Gewone lug
Middag Len
Ek pomp ook my bande met stikstof, daar is egter altyd so 21% suurstof by. Ek kon nog nooit uitvind waarom die suurstof in bande mense pla nie. Daar is weinig wat kan roes, meeste vellings deesdae is elkgeval 'n Aluminium allooi wat nie juis met lug reageer nie.
Ek kan ongelukkig nie die…
Ek kan ongelukkig nie die detail onthou t.o.v. die inhoud van die artikel en waar ek dit gelees het nie. Maar daarvolgens kon inderwaarheid geen werklike voordeel gevind word om jou bande met stikstof te pomp nie. Ek gasn bietjie soek om meer inligting te gee.
Continental Tyres webblad
Middag Chris B
Ek het ook gou gaan loer, en daar is baie inligting.
Continental se artikel het tot die slotsom gekom dat vir gewone padgebruikers, daar eintlik geen voordele in is nie. Dit bied wel voordele vir die lugvaart industrie, waar vog in die bande tot vries kan lei.
Ek het nog nooit die sin daarin gesien nie, veral nie as ek daarvoor moet betaal nie.
Groen proppie
Mens kry n groen proppie daarvoor en dit laat mens se voertuig cool lyk.
Ek verstaan....
Ek het weer verstaan dat bande op teer koeler loop as dit met stikstof opgepomp is. Of daar enigiets in steek, weet ek nie.
Met die aanbring van my Cooper bande, het my bandhandelaar aanbeveel dat die bande met stikstof gepomp word. Selfs wanneer ek tussentyds by die bandhandelaar laat pomp, betaal ek nie daarvoor nie.
Ek het op 'n stadium met…
Ek het op 'n stadium met stikstof in die bande gery en gevind dat dit wel so 2 -3 grade koeler loop, maar omdat ek my bande se druk self nagaan voor elke rit, en ook self pomp, het ek dit heeltemal gestop. Dit was nie vir my prakties nie.
stikstof ...
Ek het altyd gevind dat die druk baie beter konstand by met stikstof. Maar doen dit ook nie meer nie. 😫
Op skool is ons geleer dat…
Op skool is ons geleer dat 80% van die atmosfeer is Stikstof , en die 20% res, suurstof , en paar ander gasse, poepe ingesluit. Neef maak sy bande vol met 80% stikstof, werk al goed vir baie jare.
Neef ek vul ook altyd met 80…
Neef ek vul ook altyd met 80% stikstof en dit werk baie goed ![]()
Herman....
en paar ander gasse, poepe ingesluit.
Herman, jy sê jy vul jou bande met 80% stikstof, maar jy sê nie hoe jy die 20% "ander gasse" in die bande gepomp kry nie. Het die aksie dalk iets met 'n "enema" te doen ?





Stikstof
Baie van ons pomp ons bande met stikstof en net gewone lug is in die Wildtuin by pompe beskikbaar.