Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -4 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -5 hours ago
Rona November 2026 Johann L -5 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -15 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -16 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -16 hours ago

WilSur - Shingwedzi - Tshipise 2021

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Soos almal weet is 2021 ook deurmekaar gekrap deur die bekende C19.

Ek het drade weer saam gesit "WilSur - Shingwedzi - Tshipise 2021".

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 19/12/2021 - 12:42

Ai Willem, lyk vir my dinge wil/wou maar nie lekker loop vir julle nie.  Oorvloedige reën in die Wildtuin, min wildlewe gesien en dan was die S56 ('n moet sien) nog gesluit ook !  En nou Tshipise, nie heeltemal wat jy graag wou hê nie, lawaaierige springkane, 'n TV-sein wat jy nie kry nie en les bes, weer reën !

Ek hoop die laaste paar dae verras julle tog !

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 19/12/2021 - 16:16

Dae al sonders son 🌞  YR se voorspelling.

.

Len, ja als loop skeef.  Was besig met dié terugvoering toe verloor die Disprin internet konneksie na my foon want Telkom kry nie opvangs nie.  Toe sien ek my foon is dood want die battery is pap, prop hom in en daar voer ek verkeerde Sim kode 3 keer verkeerd toe blok hy met my PUK Sim kaart.  Gelukkig kon Surette op haar foon in gaan in my Vodacom App en dit is darm nou weer reg. 👏👏👏

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 20/12/2021 - 07:59

Disprin = tablet : oulike vergelyking  -  dit het hierdie outoppie so 'n rukkie geneem om dit uit te werk !

Ai Willem, wat kan ek nou sê van al jou drama ?  Miskien net dit :  jy het die wonderlike eienskap om deur alles nog 'n positiewe kampeerder te wees !  Ek dink ons besef nie altyd die wonderlike voorreg en dankbaarheid om heerlik te kan gaan kamp as alles vlot verloop nie.  'n Mens is geneig om in sak en as te gaan sit as dinge minder gunstig verloop.  Ek dink juis aan my eie flop-Wildtuin vakansie in Mei toe ek die Exclusive teen 'n boom gestamp het, ons geyser en mikrogolf beide sommer by die eerste kamp die gees gegee het, geen gas by Balule met koue storte in die ablusie en toe nog bittermin wild gesien.

Maar nouja Willem, kom ons kyk hoe aangenaam verras die res van die tydjie julle in Tshipise.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 20/12/2021 - 08:19

... die kloutjie by die oor kry nie. Gewonder hoekom noem hy dit 'n Disprin.

Disprin = tablet : oulike vergelyking  -  dit het hierdie outoppie so 'n rukkie geneem om dit uit te werk !

Netjies gedoen Len. Daar's nog niks fout met die grysstof onder die grys hare nie.

Willem - die langtermyn voorspelling lyk nou nie juis baie "bright" nie, maar minstens het julle nie wind nie. Hier in Kleinmond roer die oostewind alweer vanoggend. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 20/12/2021 - 09:46

Met alle verwagting na die naweek was my plan om in die Hydro te gaan ontspan.  Toe sal ek lees hy is gesluit op Maandae 😥 nou gaan ons maar Musina toe.

Soos ek op die groet lyn gesê het is daar darm so effe son 🌞 vanoggend.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 06/01/2022 - 15:27

Hier is my verslag, dis maar kort maar darem.

Vakansie 2021

13-12-2021

12:30 Nyl Plaza
Iets om te eet en Drink
.

17:30 Safari Park Phalaborwa met ‘n lekker 37°C
.
Surette swem
.

Die nag het ‘n redelike storm bui reën neergekom, selfs die oggend het dit steeds gereën toe ons vertrek

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 06/01/2022 - 15:43

14-12-2021

Ingeteken, lekker vroeg

Hyenas
.

Zebras
.

Oliefant
.

Aankoms, Ons het verneem dat dit die vorige nag hier ook ‘n storm reën deur is en ek kon toe sien waar het die water geloop.  Besluit toe op ‘n kol waar die water nie geloop het nie.  Die een ou teen die draad sê ek kan eerder daar staan waar meer koelte is, ek wys toe vir hom die water spoor en hoekom ek eerder op dié kol gaan staan.
 

.
Die 3B staan amper net so hoog bo die Ford as die Exclusive.


Staanplek gekry
.

Die baie ou (eerste gebruik) Silverseil wat destyds in Brits gemaak was Kumlade (spelling), hy het beslis gewerk.  Ons het ook die lugversorger aangesit wat beslis gewerk het maar na die 2de dag was dit nie meer nodig nie (het hom nie eers by Tshipise gebruik nie)
.

Kry die braai aan-die-gang en gaan stort, met die terug kom sê Surette daar was ‘n Luiperd teen die draad wat gejaag is deur die klomp rooibokke, glo dit nie en stap oor na die ou teen die draad (lekker skemer amper nag donker so by 20:00) sê die oud it lyk vir hom soos ‘n jong luiperd.  Net na ek die vleis op die rooster hetkom roep die ou se jong dogter my “Oom kom kyk hy is weer daar” en wragtig so 50m van die draad stap die luiperd (kan vir my dalk ook lyk soos ‘n Jag-Luiperd met sys kraal bou) verby met die trop Rooibokke agterna al blaffend.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 06/01/2022 - 15:48

15-12-2021

08:30, 34°C, S134
Van die Kanniedood dam is daar geen bestaan,
.
laas was daar nog orals sement bloke, nou niks
.

Op die S50 onder kant van die ou damwal net ‘n Buffel karkas
.

Ek ry tot by die Dipeni Outpost en draai om
.

Bromvoël
.

Dit is dit vir die dag. sad

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 06/01/2022 - 16:05

16-12-2021

Ry tot by Red Rock, sien niks.

Waterbokke
.

Kameelperde, lekker rustig in die koelte.
.

Klein groepie Rooibokke
.

Ry tot by die Bateleurbos Veldkamp en draai om.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 06/01/2022 - 16:10

Middag Willem

Julle 3B lyk elke keer langer as ek no jou fotos kyk. 

Daardie silwerseil wat Cum Laude gemaak het, lyk nog splinternuut. Was dit baie in gebruik, want dan het dit baiwe goed gehou.

Ek twyfel of hulle nog silwerseile maak, wel ek sien nog hulle padaanwyser as ek daar verby ry.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 06/01/2022 - 16:12

17-12-2021

Rivier is droog
.

S55, niks

S56 is toe
.

S53, Ek kry twee Loeries teen die linkerkant een op die grond en die ander een prober droog word.
.

4 Blouwildebeeste kardloop voor my oor die pad maar kon nie die kamera betyds reg kry nie.

Met die terug ry teerpad toe ry ek my Ford amper disnis teen ‘n staal kabel wat oor die grond pad gespan is met geen teken wat aan die kabel hang nie.  Gelukkig het ek so 1m van die kabel gestop voor jy op die teerpad kom, hy sou seker die twee misligte en voor buffer lekker seer gemaak het al was dit teen ‘n slake pas.  Die kabel het ek omring in rooi anders sien y hom nie.
.

S57, niks

Baie paaie hier rond is toe.
.

.

Die veld is nat.
.

Dit het die vorige dag en vandag weer goed gereën.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 06/01/2022 - 16:16

Die baie ou (eerste gebruik) Silverseil

Hy is al hele paar jaar oud maar dit was die eerste keer wat ek hom gebruik het, dit is nie baie goeie gehalte nie maar het darem gehelp, ek het nog een wat hier lê vir as dié een klaar is.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 06/01/2022 - 16:25

18-12-2021

Met die uitry kry ons darem weer ‘n Olifantbul  wat ver voor ons oor die pad stap.

Die water is besig om in die rivier te loop.
.

Stop op die brug.
.

Kry darem ‘n ou Buffel lans die pad.
.

Gaan deur die Pafuri hek.
.

.

 

In die Kamp foto’s

Dit sous.  Die ouens teen die draad het nie geweet as dit so reën dan is daar 'n rivier van water aan die binne kant van die draad.
.

Dis nat.
Dis nat

Kuiergas.
.

Mooi sonsondergang.
.

Surette.
.

Wijan
.

En so kom die Wildtuin se 4 nagte tot 'n einde.  Ek wil kyk of ek plek kan kry Maart skool vakansie, moet die Wild Kaart gebruik terwyl hy nog geldig is.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 06/01/2022 - 16:56

...dankie vir die fotoverslag  -  al was dit nou nie 100% nie, lyk dit darem of julle daardie pragtige groen en nat wêreld geniet het.  Met ons herfs/winter vakansies sien ons daardie wêreld nooit so mooi nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 11/01/2022 - 13:43

Nou ja soos julle weet het ons darem nie die normale weer gehad wat altyd oor Desember heers nie.  Ons het nie eers die lugversorger gebruik nie.  Hier het nie veel aan gegaan nie maar dit was darem 'n rustige rus kamp gewees.  Hier is so paar foto's.

.

Ek het eers die wede dag besluit om die twee kant seile op te sit wat die wind keer.  Dit was nie eers nodig vir die silver seil nie.
.

Ek het besluit om my eerste skool te gaan opsoek en kyk of daar iets meer as net die ou kremetart boom, wel dit is al wat ek onthou.
.

Die boom staan op die linkerkant.
.

Die bron is nogals warm 56°C met 'n kapasiteit van 42m²/uur, pH 8.5
.

.

.

Daar is glas vensters waardeer jy na die bron kan kyk.
.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 11/01/2022 - 13:58

(weet nie hoekom is die foto so groen nie) Dit is die oubaas wat sy vrou verloor het en nou maar bly staan.  Ek kan my gat skop omdat ek nie 'n foto van die hout boot wat hy besig om te bou nie.  Hy is so 1m lank en gaan met die mas en seile wees wat werk en dit sonder 'n plan, dit is nie een van daai skaal modelle wat jy net aan mekaar sit nie, nee hy bou als self.
.

Die oord word bestuur deur 'n man en vrou wat van die Kaap is en is nou maar so 7 maande daar.  Die oubaas sê die plavei paaie het die nuwe ou laat doen.  Ek het sy vrou ontmoet by die een ablusie blok langs ons wat hulle oop gemaak het net om die druk van die ander af te vat vir Covid.
.

.

Daar is een bad.
.

Stort hokkies.
.

3 Toilette.
.

Van die staan plekke het gras maar met die swaaltjies wat so lank staan kry dit nie juis kans om te groei nie.
.

Daar is wat lekker koelte het.
.

.

Die kerkie was heel tyd toe gewees, seker omdat daar so min kampers was.
.

En so kom ons kamp ook tot 'n einde.

.

.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 11/01/2022 - 15:53

Dit klink of julle die kort strooitjie getrek het t.o.v. die weer met julle Shingwedzi/Tshipise-trippie. Ons het eenkeer vir 2 aande by Tshipise oorgestaan - as ek reg onthou was dit gedurende September en eenkeer net vir 'n nag gedurende Mei op pad Punda toe. Tydens die eerste keer was daar maar min mense, maar toe ons die een aand in Mei daar oorgestaan het, was die kampeerarea gepak met lankstaners.

Ek kan onthou dat die ablusiegeriewe wat ons destyds gebruik het was maar inkoejawel. Gevolglik is ek bly om jou foto's van die netjiese oorgedoende ablusies te sien. Want sou ek weer Punda besoek sal ek waarskynlik eerder Pafuri-hek gebruik - en dan is Tshipise die aangewese oorstaanplek.

Dankie vir die terugvoer.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 12/01/2022 - 08:13

Dankie vir die terugvoer en foto’s. Dis nie lekker om te lees van ander se slegte geluk met weer en meganiese probleme nie. Dis egter ook soms deel van toer en kampeer, en mens kom daardeur. Dit word ook deel van jou arsenaal van ervaring. Soms leer mens uit meganiese probleme (ander s’n ook), maar soms krap jy maar net kop en dok op. Dis die Wet van Transvaal. Wat die weer betref; die weer is die weer. Mens kan dit nie verander nie, en hierdie Desember se weer was alles behalwe “normaal”.
 

Ek hoop die turbo kos nie te veel om te herstel nie. Ouer voertuie het meer onderhoud nodig, maar dit kos steeds baie minder as ‘n maandelikse paaiement op ‘n nuwe een. Ek is ook seker julle volgende toer gaan beter weer hê as die een. Kyk Noord!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus