Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -24 minutes ago
Môre Rona November 2026 Geert -48 minutes ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel November 2026 Geert -1 hour ago
Hoedspruit November 2026 Geert -1 hour ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago

WilSur - Shingwedzi - Tshipise 2021

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Soos almal weet is 2021 ook deurmekaar gekrap deur die bekende C19.

Ek het drade weer saam gesit "WilSur - Shingwedzi - Tshipise 2021".

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 17/07/2021 - 09:52

Ek begin kwaad word vir myself en wonder hoekom het ek nie verlede week plan gemaak en maar deur gery Tshipise toe nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 18/07/2021 - 07:11

Willem ek voel soos Anton se hier waar ek sit middle vinger vir werk en reels gooi wa haak en net bietjie weg kom vannie rat race

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 27/07/2021 - 12:43

Ok, ek het weer die besprekings verander.

Het eers die Tshipise bespreking geskuif na Desember want dit is die eerste geleentheid om die 10 nagte te kan gebruik.

Dit is toe dat ek begin wonder oor Oktober se KNP kamp van 4 nagte, dit is 'n helse ent vir net 4 nagte al het ek dit na Letaba toe geskuif.

Toe besluit ek om dit weer te verander soos oorspronklik na Shingwedzi en dan deur na Tshipise.

So die besprekings is gedoen:

Shingwedzi

  • Aankoms - 14-12-2021
  • Vertrek - 18-12-2021

Tshipise

  • Aankoms - 18-12-2021
  • Vertrek - 28-12-2021
0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 27/07/2021 - 12:51

ek bedoel Tawwe Willem.

Ek haal my hoed af vir enige persoon wat uit vrye wil oor Desember in daardie plekke wil wees.

Ek het gedink Julie is 'n lekker tyd, klimaat gewys, en toe tref ons koue.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 27/07/2021 - 13:01

Gelukkig hou ek van die Eiland se Desember klimaat al is die baie warm.

Wessel ja ek moet plan maak om daai besprekings te gebruik wat ek al in 2019 betaal het.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 27/07/2021 - 13:05

Willem, dit lyk heel sinvol  -  'n lekker twee weke wegbreek in Desember.

Ek aanvaar julle sal dan weer ry tot buite Phalaborwa-hek en dan vroeg die volgende môre na Shingwedzi  -  dis nogal wyd, 135km.  Die enigste alternatief is om Punda-hek te gebruik, dit is 72km tot by Shingwedzi, maar 'n vooraf oorslaapplek is problematies.  Hoekom slaap julle nie op 13/12 oor by Punda nie, daar is nog heelwat kampeerplek ?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 27/07/2021 - 13:25

Len

die plan is om 'n draai by my suster op Letsitele te maak voor ons oorslaap by Phalaborwa.  Ek het eers na ek Tshipise se bespreking geskuif het besluit om weer so te ry anders kon ek dalk die Wildtuin trip langer gemaak het.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 24/09/2021 - 11:15

Als lyk nog soos beplan.

Safari Park Phalaborwa

  • Aankoms - 13-12-2021
  • Vertrek - 14-12-2021
  • Die afstand van die huis na Safari Park is so 478km (dalk slaap ek oor by my suster hulle in Letsitele ?)

 

Shingwedzi

  • Aankoms - 14-12-2021
  • Vertrek - 18-12-2021
  • Van Safari tot by Shingwedzi is so 161km

 

Tshipise

  • Aankoms - 18-12-2021
  • Vertrek - 28-12-2021
  • Van Shingwedzi tot Tshipise is so 220km

 

Dan van Tshipise terug huis toe is so 480km en het gewonder of ons nie in Polokwane (Pietersburg) moet oorslaap nie (net om dit nog 'n dag uit te rek).
Ek sien daar is 'n plek in die stad "Igloo Inn Overnight and Caravan Park" dalk kan GeesWatWandel my help met inligting oor die plek vir oorslaap ? 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 24/09/2021 - 11:58

Hi Willem  -  dit lyk nog steeds na'n lekker klompie dae.

Tussen Louis Trichardt en Pietersburg is Lalapanzi Hotel & Caravan Park (https://www.lalapanzihot…) by Bandelierskop  -  72km noord van Pietersburg en 38km suid van Louis Trichardt.  Dit is reg langs die N1.  Ons het al heerlik daar oornag oppad Punda Maria toe.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 24/09/2021 - 22:51

Dankie Len, sal dit ingedagte hou. 👍

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 11/12/2021 - 07:58

Nou ja, die voorbereiding vorder so tussen als wat by die huis aangegaan het.  Die dak en plaveisel om die swembad is gedoen.  Met die dat ons die familie kuier vandag gaan mis gee dit ons effe meer tyd om die pak van die karavaan klaar te kry.

Dit wil lyk of ons in die reën gaan vertrek Maandag.

.

Lyk ook of ons gaan reën kry in die wilde tuin

.

Dan lyk dit my ons gaan redelik nat weer by Tshipise ook beleef.

.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 11/12/2021 - 08:53

Eergister op RSG het ‘n weervoorspeller gesê die SA Weerdiens en oorsese voorspellings dui aan dat ons ‘n bogemiddelde nat somer gaan hê. Die weer by Grootbrak lyk ook maar oes. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 11/12/2021 - 20:22

Willem, my aanbeveling is beslis uit by Pafuri na Tshipise. Dit is buitendien nog 'n heerlike wildbesigtigings-roete.  Toe ons in Zimbabwe gebly het was dit altyd ons roete na of uit die Wildtuin.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 12/12/2021 - 18:48

Meeste goed is in (Surette reken min pakplek) môre wil ek net vinnig die bande en meeste onderkant van die 3B was voor ons ry.  Die Ford is ook klaar gepak, stoelle, bankies, tent, koeldrank vir die versterer, koeler kas wat met 12v van die sigaret aansteker werk om koeldrank vir die pad en wilde tuin koud te hou.

Nou rus om vroeg môre reg te maak vir die pad 🏕🔥🥃🥩 toe.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 12/12/2021 - 19:21

Ek wens jou 'n moerske lekker wegbreek toe. Indien enigsins moontlik - hou ons tuisblyers maar bietjie op hoogte.

Geniet maat!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus