Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.
1. Die onlangse geweld in die land:
Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;
Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?
Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"
Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.
Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?
Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?
2. Inenting:
Blykbaar 'n sensitiewe saak.
Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.
Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.
My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.
My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?
Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.
In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.
Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.
Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.
Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.
Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.
Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan. (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))
Middag Len, ek sluit my…
Middag Len, ek sluit my deelname aan covid 19 tot 21 af, as jy my inset kyk, sal jy sien ek het dit tergend gesê.
My vriende weer respekteer my besluite, reg of verkeerd
Ek verwag van enige mens om my op foute te wys, ek sal self oordeel of dit 'n fout is, al dan nie. Nie alle foute is foute nie.
Moet sê ek is self lekker keelvol vir covid gesêls.
Ons kamp van Vrydag tot volgende Donderdag by Weesgerus.
Ag kom nou....
Ag kom nou Johann, ek kritiseer nie hoe jy oor 'n saak voel nie en ek probeer jou ook nie leer hoe jy daaroor moet voel nie, ek het bloot my eie opinie gegee.
Ek vind dit aangenaam om…
Ek vind dit aangenaam om almal se opinies te lees. Dit is altyd goed om uitgedaag te word en oor dinge na te dink ens. Lekker ook om partkeer so bietjie te terg en dan ook terug geterg te word. Dit is mos wat ware vriende met mekaar kan doen?
Bv. Ek kan nie glo dat daar mense op kampforum is wat glo dat Nissan Mahindra's en Fords goeie voertuie is nie - maar mens moet dit maar so aanvaar en vir daardie lede ook seker 'n bietjie geluk en vertoue in hul produkte en opinies gun?
Party gaan maar blind deur die lewe en almal ervaar nie die gawe om te kan "sien" nie.
Gas vrieskas aan in voertuig
Ek het een keer net betyds iemand gewaarsku wat hulle gas vrieskas met die vlam aan agter in ‘n bakkie se toe kappie gehad het. Ek het agter die bakkie verbygeloop en vlamme gesien en die eienaar geroep. ‘n Slaapsak wat langsaan die vrieskas gelê het, het vlam gevat.
Dis nou diegene wat glo so …
Dis nou diegene wat glo so 'n ou virussie wat tans in omloop is sal vanself weggaan! Res van ons het opgelet in die wetenskap klas :)
Ou mens gesegde
Naand vriende en julle beterhelftes
Die gesegde lui, "dood moet 'n oorsaak hê"
Sondag 26/9 om 15:48 se…
Sondag 26/9 om 15:48 se kommentaar
Len ek het dit reggestel. Ek hoop die inset klassifiseer nou nie meer as twakpraat nie?






Middag my vriend Len
Moet asb nie skuldig voel nie, my opmerking sluit myself ook in.
Ek is bloot van mening dat Covid, Invermektien, ent of nie, bloot net te veel aandag op die forum geniet. Ek is oortuig dat daar veel aangenamer gemeenskaplike kampeer verwante insette kan wees.