regtig bure nie. 

Brackenfell

HennieBo

Thu, 14/04/2022 - 10:43

ChrisWH, ek het toe 'n bespreking gemaak maar sal seker nou gekruisig word aangesien ek nie 'n woonwa staanplek gekies het. Die verskil tussen 'n woonwa staanplek en een van die 2 slaapkamers Lochner w/s is maar R2000 vir 14 dae. Dit is dus vir my die moeite werd om daai ekstra te betaal en ek hoef nie my wa vanaf JHB daarnatoe te sleep nie. Ek kan ook die trippie in 1 dag doen en "ekstra" tyd daar deurbring.

Vir 14 dae in een van hulle Lochner w/s is maar R5300 en die karavaan staanplek sou my R3200 gekos het. As jy 14 dae of meer bespreek kry jy ook 30% korting.

Worcester

Wildehont

Tue, 19/04/2022 - 08:05

Met die brandstofprys deesdae spaar mens waarskynlik daardie R2 000 ekstra vir die verblyf in laer brandstofverbruik ook. Ek hoop julle geniet die besoek!

Vaalpark

Johann L

Tue, 19/04/2022 - 10:10

Môre Hennie, ek dink ons gaan almal moet begin somme maak, alhoewel ek twyfel of ek dit sal reg kry om in ander bed as my eie te slaap.wink

Sal maar moet hard spaar om weer lang pad te kan vat in elk geval.

Maar julle moet dit geniet en mooi ry.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus