Soos almal weet is 2021 ook deurmekaar gekrap deur die bekende C19.
Ek het drade weer saam gesit "WilSur - Shingwedzi - Tshipise 2021".
Nou laat....
Nou laat ons hoor Willem. Wanneer vertrek julle en hoeveel dae is julle daar ? Ek aanvaar julle ry deur tot daar en gaan jy eers die volgende dag opslaan of sommer nog dieselfde dag ?
Kon julle 'n spesifieke staanplek bespreek of is dit maar "first come first served" ?
Tshipise ...
Ons is bespreek van die 12 Julie en vertrek die 21ste (voorloopig, dalk nog so 2 ekstra dae). Die plan voorloopig is om dalk die Sondag te ry tot by Louis Trichardt en by Surette se oom oor te slaap en Maandag oggend deur te ry. Anders sal ons die Maandag oggend net baie vroeg hier ry deur tot by Tshipise. Die ander opsie is om met die terug kom slag die stop in Louis Trichardt te maak. Dalk gaan Surette se suster hulle ook saam ?
Willem
As julle dalk laat wegkom of nie in Louis Trichardt blyplek het nie, oorweeg gerus Lalapanzi Hotel (met karavaan-staanplekke) reg langs die N1 by Bandelierskop, 72km noord van Polokwane.
Kyk hier :-
Willem .....
.... hoe verstaan ek nou? Jy's bespreek vanaf 12 Julie, maar jy vertrek die 21ste?
Tshipise ...
Chris ? 😯 👍
Len, dankie vir die vertaling, jy is reg.
Dankie vir die inligting van Lalapanzi Hotel, glo ons sal reg kom want Theo Lordan (ou WegSleep kamp vriend) bly ook daar.
Afstand na Tshipise
Middag Willem, Len
Die afstand van Pretoria tot in Tshpise is maar net 460km. Dit benodig nie 'n oorslaap langs die roete nie, behalwe as mens by vriende of familie wil aangaan.
Len: Onthou tog Willem sleep met 'n Ford wat korte mette maak van die ooppad.
Ek weet....
gelukkig om al julle voorstelle van oorslaapplekke hier te vind. Dit is lekker om daarvan te weet indien ek in die toekoms so 'n reis na noorde van willetuin gaan aanpak, met my gestremde Hilux![]()
WilSur 2021 - Tshipise
Lyk my daar word die kamp weer ge🗂 (file)
Het in 2019 bespreek en moes binne 72 uur die vollr bedrag betaal, nou in 2021 kort voor die kamp kom steek die stok weer in die speke.
Al wag ons vir die volgende vergadering op 11 Julie (aand voor ons inboek) het hulle ook die skool vakansie 'n week vorentoe geskuif. Dit wil sê die skole heropen dan op 19 Julie en ons plek is bespreek om die 21 Julie te vertrek.
🤷♂️ Sal maar wag en hoor wat gaan die skole doen en dan vir Tshipise sê/vra ons wag om te hoor wat gaan die 11de Julie uitkom ?
Antie Angie praat glo…
Antie Angie praat glo vanoggend 11 uur, sal seker dan iets sê oor wanneer die skole weer oopmaak. Ons Scotties vakansie is ook in sy mr in, geboek vanaf 3 Julie tot 3 Augustus. Wa is gediens, gewas en grootliks gepak. Al hoop nou is dat 11 julie goeie nuus sal bring en ons darem nog so 3 weke kan "red".
Sopas bevestig. Skole…
Sopas bevestig. Skole heropen nou die 19de Julie en nie meer die 26ste nie. Hierdie was nou op DSTV kanaal 403.
Willem, vriende van ons is…
Willem, vriende van ons is in dieselfde bootjie vir dieselfde week by Tshipise.
Nuwe skoolvakansie datums
Nog ‘n ondeurdagte besluit deur die ANC. Hoeveel mense het nie al lankal besprekings gemaak en verlof ingesit vir die oorspronklike datums nie? En het die kinders nie verlede jaar en die begin van hierdie jaar genoeg tyd verloor op die skoolbanke nie? En die onderwysers word dan nou ingeënt. Maar kom ons ontwrig die gansies wat die goue eiers lê nog bietjie en gee sommer die ekonomie ‘n verdere knou terwyl ons, ons handjies warm vryf oor die vlamme van die vuurtjie wat met hulle belasting geld gemaak is.
Willem laat weet my as jy…
Willem laat weet my as jy Tshipise toe kom.
Ek dink ek sal nog so twee maande by Moreson bly!
Sien nie kans om terug na die koue te gaan nie!
Ek het n good mind en hou my…
Ek het n good mind en hou my seuns uit die skool daai week van 19 Julie en gaan dan in elkgeval weg op die 15de soos wat my beplanning is.
Die groot vraag is of CR die grense van Gauteng gaan oopgooi op die 11de.......
Tshipise ...
Ek dink ek gaan hoor om die bespreking Desember toe te skuif want ek gaan nie nog 'n jaar wag nie.





Lekke Willem
Dit gaan ook n toer wees wat ek top gaan hou geniet die beplanning