Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Braai 1x Kruger 2026 Geert -36 minutes ago
Stem saam... Kruger 2026 Rona du Plessis -59 minutes ago
Brandstof spekulasie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
See vakansie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Herrman Kruger 2026 Johann L -1 hour ago
Jonger geslag, Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago

Vriendelike debat voering.

Vaalpark
Submitted by Johann L on

Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.

1. Die onlangse geweld in die land:

Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;

Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?

Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"

Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.

Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?

Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?

2. Inenting:

Blykbaar 'n sensitiewe saak.

Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.

Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.

My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.

My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?

Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.

In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.

Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.

Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.

Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.

Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.

Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan.  (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))

 

Vaalpark

Johann L

Wed, 11/08/2021 - 18:51

En so kan ons mekaar sonder op hou na teenstellende web blaaie verwys, elkeen wil sy eie beul blaas.

Al wat ek gevra het, was dat ons nie vernederde woorde moet gebruik nie. 

Stel jou punt, en laat ander verskil, dit is 'n demokrasiewink

 

0
Irene

Grootwind

Thu, 12/08/2021 - 10:50

Johann, ek sukkel om die strekking van jou laaste twee plasings te verstaan. jy sê dat jy vriendelike debat wil sien. Ja ek verskil lynreg met diegene wat anti-vax is en wat weier om ingeent te word...wat is verkeerd daarmee? En ja ek verwys na ander bronne...weereens wat is fout daarmee? As dit nou as negatief gesien word is dit seker maar tot daarnatoe, hoe op aarde bring jy dit in verband met "elkeen wil sy eie beuel blaas'? Om te verskil is tog wat "debat" beteken? Om Webster woordeboek aan te haal wat debat beskryf as "...to engage in argument...".  Dat gesprekke partymaal warm kan raak is tog deel daarvan? In ieder geval ek sien die nuwe "hoogtepunt" op die forum is porta potti's...maar ek sal eerder maar verby hou netnou ontstel ek weer iemand laugh

0
Worcester

Wildehont

Thu, 12/08/2021 - 11:03

Ek geniet altyd jou plasings want dit bevat behoorlike inligting wat spreek van kennis van die onderwerp of behoorlike navorsing in die geval. Ek dink nie Johann het direk na jou verwys nie. Hy het dit daarteen dat mense wat nie wil inent nie beledig word of verbied word om bv toegang tot ‘n oord te kry. Oor eersgenoemde kan ek met hom saamstem, maar oor laasgenoemde verskil ek.
 

Voor my kinders toegelaat word tot skool moet ek bewys lewer dat hulle teen kindersiektes ingeënt is. Dit maak sin, want anders kan hulle die siektes versprei. Dit gaan tog oor die veiligheid en oorlewing van die groter groep. As iemand verkies om nie teen Covid ingeënt te word nie, wil ek nie langs hulle op ‘n elf ure vlug Europa toe sit nie en ook nie hê hulle moet SA besoek van oorsee af nie. Is dit onbillik? 

0

…. moet jam kry.

Ek dink baie van die misverstande, hetsy op die forum, of in die algemeen, is weens swak kommunikasie. Mense skryf en lees nie altyd met dieselfde bril nie.

Ek verloor ook totaal my humeur as die oordrag van kritiese inligting swak, vaag of dan grys geskryf word. Ek verkies dat veral wetenskaplike en tegniese inligting so een-een duidig beskryf/aangebied word, dat almal dit slegs op dieselfde manier kan interpreteer.

 

 

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 12/08/2021 - 12:35

Ek gaan herhaal wat ek al verskeie keer gesê het, as ek nie met iemand se standpunt saamstem nie, gaan ek nie daai persoon as selfsugtig, of wat ook al beskou nie, dit is daai persoon se siening en klaar.

Ek het nie een enkele persoon hier aan gehaal nie.

Grootwind se insette beskou ek as baie insiggewend, maar laat ons nie 'n ander persoon se standpunt as selfsugtig af maak nie.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 13/08/2021 - 06:14

'n Baie interressante artikel in die Huisgenoot van hoe om die saak te hanteer rakende die, vir en teen van die inenting met familie en vriende. Ek sit tans met so 'n situasie in my familie.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 13/08/2021 - 07:17

More Hennie, en Anton.

Ek sit ook im die bootjie van gesin wat twee rigtings dink, ek het gevax, my vrou weier. Ek gaan haar nie probeer ompraat nie,  en ook nie afkraak nie punt.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 13/08/2021 - 07:26

Ek en my vrou is in isolasie na ons Saterdag met ons kleinseun in komtak was, in daai stadium was ons nie bewus van die probleem nie. Intussen is my dogter en Adriaantjie se kleiner boetie ook aan gesteek.

Hierdie volgende 9 dae gaan baie lank wees, maar ons sal deurdruk. (Reeds 5 dae wat ons nêrens kom nie

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 13/08/2021 - 07:27

Mnr Slot, jy raak ń interesante punt aan.

Jy noem dat elke ou sy punt mag stel want dit is hoe hy of sy voel?

Maar dan noem jy dat as my gevoel is dat iemand selfsugtig is omdat hy nie sy medemens wil beskerm nie, mag ek dit nie sê nie??

Dit is immers my persoonlike opinie en nie noodwendig reg nie? As jy glo dat dit verkeerd is om inge-ent te word glo jy immers nie dat jy selfsugtig is nie, jy doen dan mos die regte ding?

Nou as jy oortuig is jy doen die regte ding, hoekom jou dan bekommer oor wat ander mense sê of dink??

 

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 13/08/2021 - 07:32

Ek glo in elk geval dat die wat nie die jab wil vat nie in die nabye toekoms tog wel ekonomies gedwing sal word om dit maar te vat.

Hoe lank gaan mense tevrede wees om ń werkplek of enige plek van ontspanning te deel met ń klein groepie hardkoppiges wat nie die vax wil neem nie?

0

Ek het vriende wat anti-vaxers is en ek self sit n tweede keer met n seer linker arm na my tweede en finale jab wat ek gister gekry het.

Dit help nie om in n debat met die anti-vaxers te gaan nie want elke ou het maar sy eie oppinie.

Maar, die een party moet nie die ander party sleg maak nie, dit is soos die bakkie debat, myne is die beste en joune is vir jou die beste, deadlock, punt.

Maar ek kan wel noem dat Tannie Poppie dit sal waardeer as die anti-vaxers en die mense wat nog steeds glo dat Covid n hoax is biki kom uithelp in haar hospitaal as die volgende wave ons slaan want hulle almal is al redelik moeg en depresief van al die min slaap, die skuif van pasiente na hospitale waar daar nog n bed oop is en soeke na ventilators en suurstof en  al mense wat sterf aan die hoax.

Lekker dag.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 13/08/2021 - 07:45

Frik, nou raak jy 'n baie belangrike punt, die van die hoax teorie. Dit is ongelooflik dat mense nog steeds kan glo dat dit die geval is. 

My hart gaan uit na ons mediese personeel en polisie, hulle stel daagliks hul lewens in gevaar. Hulle het nie 'n keuse nie, moet doen wat gedoen moet word.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 13/08/2021 - 07:55

‘n Vinnige soek op die www het die artikel uit 2018 opgelewer wat verskeie voorbeelde bevat daarvan, en tot die gevolgtrekking kom dat teenstand teen inenting so oud is soos inenting. 

0

Arie, n goeie voorbeeld sal wees as ons almal op n boot klim en gaan vaar op die see, ek gaan n reddingsbaadjie aantrek want ek kan nie goed swem nie en al kan ek goed swem gaan ek nie noodwendig die twee kilos land toe maak nie!

Doe ou wat voel dat hy vir Ryk Neethling n les of twee gaan leer en die land gaan haal op sy eie sonder n reddingsbaadjie of glo dat die boot nooit sal omtiep nie, goed vir hom.

Ek en andere voel onveilig sonder die reddingsbaadjie en dis ons reg om so te voel net soos wat dit daai Ryk Neethling lookalike se reg is om sonder een die see aan te durf.

Elke man vir homself.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 13/08/2021 - 08:52

Frik ja dit is ongelukig daai "elke man vir homself" wat my so omkrap!!! In my opinie, seker heeltemaal verkeerd, is dit pure selfsugtigheid!!!

Ek het my vroutjie gister ń jaar gelede aan die dood afgestaan as ń indirekte gevolg van Covid!!

Petra het 5 dae in ń kliniek gelê met ń aar wat geskeur het. Sy het heeltyd gebloei en het aanmekaar bloed oortapping gekry.

Sy moes wag vir ń plek in ń hospitaal waar ń dr sou opereer om die aar te heg!

Hospitale was ongelukig almal vol met covid pasiente. Hulle het vir haar ń plek in Wilgers hospitaal gekry. Die ambulaans sou haar die oggend ses uur by die kliniek in Bela kom haal om Wilgers toe te neem. Met die bewegings om haar in die ambulaans te kry het die slagaar in haar lies in twee geskeur en het sy binne sekondes uitgebloei!!

Niemand sal verseker weet nie, maar glo tog as sy die eerste dag wat die bloeding begin het en nog baie min gebloei het, het sy dalk ń baie goeie kans vir oorlewing gehad!?

My eie opinie is dat enige persoon wat weier om ge-ent te word dan ook toegang tot ń hospitaal geweier word!!

Hoekom moet hul beddens opneem van ander pasiente wat dit dringend nodig het.

As jy glo jy kan sonder die vax oorleef, gun dan jou plek in die hospitaal, sidat ons "banges" mediese versorgong kan kry.

Hoeveel mensr moet nog onskuldig sterf omdat ń klomp hardkoppiges weier om die vax te kry, maar tog heel gewillig is om in die hospitaal behandel te word?

Jammet (nie regtig nie) maar dot is my gevoel!!

Ek is nie bitter nie, loop ook nie heeldag en tob oor dit nie.

Maar sien soms erg rooi as die anti vaxers so tekere gaan en voel ons moet hulle baie saggies met handskoene hanteer, nee ek het my gevoel teenoor hulke en dit is nou maar so!!

Ek sal hul opinie respekteer die dag wat hul hulsrlf van my afsonder en dan ook weier om hospitaal toe te gaan waneer hulle covid kry!

Moenie ander mense behandeling musgun net omdat jy nie glo aan iets nie!!

0
Irene

Grootwind

Fri, 13/08/2021 - 08:54

Hoop julle bly gesond Johann, sterkte met die isolasie en werk maar aan SWAMBO!

Arie is heeltemal korrek, ons toekomstige lewens styl gaan sekerlik bepaal word of ons ingeent is of nie. Dit begin reeds dudielik raak in lande soos Frankryk, Kanada en andere wat begin aandring op 'n "Covid Inentings Paspoort" alvorens jy toegelaat word in restaurante en so aan, en selfs toegang tot die land. OK as jy weier maar dan moet jy teen eie koste vir 10-14 dae in isolasie bly in 'n voorgeskrewe "isolasie hotel" plus 'n negatiewe toets voorlê. Interessant is die Britse statistieke, sowat 76% van hulle volwasse bevolking is reeds ten volle ingeent met beide jabs en hulle begin ook reeds met kinders en swanger vroue. Alhoewel hulle 'n Delta golf tans beleef bly hulle sterftesyfers baie baie laag ten spyte van die huidige hoë getal positiewe toetse. 'n Artikel vrygestel as 'n sg. "preprint" op 4 Augustus deur die Britse Imperial College in London wys duidelik dat die kanse om covid op te doen deur ten volle ingeente mense minstens 3-keer laer is as vir on-ingeente mense, en boonop is die wat ingeent is en dit steeds opgedoen het nie so siek nie...maw dit red lewens. (vir die wat belangstel die Imperial artikel is in twee weergawes beskikbaar, ene in leketaal)

https://www.imperial.ac…

en die ander in baie tegniese taal (die skakel vir die een is in die bostaande weergawe as jy van statistiek hou!).

Ek dink die mediese mense is meestal gatvol vir die pandemie, veral as hulle aanhoudend moet werk met mense wat ernstig siek is en geweier het om ingeent te word. Ons kan net dankie sê dat hulle steeds op hulle pos is ten spyte van die risiko vir hulself en hulle eie gesinne, maar ek is seker dit sal waardeer word as mense minstens ook verantwoordelik optree en hulle laat inent? Ek het eergister 'n interessante gesprek gehad met 'n oud-kollega wat alles glo wat deur die anti-vaxers opgedis word, en as niks werk nie terugval op die argument dat dit slegs 'n "klein" persentasie mense wat uiteindelik siek word en doodgaan...laaste amptelike dodetal is goed op pad na 80 000 sterftes (kundiges reken boonop dat daar 'n bykomende sowat 220 000 "excess" sterftes is wat waarskynlik ook covid verwant is). Ten spyte van my oud-kollega se opinie is dit alles behalwe 'n "klein" getal?

Lekker en veilige naweek vir almal!

 

0
Irene

Grootwind

Fri, 13/08/2021 - 09:08

Dalk net byvoeg....dame wat ons goed ken en by twee groot privaat hospitale in Centurion in die "rooi" areas met covid pasiente werk se lewe (as dit is wat mens dit kan noem) sedert Maart 2020 bestaan uit heeldag werk met basies 'n bio-beskermings pak, maskers, die lot , baie dae 12 uur lank, gevolg deur die wegdoen van die pak aan die einde van haar skof. As sy by die huis arriveer kom sy nie naby haar gesin nie alvorens sy haar klere in 'n afsonderlike was mandjie gesit het gevolg deur  'n volledige kop tot tone bad/skrop gehad het nie. Eers dan kan sy haar gesin fisies groet. Sy erken dat sy baie naby aan 'n totale sielkundige ineenstorting is. Haar lewe lyk nou al so die afgelope 18 maande met geen einde in sig nie...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus