TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -1 hour ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -3 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -3 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -3 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -3 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -3 hours ago

Dra van voorkeur klere

Durban
Submitted byJan Meyer onFri, 03/09/2021 - 10:06
Forums

Siende dat ek gereeld by Elmarie raas kry oor klere wat ek aantrek wil ek hoor wat die manne sê.

Daar is veral sekere hemde en broeke wat as dit gewas en gestryk is dit weer gedra word. Ander klere word baie selde gedra. Elmarie steek al my "favourites" weg omdat sy moeg word vir dit. 

Tot die kinders terg my dat ek in foto's gewoonlik dieselfde klere aanhet.

Persoonlik is ek 'n netjiese mens -of altans probeer- maar ek mag ook nie as ek met iets besig is en net gou moet winkel toe gaan met die selfde klere aan  nie. Moet glo netjies lyk. 

Laat my terug dink aan 'n tannie wat altyd gesê het dat as sy die dag doodgaan moet ons asseblief seker maak haar voete is skoon voordat mense haar kom haal.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 03/09/2021 - 10:34

Jan, wat kan ek nou oor hierdie onderwerp sê behalwe : In my huis dra ek nog die broek !

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 03/09/2021 - 10:50

Lyk my ek en Jan het dieselfde probleem. Ek gaan een maal per week dorptoe, en ouma Von sal my gedurig vertel " Jy het n kas vol klere, maar trek elke keer dieselfde aan". Dan het ek n stokoud sweetpak wat nog van daai sawwe lap gemaak is. Dit is nou al so vol gate dat dit versigtig aangetrek moet word na n stort. Waneer die wintersaande so snerpend koud raak, klim ek met hom aan, in die bed. Ouma weet al, daai sweetpak is my begrawe klere.

Môre Jan en ander broek draers

Ek het ook my voorkeur klere, en nou is dit omtrent net in 1 kleur by Trappers beskikbaar-- effe kaki.

Ek lyk dus ook elke dag dieselfde, behalwe as ek kerk toe gaan. Ek wou al dat my beterhelfte nommers op die broeke en hemde borduur, dan kan die ander mense darem sien dat ek nie elke dag dieselfde aan het nie.

Dit is sommer tydmors om eers "skoon aan te trek", net om gou dorp toe te gaan. As iemand twyfel of ek die oggend skoon aangetrek het, kan hulle na my rug en broek se sitvlak kyk. die toets werk ook by kleuterslaugh

Centurion

Voortrekker

Fri, 03/09/2021 - 11:03

Ek het darem nog kinders in die huis -  so mamma kan haar uitleef op hulle kleredrag.    Maar bewaar my die dag as hulle uit die huis is sal sy seker op my toeslaan?

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Fri, 03/09/2021 - 11:26

SO ja Voories het die voorreg gehad om te sien dat ek net Kortbroeke dra, dit kom by die onderbroeke, 1 in die somer en twee in die Winterlaugh en dan natuurlik n lekker fris baadjie ook!

Is maar elke dag in my Jean kortbroeke met my Besigheids Hemde, net op sondae trek ek n langbroek aan met n knopies hemp vir kerk, sodra ek by die huis kom waai die langbroek.

Blykbaar is dit n Viljoen bloedlyn ding die van nie langbroeke dra nie, ek gaan winter en somer deur met net n slaap broek, kan nie met n hemp slaap nie, as ek wil draai en hy hou my vas dan skeer hy verseker.

Vaalpark

Johann L

Fri, 03/09/2021 - 13:58

Kan ek nou net sê, so is ons almal seker gemaak en gelaat staan.

Ek dra my t hemde en kort broeke tot dit regtig te vlenters is, dan gooi my vrou dit weg, en ek gaan krap dit weer uit en dra dit nog so lank moontlik.

Natuurlik lê die probleem ook daarin dat my familie weet wat om my te gee vir geskenke, en dit word gewoonlik ook my gunstelinge. Ek mag glo nie meer broeke met baie sakke koop nie, dit stryk te moeilik, en dit is my lekkerste kort broeke ooit. Mes  en sakdoek in een sak, sleutels in ander sak, sel in sy sak ens ens. My t hempde het nie sakke nie, dus moet die saam dra goed broek sakke toe.

Durban

Jan Meyer

Fri, 03/09/2021 - 16:52

Was baie ontsteld toe ek een middag by die huis kom en ek sien die tuinier loop met my gunsteling hemp rond.  Was vir 'n paar dae baie moedswillig met Elmarie.😂

Pretoria

Geert

Fri, 03/09/2021 - 17:33

Wat langbroek dra betref is ek net soos Josef Willem.....ek dra nooit langbroeke nie, ook net Sondae Kerk toe. Ek het seker meer as n jaar laas n langbroek aangetrek.....my werksdrag is ook in kortbroek.

Met klere dra....ek het ook my gunsteling T-shirts en kortbroeke, my vrou wil ook van dit wat al begin uitrafel skelm weggooi. Ek het n sweater wat vreeslik lekker dra in die winter....ek was so mal oor dit dat ek nog 3x van dieselfde gekoop het....so daai gedeelte van my kas lyk soos Mr Bean sin

 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 03/09/2021 - 18:50

Wie ken die gesegde, "n arm man het nie size nie". Dit is soos ons klomp vaalpense grootgeword het met die "hand me downs" van die familie.

Die volk hier is maar aan die klein kant vir neef se ou klere,  gaan straks die T hemp se pante vastrap waneer hy loop, maar hulle vrek oor my uitgetrapte no 11 stewels. Dit is komies om die kort knape met die moerse boots te sien loop, lig hulle voete so effe te hoog op. Priceless.

pretoria

pieterc

Fri, 03/09/2021 - 19:01

Ek moet hierdie vir my vrou wys, het net gister weer "raas" gekry oor my ou denim.

Ek hou nogal van die was en dra klere - en nie net omdat ek verkies om my eie klere te stryk nie. Die buitelug winkels het almal maar hulle eie "brands" en ek het n paar van ODW se First Ascent broeke waarvan die pype kan afrits. Dit is nogal duur, maar dra baie lekker en hou lank. Dit is ook ideaal as ons met die boot op die water is. Daar was n paar maande terug selfs netjiese knoop-hemde van die was en dra materiaal by Cape Union Mart.

Ek koop slegs klere wanneer dit regtig nodig is of wanneer dit op uitverkoping is soos verlede maand by Woolworths, toe raak ek sommer roekeloos spandabelrig en koop 2 hemde op een dag. Vandaar my vrou se "ernstige vermaning" dat ek nuwe broeke kort, ek kan nie die nuwe hemde saam met die ou broeke dra nie.

Johann, ek stem 100% saam met jou oor diep broeksakke. Maak nie saak hoe mooi of prakties die broek is nie, as die sakke nie diep is nie koop ek dit nie.

 

Middelburg

Noel

Sat, 04/09/2021 - 00:03

Ek dra ook elke dag kortbroek by die werk en by die huis. My bene kry nie maklik koud nie. Kortbroeke moet diep sakke he en indien ek by die winkels spandeer dra ek kort broeke met klomp sakke vir sleutels , selfone en beursie. Ek hoor nie as die sleutels van my sakke afval nie. Bokser kortbroeke is baie gemaklik veral by die huis en kamp. Dit wat die vroumense omkrap dat ons mans dra werk en sosiaal dieselfde klere

Bloemfontein

Lapskag

Sat, 04/09/2021 - 07:16

Kort broek en golf hemp is baie gerieflik vir my. Hou nie van t-hemp nie, voel of dit my wurg heeltyd.. Hier in Bloem moes ek die winter langbroek dra want was so 'n bietjie koud gewees. 

Môre vriende

Ek is bly dat Lapskag ook kla oor T-hemde wat wurg. Ek kan dit nie hou in 'n T-hemp nie. Ek sukkel selfs om 'n onderhemp te dra.

'n Hemp moet verkieslik 2 sakke hê, vir dorp toe gaan. 

'n Das-hemp, vir werk en kerk moet darem 'n sak hê vir 'n pen. 

Nou ja, nou weet julle hoe eng ek is as dit by klere kom, seker maar ook die rede waarom ek Toyota rylaugh.

Centurion

Voortrekker

Sat, 04/09/2021 - 08:17

Ek het einde laasjaar 'n nuwe wasmasjien moes koop want my ou getroue toploader het besluit hy wil nie meer nie.

Die nuwe masjien het so 'n oulike "quick wash" suklus wat net 15 minute neem om 2kg  vinnig vinnig te was en spin -  reg vir nog 'n dra die volgende dag!

Vaalpark

Johann L

Sat, 04/09/2021 - 08:30

Sonder om nou die gesprek te verander, maak nie saak hoe warm dit is nie, maar ek dra 'n pak kleure kerk toe, voel net onrespekvol met iets anders.

Daar is baie toe knoop hemde in my kas, maar dit is laas gedra toe ek nog gewerk het, my T hemde is 'n gunsteling, die golf hemde dra ek dorp toe.

Ek dra ook maklik 'n hemp en broek twee dae, net onderbroek en kouse nooit sonder 'n was tussen nie. Onderhemde het ek nog nooit in my lewe gedra nie, as ek koud kry trek ek 'n baaitjie (verkieslik 'n moulose) aan, 'n trui besit ek nie, die goed versmoor my.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 04/09/2021 - 09:20

Van die grendel tyd kry my knieë maklik koud en sukkel al lankal met my voete wat koud kry. (soms sweet hulle maar bly koud)

By die huis en kamp is ek gewoonlik sonder hemp "T" hemp met daai ronde nek is ook nie vir my nie.  Dan ho ek glad nie van daai broeke wat se sakke van bo af werk nie, jy moet opstaan as jy die sakdoek wil uit haal. sad

Hou ook niks van enige dik baaitjie nie, dit laat my soos 'n "Dunlop" pop voel.

Hou baie van my bles bedekker. smileyyes

.

.

.

.