Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -2 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -3 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -4 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -6 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -9 hours ago

Patties ...

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Chris het die resep gegee.

Ek het op 'n stadium, toe ek met "banting" wou begin, op die internet na dergelike resepte gesoek. Ek kom toe op een af wat die volgende bestanddele bevat:

500 g maalvleis

12 ontpitte olywe (fyn gekap) - ek gebruik swart olywe

1 wiel Feta kaas (gekrummel)

Half-teelepel sout

Half-teelepel vars gemaalde swartpeper.

Die hele ou lotjie word deeglik gemeng. Ek maak 5 'patties' uit die mengsel. Ek gebruik 'n ring waarin jy eiers breek (daardie wat jy gebruik om 'n mooi ronde eier te bak). Elke 'pattie' is dan gewoonlik ± 125g.

Ek smeer graag 'n bietjie olyfolie weerskante van die 'pattie' voor ek dit in my Smokey Joe Weber braai. Net voor die laaste draai-slag "baste" ek die 'patties' weerskante met 'n bietjie Jimmy's sous.

Waarskynlik nie in elkeen se smaak nie (dalk veral nie as jy nie van olywe hou nie), maar ons smul behoorlik aan dié 'patties'. Ons maak nie 'n 'burger' daarvan nie - ek moet maar wegbly van meel-produkte a.g.v. diabetes. Ons eet dit saam met slaai en/of gebakte vars-groentemengsel. Maar my skoonseun maak vir hom 'n 'burger' daarvan en laaik dit kwaai.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 22/12/2020 - 22:44

Min veranderings van Chris se metode :

600g maalvleis by Makro gekry en toe die resep gevolg,

1 - teelepet sout grof gemaak

1 - telepel swart (verkies wit) gemaalde peper

1/2 wiel swart peper feta kaas ring, gekrummel

12 ontpitte olywe (fyn gekap) - ek gebruik swart olywe

Meng als saam en druk in 'n eier ring,  (daardie wat jy gebruik om 'n mooi ronde eier te bak)

Ek smeer graag 'n bietjie olyfolie weerskante van die 'pattie' voor ek dit op my braai sit. Net voor die laaste draai-slag "baste" ek die 'patties' weerskante met 'n bietjie Jimmy's sous, opsioneel.

NS: Wijan het amper als geeet en ek nog niks 😢

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 23/12/2020 - 08:53

Ek is nogal n ou vir hamburgers maar ja vleis patty moet loop soos stroop dankie vir resep Willem

0
Marlands, Germiston

Jaada

Wed, 30/12/2020 - 19:16

Hier is ons resep wat ons al jare gebruik, gewoonlik elke jag seisoen, het nou ook 'n slaghuis waar ons wildsvleis koop - Eland slaghuis in Boksburg.

Kobus en Ada se Burger Frikadelle

Bestandele:

3 Kg wilds maalvleis

3 koppies broodkrummels

3 eiers, effens geklits

3 eetlepels gerasperde parmesan kaas

3 fyngemaakte knoffelhuisies.

1,5 koppie vars gekapte pietersielie

Vars roosmaryn blaartjies (takkie so 30cm)

3 t grofgemaalde swartpeper of na smaak

1,5 t sout of na smaak

 

Metode:

Meng al die bestandele saam.

Weeg 180g en maak mooi balletjies.

Druk frikadelle uit in patty maker, (plaas patty disch (20 micron) aan weerskante.)

3 kg maalvleis maak 19 patties

Plaas in die yskas in ‘n lugdigte houer vir 30 minute en vries dan tot gebruik.

 

 

{De Wet Clan resep.}

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus