Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.
1. Die onlangse geweld in die land:
Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;
Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?
Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"
Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.
Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?
Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?
2. Inenting:
Blykbaar 'n sensitiewe saak.
Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.
Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.
My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.
My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?
Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.
In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.
Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.
Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.
Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.
Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.
Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan. (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))
Wildehont jy is reg. Een…
Wildehont jy is reg. Een gebied vir ingeentes and vir anti vax manne. Een gebied vir TB pasiente, Ander een met AIDS. Die ander gebied kan opgedeel word tussen die aborsie mammas, Hartkwale en die mense wat oorgewig is. Moet nie vergeet van die bordtjie om die nek nie.
Grootwind elke ou glo maar…
Grootwind elke ou glo maar aan sy eie "fakenews". Net soos die media, koerante, FB, Twitter. Alles word beheer met 'n ysterhand. Iemand skryf dit soos "HY" dit sien, korrek of verkeerd. Die geloofwaardigheid kom in by die persoon wat dit lees. Die keuse bly steeds joune.
Dis seker die rede waarom minder minse opdaag vir die inentings.
Die grootste vraag wat…
Die grootste vraag wat niemand beantwoord nie is die volgende: Hoekom is ingeente mense bang vir die nie-ingeente mense? Al die mense wat so baklei dat die ander mense ook ingeent moet word moet hierdie vraag eerlik beantwoord.
Oor die Regte om mense uit te sonder. Daar is wette vir aborsies goedgekeur wat aborsies beskerm. Aborsies is moord in die naam van "My Body, My Life" In hierdie geval word 'n klein ongebore mensie vermoor. Twee mense, 'n man en vrou, het nie voorsorg getref nie en nou agv die fout wat hulle gemaak het word 'n klein babatjie vermoor. Hulle pleeg nou moord om hulle fout reg te maak. Wetlik word hulle en hulle keuse beskerm.
As jy dit kan regverdig dan kan jy ook nie-inenting verplig nie.
Skerpion baie interressant…
Skerpion baie interressant dat jy aborsie opbring. Ek dink die daaglikse sterftes is 175 000 en jaarliks is meer as 50 miljoen?
Dit laat Covid soos 'n erg verkoue seisoen lyk?
Tong in die kies
Een gebied vir ingeentes and vir anti vax manne. Een gebied vir TB pasiente, Ander een met AIDS. Die ander gebied kan opgedeel word tussen die aborsie mammas, Hartkwale en die mense wat oorgewig is. Moet nie vergeet van die bordtjie om die nek nie.
Skerpioen, my voorstel was tong in die kies. Die wereld het in elk geval só polities korrek geword dat so voorstel nooit uitgevoer sal word nie.
Die grootste vraag wat niemand beantwoord nie is die volgende: Hoekom is ingeente mense bang vir die nie-ingeente mense?
Ek is nie bang vir iemand wat nie ingeënt is nie, dit is nie waaroor dit gaan nie. Waaroor dit wel gaan, is dat Covid nie gaan wegraak en ophou om ‘n mense te infekteer nie. Party van die lg mense sal ook nie ophou om ernstig siek te raak, onnodige druk op ons gesondheidsdienste uit te oefen en sommiges selfs sterf nie.
Ons regering sal ook nie ophou met belaglike inperkingsmaatreels soos om die ure vir drankverkope te beperk en ‘n hele bedryf se werknemers en ons ekonomie skade aan te rig totdat voldoende kudde immuniteit bereik is nie. Dit gaan nie gebeur sonder inenting, of as nie genoeg mense ingeënt word nie. En dit is waarvoor ek bang is.
Ons kan nie vir ewig aangaan soos die afgelope jaar en ‘n half nie. Inteendeel; ons kan nie langer so aangaan nie. Na wanadministrasie, staatskaping, ekonomiese inperkings waarvan baie nie logies die verspreiding van die virus bekamp nie, en die onlangse plundering van ons land (40 000 besighede het skade gelei) is daar min wat oorbly.
En die wat het (minderheid) kan nie volhoubaar die meerderheid wat nie het dra nie. Ons is een van (of dalk die enigste?) Afrika lande wat kan bekostig en die infrastruktuur het om genoeg mense in te ent om ‘n mate van pre-Covid aktiwiteite terug te bring.
Mense wat nie ingeënt wil word nie kan nie gedwing word nie. As bewusmaking hulle nie oortuig nie hoef hulle dit ook nie te doen nie. Maar dis nie nodig vir hulle om van die sosiale media dakke af skree dat inenting gevaarlik is en nie werk nie. As dit werklik die geval is, en oor vyf jaar groei ons almal wat ingeënt is ‘n paar horings of sterf van ‘n genetiese defek wat die inenting veroorsaak het kan hulle sê “Julle wou mos”.
Intussen hoef ons nie mekaar te probeer oortuig van die ander se standpunt nie. Nes iemand (dalk jy?) vroeër genoem het gaan geen Ford eienaar ‘n Toyota man oortuig om ‘n Ford te koop nie, hulle gaan net stry oor nonsens en dalk kwaaivriende raak.
Tong in die kies
Covid sal nie gou verby gaan nie. Daar is nog te veel geld om te maak...
Wildehond, Myne was ook maar…
Wildehond, Myne was ook maar tong in die kies. Inenting of nie is 'n persoonlike keuse.
Gewoonlik weet die Toyota manne meer van die Ford produkte as die Ford eienaar self. En ook anders om. Ek like dit tog om iemand se been te trek.
Voortrekker, Baie keer in die gesprek is genoem dat mense verplig moet word om in te ent. Baie water sal nog in die see moet loop. Dis waarom ek Aborsie Wette gebruik het as voorbeeld dat dinge nie so maklik gedoen en afgedwing kan word nie. Mens hoef nie met al die wette saam te stem nie maar moet dit tog respekteer. Mense verskil.
As iemand 'n produk het wat hy verniet weggee maar min mense wil die produk gratis he sal ek vrae vra. Hoekom nie? Waarom nie? Ek dink dieselfde met die entmiddel.
Ek het vir 3 1/2 jaar net gelees en in een dag kom praat ek te veel. Geniet julle naweek.
Ek het geen probleem met die…
Ek het geen probleem met die persoon wat die inenting gevat het nie, great vir daardie persoon wat die besluit geneem het en dit gaan doen het. Ek aan die ander kant, kan nie my vertroue soos daardie persone sommer net in die stelsel plaas en dit gaan doen nie.
Daar is te veel "fake news" dalk is dit nie eers alles vals nie, dit net oorsien en gaan vir die inenting nie, ek is maar iemand wat die kat gewoonlik mooi uit die boom uit kyk, ek sal dit oordink, bedink, nuusstof lees oor die inenting en bid oor die saak.
So ek sal maar vir nou my vertroue in die Ivermektien sit, dit werk op diere, met die regte hoeveelheid en op gereelde basis die vloeistoffie drink, drink dit nou al vir n paar maande en ek bler of mooh nog nie, ek kan in afrikaans tik en praat. ek lees aandagtig almal se insette en is elke persoon se keuse en respekteer dit.
Ek het net n vraag, wat as die Fake news aan die einde van die dag die waarheid is en die nuus wat ons sien as geloofwaardig as die valse nuus?
Is dit nie maar tog die…
Is dit nie maar tog die vyand se manier om die waarheid te verdraai en dat n mens die nonsens moet glo nie, dan het hy mos gewen!
Want dan is ons soos n klomp skape wat slaghuis toe gaan, ons volg maar net blindelings die voorste skaap, let wel ek bedoel onder geen omstandighede dat ons wat hier gesels n spul skape is of blindelings net die regering volg nie, is maar net n wyse van praat.
Ai mense. Al die…
Ai mense. Al die vriendelike saam gesels laat my nou sommer verlang na my vriend DK. Weet iemand hoe dit met hom gaan?
Dit het niks te doene met…
Dit het niks te doene met bang wees vir diegene wat nie ingeent is nie...dit het alles te doen met die gevolge van 'n groot populasie wat die stories en conspiracy theories rondom inentings glo. Dis welbekend in virologie kringe dat diegene wat nie ingeent is nie die SARS-CoV-2 virus van 'n wonderlike broeiplek vir nuwe en gevaarliker variante voorsien. Massa inentings bly die enigste oplossing en het ook gelei tot die basiese uitwissing van dodelike siektes soos polio, masels ensovoorts. Wat in hierdie gevalle ook baie gehelp het is dat langafstand reise oor die wereld heen nie so algemeen was nie en dus was verspreiding stadiger. Ongelukkig is dit nou baie vinniger vir enige virus om globaal te versprei, Ek het laas jaar einde Januarie op pad huis toe vanaf die VSA vir my aansluitingsvlug op Heathrow gewag toe daar 'n paar nuusberigte was oor een of ander nuwe virus in China wat moontlik gevaarlik kan wees...niemand het juis omgegee nie - ek het nog met die ou langs my gespot dat oubaas Livingstone die Viktoriavalle ontdek het op die rug van Gin & Tonic, geen malaria gogga het 'n kans teen G&T gestaan nie so kom ons drink die vlug huis toe om met G&T!. Skaars 'n maand later het die ding orals kop uitgesteek en mense het op strepe begin doodgaan...danksy die gemak en spoed waarmee ons en die goggas wat ons dra vervoer globaal kan reis. Wat verpligte inenting aanbetref is dit sekerlik op pad, en ek sal dit ook steun. Vanoggend het 'n maatskappy in die Kaap aangekondig dat hulle ter wille van die beskerming van hulle werknemers en hulle families asook die besigheid alle werknemers gaan verplig om in te ent....so ook begin Biden geluide maak dat die VSA slegs reisigers wil toelaat wat ingeent is. Hoor dieselfde geluide uit Nieu Seeland en Duitsland asook Frankryk. As mesn dit deurdink is dit eintlik algemeen, bv. lande soos Kenia vereis bewys van 'n geelkoors inenting voordat mens toegang kry...en dis al donkiejare so, in die ou SAW was ons ook met elke kamp ingeent teen tetanus...geen hoop om dit te weier nie, die RSM het baie seker gemaak jy kry daai inspuitingkie! So rol maar op daai linkerarm mou
Lekker naweek, en bly veilig
Sjoe........
Sjoe, die gesprek oor Covid-inenting het nou 'n wye draai geneem, van dronkbestuurders, MIV-vigs tot by aborsies. !
Ek is in 'n baie gelukkige posisie dat al ons familie (met een uitsondering), vriende en kamp-vriende wel ingeënt is en vir ons is dit baie gerusstellend. Alhoewel ek nie kan verstaan dat iemand nie veiligheidshalwe ingeënt wil word nie, moet ek noodgedwonge so 'n persoon se keuse respekteer. Maar diegene moet ook verstaan dat dit my keuse is om nie met sodanige nie-ingeënte persone persoonlike kontak te wil hê nie.
Dit is jou reg Len om te…
Dit is jou reg Len om te besluit saam met wie jy wil verkeer. Ek maak my besluite weer op mense se persoonlikehede en oor hulle geestelike gesonheid as dit kom by my keuse oor saam met wie ek wil kamp en sosiaal verkeer.
Anton....
Anton, miskien het ek my punt nie duidelik genoeg gestel nie. Keuse van 'n mens se vriendekring of anders gestel, mense saam met wie jy wil sosialiseer word gevorm deur 'n wye verskeidenheid faktore waarvan persoonlikheid een is wat jy noem. Ek is van mening dit is 'n algemene gebruik wat deur alle mense toegepas word. Al voldoen iemand aan my vereistes van iemand waarmee ek graag wil sosialiseer, dwing dit my nie om af te sien van my keuse om liewers nie met vriende/famielie wat nie ingeënt wil word, kontak te hê nie.
Dus, dit is nie 'n keuse van vriendskap nie, maar wel 'n keuse van persoonlike kontak in 'n tydperk van 'n wêreldwye pandemie.
Johann, ek sien jy sé jou…
Johann, ek sien jy sé jou skoonsuster beweer daar was nog niemand wegewys by Wilgers hospitaal, maar dan sê sy verder sy weet net van die wat in die teater kom. So wat sy eintlik sê is dat nie een wat opgeneem us weggewys was nie. Eintluk nogal baie logies!!!
Petra kon towvallig wel by Die Wilgers hospitaal plek kry, maar toe was dit reeds te laat.
Die Wilgers en alle ander Hospitale in Pta se ICU's het geen plek gehad nie!
Maar ja uiteraard sal jou Skoonsuster nie bewus gewees het van Petra se geval nie, omrede Petra nooit in die teater kon kom nie. Sy kon nie teater toe gaan omdat hulle nie plek in ICU gehad het nie!
Len, nee jy verstaan nou vir…
Len, nee jy verstaan nou vir my verkeerd. Ek noem net waarop ek my besluite maak, inenting of nie is nie op MY lys nie.
Daar is seker ook mense wat sulke besluite maak gebasseer op ras of godsdiens of hoeveeld geld iemand het.
Hoeveelheid geld!!!!
Uiters belangrike kriteria in vandag se tyd. Mens kan nie help as jou ouers arm is nie, MAAR jy het 'n keuse as dit my skoonouers kom. Maak die regte keuse![]()
Ai Wessel. Party mense se…
Ai Wessel. Party mense se ouers is arm en hulle maak ook die verkeerde besluite.
Anton...
Anton, ons moet dit miskien maar los - ons praat bymekaar verby. Ek glo nie ek verstaan jou verkeerd nie, want ek en jy (en heelwaarskynlik ander mense ook) kies ons vriende op presies diesefde manier en inenting of nie is nie ter sprake tydens ons vriendskapkeuse nie. Maar, vir jou is dit nie belangrik of jou vriende ingeënt is of nie terwyl dit vir my uiters belangrik is omdat ek en my vrou in die hoë risiko groep is.
Dus my vriendskapkeuse het niks met inenting te doen nie, maar ek verkies om nie persoonlike kontak te hê met 'n vriend wat nie inenting-voorsorg wil tref nie. Dit verander niks aan ons vrienskap nie, my keuse is bloot ek wil nie persoonlike kontak met hom hê nie vanweë die risiko wat dit vir my inhou.





Ek is altyd wakker as dit by…
Ek is altyd wakker as dit by data en navorsing kom!
Daai truth11 website is 100% fakenews, byna alles is onwaar...hulle stel dit self so mooi, hulle is 'n "alternative news" kanaal! Vinnige soektog wys die narratief van daai website baie vinnig uit...die dr waarna verwys word is hoof van die Herzog Hospitaal wat 'n sg. "geriatric" hospitaal is dws hulle spesialiseer in mense wat BAIE oud is, vlgs hulle FB profiel 85 en ouer en byna almal het 'n lang lys van mediese probleme, die covid afdeling is ook baie klein (die hele hospitaal het maar iets soos 330 beddens). Hieronder is 'n aanhaling wat die dok op hulle FB geplaas het 'n paar dae gelede:
"Dr. Kobi Haviv, CEO of Herzog Hospital is happy to announce that all patients and staff at Herzog Hospital, Jerusalem are being vaccinated with the third anti-covid dose.
He confirmed how important it is to get vaccinated, as it is still the best-proven treatment to reduce the chances of getting infected with the virus.
He recommends that all those who have not yet been vaccinated with even the first and second doses, immediately arrange to get vaccinated. For their own benefit and those around them.
Hier is nog iets van die hospitaal se FB:
"Dr. Kobi Haviv, the CEO, shares with us:
𝘠𝘦𝘴𝘵𝘦𝘳𝘥𝘢𝘺, 𝘸𝘦 𝘸𝘦𝘳𝘦 𝘧𝘪𝘭𝘭𝘦𝘥 𝘸𝘪𝘵𝘩 𝘮𝘪𝘹𝘦𝘥 𝘦𝘮𝘰𝘵𝘪𝘰𝘯𝘴. 𝘖𝘯 𝘵𝘩𝘦 𝘰𝘯𝘦 𝘩𝘢𝘯𝘥, 𝘸𝘦 𝘭𝘰𝘴𝘵 𝘰𝘯𝘦 𝘰𝘧 𝘰𝘶𝘳 𝘥𝘦𝘢𝘳 𝘱𝘢𝘵𝘪𝘦𝘯𝘵𝘴. 𝘌𝘷𝘦𝘳𝘺 𝘥𝘦𝘢𝘵𝘩 𝘣𝘳𝘦𝘢𝘬𝘴 𝘰𝘶𝘳 𝘩𝘦𝘢𝘳𝘵𝘴.
𝘖𝘯 𝘵𝘩𝘦 𝘰𝘵𝘩𝘦𝘳 𝘩𝘢𝘯𝘥, 𝘸𝘦 𝘸𝘪𝘵𝘯𝘦𝘴𝘴𝘦𝘥 𝘮𝘰𝘮𝘦𝘯𝘵𝘴 𝘰𝘧 𝘩𝘰𝘱𝘦 𝘢𝘯𝘥 𝘫𝘰𝘺, 𝘵𝘩𝘢𝘵 𝘨𝘪𝘷𝘦𝘴 𝘶𝘴 𝘵𝘩𝘦 𝘴𝘵𝘳𝘦𝘯𝘨𝘵𝘩 𝘵𝘰 𝘤𝘰𝘯𝘵𝘪𝘯𝘶𝘦. 𝘛𝘩𝘢𝘵 𝘸𝘩𝘪𝘤𝘩 𝘥𝘦𝘵𝘦𝘳𝘪𝘰𝘳𝘢𝘵𝘦𝘴 𝘢𝘯𝘥 𝘥𝘪𝘦𝘴 - 𝘪𝘵 𝘪𝘴 𝘩𝘦𝘢𝘳𝘵𝘣𝘳𝘦𝘢𝘬𝘪𝘯𝘨. 𝘉𝘶𝘵 𝘸𝘩𝘰𝘦𝘷𝘦𝘳 𝘩𝘦𝘢𝘭𝘴 - 𝘪𝘵 𝘪𝘴 𝘢 𝘤𝘦𝘭𝘦𝘣𝘳𝘢𝘵𝘪𝘰𝘯 𝘧𝘰𝘳 𝘩𝘪𝘴 𝘧𝘢𝘮𝘪𝘭𝘺, 𝘢𝘯𝘥 𝘯𝘰 𝘭𝘦𝘴𝘴, 𝘢 𝘤𝘦𝘭𝘦𝘣𝘳𝘢𝘵𝘪𝘰𝘯 𝘧𝘰𝘳 𝘰𝘶𝘳 𝘴𝘵𝘢𝘧𝘧 𝘢𝘴 𝘸𝘦𝘭𝘭.
𝘐 𝘩𝘦𝘢𝘳 𝘢𝘯𝘥 𝘢𝘮 𝘢𝘮𝘢𝘻𝘦𝘥 𝘣𝘺 𝘵𝘩𝘦 𝘥𝘪𝘴𝘤𝘶𝘴𝘴𝘪𝘰𝘯𝘴 𝘰𝘯 𝘵𝘩𝘦 𝘦𝘧𝘧𝘦𝘤𝘵𝘪𝘷𝘦𝘯𝘦𝘴𝘴 𝘰𝘧 𝘷𝘢𝘤𝘤𝘪𝘯𝘦𝘴. 𝘐 𝘸𝘢𝘯𝘵 𝘵𝘰 𝘮𝘢𝘬𝘦 𝘪𝘵 𝘤𝘭𝘦𝘢𝘳 𝘧𝘳𝘰𝘮 𝘸𝘢𝘵𝘤𝘩𝘪𝘯𝘨 𝘵𝘩𝘦 𝘨𝘳𝘦𝘢𝘵 𝘮𝘢𝘴𝘴 𝘰𝘧 𝘊𝘰𝘳𝘰𝘯𝘢 𝘱𝘢𝘵𝘪𝘦𝘯𝘵𝘴, 𝘸𝘩𝘰 𝘢𝘳𝘦 𝘩𝘰𝘴𝘱𝘪𝘵𝘢𝘭𝘪𝘻𝘦𝘥 𝘸𝘪𝘵𝘩 𝘶𝘴, 𝘵𝘩𝘢𝘵 𝘵𝘩𝘦 𝘷𝘢𝘤𝘤𝘪𝘯𝘦 𝘪𝘴 𝘪𝘮𝘱𝘰𝘳𝘵𝘢𝘯𝘵."
Klink mos nou al asof die inentings werk? Nou wonder ek, is dit 'n BANG wat ek hoor