Vir wie moet ek stem oor 'n maand ?
Ek is seker my kamppêlle sal my kan bystaan vir wie moet ek stem hier in Kaapstad ? Ek het 'n paar keuses :-
- Die Good Party : Antie Pat bly maar by die oranje kleur van haar destydse OD (Onafhanklike Demokrate). Ek sien op feitlik alle fotos of TV verskynings is daar 'n oranje Ranger in die agtergrond, duidelik ge-"brand" Good Party. Die tannie bly maar nog steeds soos uit haar burgemeester dae op die oorlogspad. Haar veldtog is opvallend aanvallend teen haar vorige politieke tuiste, die DA, maar presies wat sy en haar trawante beter in Kaapstad gaan doen, weet ons nie eintlik nie.
- Die ANC vra na 27 jaar van niks doen nie (en baie bedrog) "nog 'n kans" ! Dis 'n bietjie teveel gevra nie waar nie ? As party is hulle finansieël bankrot, kan nie eers hulle personeel betaal nie en sit met hope strydende strome binne-in die party self. (Dis natuurlik geen geheim nie dat die horders mense wat alle vorme van "grants" ontvang, wel vir die ANC sal stem, nie omdat hulle goed regeer nie, maar om die voortsetting van die "grants" te verseker.
- Patriotic Alliance : Word gelei deur Gayton McKenzie, 'n voormalige bankrower en tronkvoël met Marvin Samson as burgemeester kandidaad. Die knaap wil graag straatligte op die Kaapse Vlakte verbeter en stel voor dat die splinternuwe Kaapstad Stadium in Groenpunt gesloop word om plek te maak vir laekoste behuising. Durf ek iets meer sê ?
- Die Vryheidsfront Plus : Ek hou nogal van Pieter Groenwald se kennis en stellings, maar dat hulle burgemeesters kandidaat Lenit Max is, laat my stom. Hy was al by elke moontlike politieke party betrokke en tot baie onlangs Beke Cele (minister van polisie) se raadgewer. En nie te lank gelede, het die VF Plus Peter Marais ook nader getrek. Dis darem te voor die hand liggend dat hulle net bloot die bruin stem soek en te hel met hoe die stad bestuur sal word.
- ACDP : Hul leier, Kenneth Meshoe wil nie ingeënt word nie en dus in my boeke gaan hy en sy party ander groot foute ook maak
- DA : hulle maak my ook soms die moer in, maar hulle het oor en oor bewys dat hulle 'n munisipaliteit goed kan bestuur. Die burgemeester kandidaat is Geordin Hill-Lewis, die huidige finansiële hoof van die Stad Kaapstad met goeie ervaring in munisipale bestuur.
Ai, dis so moeilik, vir wie moet ek stem ?
And the name of....
Morning Warren
...your party? I hope you have enlisted it!! You will get my vote
Wie mag stem geregtig wees?
Middag vriende
Van die insette hier het my laat wonder;
wie is geregtig om te stem? Ek hou van die idee dat slegs persone wat;
kan toon dat hulle 'n werk het, kontrak of permanent
dat hulle belastings [SAID] en munisipale rekeninge betaal volgens normale bepalings en kriteria,
geregtig is op 'n stem. Ek sal boonop ook 'n glyskaal-stem voorstel, suiwer gekoppel aan jou belasting gradering. Dus, hoe meer jy bydra tot die staatskoffers, hoe meer tel jou stem. Met aftrede behou jy jou stemgradering soos by uit dienstrede.
Dink net hoe anders sal die kieserskorps lyk, en aan die impak op ons politieke bestel.
aan
Stem vir die ANC - hulle…
Stem vir die ANC - hulle doen die regte ding en moedig inentings aan - hulle gee om vir my en jou ![]()
Wessel, daai idee gaan nie…
Wessel, daai idee gaan nie baie belangstelling kry nie. As ek reg verstaan word sowat 95% van persoonlike belasting inkomste deur 5% van die bevolking betaal. So dan sal die 5% rykes die land regeer. Onthou jy wat met die Franse rewolusie gebeur het. Die rykes se koppe sal letterlik waai.
Ek het vergeet....
....van hoe lekker die korsies van pastei is.
As dit nie kan werk nie, is dit net 'n keuse van die gepeupel se kleur wat regeer.
Golfbane vir behuising
Môre my vriende in gewese DA land
As ek so die nuusberigte lees, wil dit voorkom of die DA gladnie die Wes Kaap en metropool wil behou nie. Ek dink die gerugte oor lae koste behuising op golfbane, gaan hulle baie stemme kos.
Daar moet sekerlik alternatiewe opsies wees om huisvesting te verskaf.
Julle moet wakkerskrik daar onder, voor julle julle oë uitvee, is julle ook ondergeskik aan 'n ander party.
As teenvoeter.....
As alternatief vir die golfbaanstorie moet Tannie Pat en die Good-party miskien voorstel dat kampeerplekke in die Weskaap hersoneer word vir lae-koste behuising ! Dan behoort ons 'n redelike opstand in DA-land te sien !
Wessel, ek sien jy groet nie vir my nie, net vir mense in die gewese DA-land en ek woon nie daar nie.
Ewenwel, môre Wessel en ander wat hier lees !
Politiekery
Mense, dis bietjie meer as drie weke voor ‘n verkiesing. Jy moet alles wat jy lees en hoor met ‘n knippie sout neem. John het voorgestel dat sommige gholfbane vir gemengde gebruik ontwikkel word, wat behuising insluit. Dit word al vir omtrent 30 jaar in Gauteng gedoen. Silver Lakes in die Ooste van Tshwanetoria was van meet af so ontwikkel. Later het ander bestaande gholfbane ook oop ruimtes buite hulle bane begin ontwikkel om geld te maak. ‘n Gholfbaan is ‘n duur ding om te onderhou en ek is jammer vir jou as jy gholf speel, maar dis eintlik ‘n onding in ‘n land met waterskaarste. Verder is gholf ‘n rykmansport, niemand kan daaroor stry nie.
In ‘n gebied soos die Kaapse metropool waar die voorstede al hoe verder uitkring maak dit ook sin om geskikte vakante grond in te vul. Die werklikheid laat dit egter baie keer nie toe nie. Soms is grond vakant vir ‘n rede; dit val in ‘n vloedvlakte of die grondtoestande maak ontwikkeling duur of onmoontlik. Die VF+ het maar net politieke munt geslaan uit John se uitspraak en dit verdraai om te beweer hy het voorgestel dat gholfbane toegemaak word en ontwikkel word met lae koste behuising. Daar is ‘n naam daarvoor; politiekery. Ons almal weet dat ‘n politikus se oggend- en aandpraatjes nie eers dieselfde is nie, watwou uitsprake voor en na ‘n verkiesing.





"Heng - dit is seker maar…
"Heng - dit is seker maar humoristies bedoel!
Chris slegs die laaste sin is humor die res is alles waar en het met my gebeur. Sal fotos soek met my sertifikaat van afsterwe.