Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.
1. Die onlangse geweld in die land:
Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;
Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?
Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"
Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.
Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?
Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?
2. Inenting:
Blykbaar 'n sensitiewe saak.
Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.
Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.
My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.
My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?
Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.
In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.
Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.
Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.
Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.
Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.
Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan. (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))
Wat my al hoe meer die…
Wat my al hoe meer die hoenders in maak is dat die "anti-vaxer" profete nooit met enige alternatiewe na vore kan kom nie maar altyd een of ander lagwekkende sameswerings teorie op die tafel sit. Dink hulle regtig hulle kan die virus net wegwens? Of dat dit vanself sal verdwyn?Maar as Kosie of Sannie Anti-vax in die hospitaal opeindig verwag hulle die mediese personeel moet hulle versorg...sonder om 'n oomblik daaraan te dink dat nie net plaas hy/sy daai mediese personeel persoonlik onder groot risiko nie, maar ook hulle gesinne as hulle aan die einde van hulle skof huistoe gaan. Soos die Yanks dit so mooi stel: "go figure"...hoe werk so 'n persoon se kop dat hy/sy weier om die enigste oplossing vir Covid-19 te gebruik? In tussentyd gaan ek nou eers sit en niks doen nie....daar is 'n bottel wyn in die yskas wat roep!
Ai tog, die vir/ en teen…
Ai tog, die vir/ en teen enting gaan nooit end kry nie. Kom ons los mekaar maar dat elkeen sy eie besluit neem.
Die feit dat so baie debat vir en teen dit is, is besig om alle media oor te vat, elkeen probeer die ander oortuig hoekom hy / sy reg is, intussen kan niemand met 100% sekerheid sê wat oor twee / drie jaar van nou gaan gebeur nie. Die vaxers kan almal uit gewis wees, of die anti vaxers kan 20% uit gewis wees![]()
Ek trek net bietjie julle bene, maar ernstig, ek het paar dae na die tweede dosis begin met erg spier pyne net in my regter bobeen en regter voor arm. Dit alleen sê vir my die "entstof" is die skuldige. Ja ek is ook op die linker bo arm ge-ent. (Dalk het hulle die naald dwarsdeur gedruk), dit was groot genoeg)
Grootwind daai wyn gaan jou siek maak, dit gee aanluiding tot "gout" rumatiek en baie ander nagevolge ![]()
NB: Ek het twee familie lede aan die dood af gestaan wat ge-ent was, nog nie een wat nie ge-ent was nie.
My kleinseun het covid gehad en het 100% herstel. Nie ek, of my vrou het aan gesteek nie en hy het by ons geslaap. (by sy oupa in die bed)
in die boud...
Middag Johann
Dalk moes jy die inspuiting in die boud geneem het, behalwe vir 'n rukkie se seer, maak dit glo alle omliggende spiere vir geruime tyd styf.![]()
Wessel op my ouderdom is dit…
Wessel op my ouderdom is dit nodig, dis nou om ge-ent te word![]()
Is dit die antwoord ?
Kom ons los mekaar maar dat elkeen sy eie besluit neem.
Ek stem glad nie saam nie, dit is nie hoe vriende teenoor mekaar optree nie. Ek kry dit net nie reg om 'n opregte vriend van my oor te laat aan sy lot waar ek weet sy keuse is verkeerd nie. Hoe weet ek sy keuse om nie in te ent is verkeerd ? : ek luister wat die wêreld se mediese viroloë sê en ek vergelyk dit met wat my vriend sê.
Vriende is mos daar vir mekaar, debatteer onder mekaar en help mekaar reg. Dit gaan oor orreding, nie noodwendig wetenskaplike kennis nie.
Len dalk is jou vriend reg…
Len dalk is jou vriend reg en jy verkeerd?
"Dalk" is die punt....................
Anton, dalk maar onwaarskynlik.
Ek gee glad nie om as my vriend met my wil debatteer nie, maar dan moet hy met sy argumente gefokus bly en nie afdwaal met politieke storietjies nie.
My vriende weer respekteer…
My vriende weer respekteer my besluite, reg of verkeerd![]()
In my geval......................
In my geval weer sal ek dit baie waardeer en hoog opprys stel as ek 'n verkeerde besluit geneem het, dat my vriend(e) my sal reghelp deur 'n gesprek met my te open sodat ons dit rustig en openlik kan debatteer. Dit is na my mening hoe ware vriende teenoor mekaar optree.
As ek sou besluit om my Exclusive aan 'n hak voor aan die P/F te haak en in "reverse" Wildtuin toe te sleep, sal ek bly wees as my vriende nie my verkeerde besluit respekteer nie en my eerder daarop wys dat ek van lotjie getik is.
Aan die gatvollers (waarvan ek een is) oor inenting :-
Onthou die gesprek gaan nie nou oor inenting nie, dit gaan oor hoe vriende teenoor mekaar moet optree as een van die twee die pad byster raak.
Net so hartseer om....
..... die evangelie te verkondig.
Len se pleidooi is veral van toepassing op die gebied van ondersteuning en "teregwysing" van lewenswyses.
Wat maak mens met 'n vriend wat onbewustelik op die verkeerde pad is betreffende;
drank misbruik
buite egtelike verhoudings
en oppad hel toe is, om net 'n paar te noem.
Mens moet sekerlik intree en probeer reghelp, maar die vraag is ---wanneer stop mens, hoe hartseer dit mag wees, vir jouself om te sien hoe jou vriend verlore gaan, want hy wil nie gehelp word nie.
Ons is op aarde geplaas om mekaar te help, en ook tereg te wys, en soms gaan dit seermaak vir beide partye.
Len, ek het nou lekker gesit…
Len, ek het nou lekker gesit en lag, kan sien hoe jy die Exclusive voor die Pathy haak en dan op wildtuin toe reverse.![]()
Maar hier moet ek met jou saam stem, as jou vriende nie met jou debat aanknoop daaroor nie, sal die speedcops en die res van die verkeer dit namens hulle doen.![]()
Môre Wessel, jy is in die…
Môre Wessel, jy is in die kol.
Ons is op aarde geplaas om mekaar te help, en ook tereg te wys, en soms gaan dit seermaak vir beide partye.
Jou hele inset, maar ekmhaal net die afsluiting aan.
Argumenteer
Ek dink ek het dit al genoem, maar mens raak moeg daarvoor om met iemand te argumenteer. Dan laat jy hulle maar net verkeerd wees.
Hier is vir julle ‘n prentjie van die paspoort wat die wat teen inenting is gaan gebruik.

Jy sien, ek kan doen met 'n…
Jy sien, ek kan doen met 'n miljoen ![]()
Hier is vir julle ‘n prentjie van die paspoort wat die wat teen inenting is gaan gebruik.
Wessel, met dinge soos…
Wessel, met dinge soos drankmisbruik en so aan is die impak op die groter gemeenskap redelik beperk, Pa drink en slaan vir Ma en hoofsaaklik die onmiddelike familie word geraak. Maar nou glo Pa al die twak rondom anti-vaxers se stories en die hele gemeenskap word geraak. Nou is dit nie meer 'n persoonlike besluit nie? Daai sg. "persoonlike besluit" lei nou tot ongekende leiding en hartseer? Hoe nou?
Ek dink nou onwillekerig…
Ek dink nou onwillekerig terug na my jong dae, lank, lank terug![]()
Ek het in die myn as appie elekrisien begin werk vir R53.00 'n maandk voor aftrekkings. So sit ons klomp appies eendag en redeneer oor wat se pay die myn se Algemene Bestuurder per maand verdien. Sê iemand, as jy sy kar wat hy kry met gratis onbeperkte petrol en huis by sy salaris sit, kry hy seker maklik in die omgewing van R750.00 per maand.
Drank misbruik is seker niks…
Drank misbruik is seker niks teenoor die lewensverlies wat gepaart gaan met aborsie wette nie. As die mensdom so erg aangegaan het teen aborsies soos wat hulle aangaan teenoor "risiko's" van Covid-19 en mense wat nie die entstowwe wil vat nie sou ek dalk anders na die hele storie gekyk het. Maar dit alles stink vir my maar net na skeinheiligheid met 'n knippie eiegeregtigheid daaroor gesprinkel. Ek lag diep binne as ek "vacine slagspreueke" hoor soos "doen die regte ding" en "gee om vir diegene rondom jou" Dit maak dit darem baie maklik en goedkoop om te wys jy doen die regte ding en gee om of hoe?
Ek kan maar net verkyk aan 'n vervalle mensdon wat homself aanbid en dink die wêreld is 'n goeie, eerlike en wonderlike plek. Ek sien dit nie - blammeer dit maar op my liefde om na die wêreld en lewe en mensdom se innerlike natuur te kyk deur dit wat God se woord my leer (en nee, vanuit dit wat ek self daarin lees, en nie wat iemand anders vir my daaroor sê nie of probeer leer sodat ek moet beter en gerus voel nie )
Ek het laasjaar te midde van die begin van Covid gesien hoe besigheidsmense, bekendes, self van hulle wat in parlement sit, om my tafel kom sit het om deel te hé aan die sukses wat ons vir so 6 maande gehad het met saniteermiddels. Maar toe verdwyn hulle en met my opvolg word ek vertel dat hulle nou besig is om in te koop in inenting fasiliteite, want dit was glo toe die volgende groot geleentheid wat kop uitgesteek het. (ek onthou baie goed een wat so windgat half oor 2 parkeerplekke met sy Mazaratti kom stilhou het sodat almal mooi kan sien...eish) Nou hoor ek die manne is weer terug en kyk nou weer na saniteer middels want die afname in ent program loop nie meer so winsgewend nie.
Ai die mensdom....
Jo, jo, jo !
Jo, jo, jo, Anton ! Jy moet darem rekening hou met ons outoppies op die forum wat sukkel om konteks te behou op 'n gesprekslyn. Ons kan nie met alles byhou nie en ek is nou heeltemal deurmekaar :-
- Drankmisbruik teenoor aborsies
- Aborsies teenoor Covid-risikos
- Skynheiligheid en eiegeregtigheid
- Inenting slagspreuke : maklik en goedkoop
- Vervalle mensdom
- Wat God se woord jou leer, sonder om te leer uit ander se insette. ("..knippie eiegeregtigheid"....?)
- Eers sukses met saniteermiddels en toe verdwyn dit
- Inkoop in inenting-fasiliteite
- Mazaratti geparkeer oor twee parkeerplekke
Anton, moenie worrie nie, ek is maar net 'n bietjie moedswillig.
Ek weet Len
Anton, moenie worrie nie, ek is maar net 'n bietjie moedswillig.
Ek is nie moedswillig nie
- spreek maar my gedagtes en hoe ek dinge sien vanuit eerstehandse ondervinding





Vrot......
Vrot regering of nie - ek is bly ek het my inenting gekry ten spyte van 'n korrupte minister van gesondheid en die ongelooflike gesteel uit die fondse wat vir Covid bestryding daargestel is.
Gelukkig verwar ek nie my eie en my gesin se gesondheid met politieke mannewales nie . Ek is natuurlik geen kenner nie, en daarom lees, luister en kyk ek wat by verre deur die meerderheid van die wêreld se mediese wetenskap aanbeveel word. En soos ek hierbo genoem het van die verpleegpersoneel by verskeie hospitale se pleit om jou te laat inent. Hulle is geen mediese wetenskaplikes (of politici met verskuilde agendas) nie, maar bloot die hospitaal-personeel wat daagliks die trauma van anti-vaxers aan die einde van die pad moet ervaar.