TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -2 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -4 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -4 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -4 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -4 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -4 hours ago

Banddruk in Kruger wildtuin

Brits
Submitted bywessels onTue, 27/07/2021 - 13:08
Forums
Sit ek skielik en dink, waarom verlaag ons nie ons banddruk in Kruger wildtuin nie? Dit is standard praktyk in die Kalaghadi, en word aanbeveel. Tog in die Kruger doen die meeste van ons dit nie. Die meeste hoofkampe het vulstasies, waar mens sekerlik ook jou bande kan pomp. Ek is ook ene wat dit nie doen nie, en dan omtrent kla oor die sinkplaat paaie. Volgende keer gaan ek afblaas, mens ry selfs op die teer stadig genoeg, om met lae druk te ry.
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 27/07/2021 - 13:20

Baie van ons pomp ons bande met stikstof en net gewone lug is in die Wildtuin by pompe beskikbaar.

Middag Len

Ek pomp ook my bande met stikstof, daar is egter altyd so 21% suurstof by. Ek kon nog nooit uitvind waarom die suurstof in bande mense pla nie. Daar is weinig wat kan roes, meeste vellings deesdae is elkgeval 'n Aluminium allooi wat nie juis met lug reageer nie.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 27/07/2021 - 13:46

Ek kan ongelukkig nie die detail onthou t.o.v. die inhoud van die artikel en waar ek dit gelees het nie. Maar daarvolgens kon inderwaarheid geen werklike voordeel gevind word om jou bande met stikstof te pomp nie. Ek gasn bietjie soek om meer inligting te gee.

Middag Chris B

Ek het ook gou gaan loer, en daar is baie inligting.

Continental se artikel het tot die slotsom gekom dat vir gewone padgebruikers, daar eintlik geen voordele in is nie. Dit bied wel voordele vir die lugvaart industrie, waar vog in die bande tot vries kan lei.

Ek het nog  nooit die sin daarin gesien nie, veral nie as ek daarvoor moet betaal nie.

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 27/07/2021 - 14:03

Mens kry n groen proppie daarvoor en dit laat mens se voertuig cool lyk.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 27/07/2021 - 16:10

Ek het weer verstaan dat bande op teer koeler loop as dit met stikstof opgepomp is.  Of daar enigiets in steek, weet ek nie.

Met die aanbring van my Cooper bande, het my bandhandelaar aanbeveel dat die bande met stikstof gepomp word.  Selfs wanneer ek tussentyds by die bandhandelaar laat pomp, betaal ek nie daarvoor nie.

Vaalpark

Johann L

Tue, 27/07/2021 - 17:36

Ek het op 'n stadium met stikstof in die bande gery en gevind dat dit wel so 2 -3 grade koeler loop, maar omdat ek my bande se druk self nagaan voor elke rit, en ook self pomp, het ek dit heeltemal gestop. Dit was nie vir my prakties nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 27/07/2021 - 18:07

Ek het altyd gevind dat die druk baie beter konstand by met stikstof.  Maar doen dit ook nie meer nie. 😫

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 27/07/2021 - 20:13

Op skool is ons geleer dat 80% van die atmosfeer is Stikstof , en die 20% res, suurstof , en paar ander gasse, poepe ingesluit.  Neef maak sy bande vol met 80% stikstof, werk al goed vir baie jare.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 28/07/2021 - 10:08

en paar ander gasse, poepe ingesluit.

Herman, jy sê jy vul jou bande met 80% stikstof, maar jy sê nie hoe jy die 20% "ander gasse" in die bande gepomp kry nie.  Het die aksie dalk iets met 'n "enema" te doen ?