Forums
Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.
Wessel....
Alhoewel ek nie 'n boswa benodig nie, het die Gecko my nog altyd baie beïndruk.
mosie van vertroue
Naand Len
Jou mosie van ondersteuning word waardeer en aangeteken!!!
Geen inruilings nie
Môre vriende
Het julle ook gevind dat sommige boswahandelaars, dalk almal, nie belangstel om 'n inruiling te doen nie. Ek wonder waarom, want al die Campworld agente doen dit.
Gecko se prys is nogal hoog. Ek oorweeg dit om by hulle aan te gaan as ek weer deur Haenertsburg ry wildtuin toe. Wel, dit hang seker af waarmee mens dit vergelyk
Hier kom ‘n ding
Lyk my aangesien Toyota nie kan/wil aflewer na sewe maande nie gaan Wessel die begroting in iets anders investeer Gecko rym darem met Echo. Lyk na ‘n netjiese wa vir twee mense. Wat kos hulle?
Dis mos nie nodig om die Kavango in te ruil nie? Jy verkoop hom maklik uit die hand uit. Ek kyk so elke nou en dan op Gumtree of daar van hulle te koop is en sien meestal nie een nie. Tydens die inperkings verlede jaar was daar so paar gewees. Ek glo egter as jy by Echo iets anders wou koop sou hulle jou huidige wa inruil vir heeltemal te min.
Gecko Eiland
Toe ons laas by Eiland was in A blok voor badkamer het n Gecko gestaan ek en Berdien na hom gekyk en kyk Wessels daai is n nice wa as ek reg is word hy erens by Tzaneen gebou
Shaun, Chris S
Môre Shaun, Chris S
Shaun: Die Gecko word in Haenertsburg gebou in 'n familie-besigheid. As mens op Gecko se Facebook blad gaan, kan julle 'n magdom info kry. Elke wa kry ook 'n unieke nommer.
Chris S: As ek nou rerig wil morsig wees met my aftreegeld, en ek wip my in 'n ander bloedgroep in vir die Kavango, sal dit my 1ste keuse wees. Dan kan ons letterlik vir daai 1 aand oorslaap, net stop, kosmaak en slaap. Volgende oggend laat sak mens net die dak.
Hoewel dit 'n praktiese uitleg het, sal mens mooi moet kyk na pakplek vir groot goed soos stoele, tent, sonpanele ensovoorts. Ek hoop nie Gecko gaan my hof toe vat omdat ek die prys hier gaan noem nie---kR515, sonder baie ekstras. Ek het volledige kwotasie wat ek kan epos as jy belangstel.
Soms moet mens rondkyk, vergelyk om te waardeer wat mens het.
Nee dankie
Sjoe, dis duurder as ‘n topmodel GWM P-series! Nee, ek is dood tevrede met die Kavango. Die Gecko is in elk geval te klein vir ons vier. Ek dink ons kinders sal nog vir ten minste vyf jaar saam in die Kavango slaap. As jy mooi pak kan julle mos die Kavango se dak ook net opwip en op die agterste bed slaap? Ons gebruik dit glad nie in die tafel en bankies formaat nie, dit bly permanent ‘n bed. Maar omdat ons vier is moet die neustent ook oopslaan.
Oorslaap vir aand
Hello Chris
Jy is reg, maar nou pak ons te veel goed op die agterste bed, wat dan buite neergesit moet word. Wel, behalwe vir 2 stoele, 'n plastiektafel wat elkgeval vir eet buite is, is dit ook 'n droograk en die sonpanele.
Dit is ook nie so baie werk om die neus oop te maak en voorste bed op te maak nie. dit is wat ons vir 1 aand doen, en dan sit ek nie die stormtent oor nie.
Kom nou net uit die dorp, growwe scotch bright gekoop om gatjeuk te besweer
Kavango pryse
Middag Chris S
'n Nuwe Kavango Legend, wat my model vervang het, se standaardprys is nou kR465. Dan moet mens steeds ten minste die NL nog bykoop.
Soos genoem, soms moet mens so bietjie rondkyk om te waardeer wat mens het.
Gecko gewig
Môre vriende
Dit val my nou by waarom ek in die verlede die Gecko moes oorsien, sy BVM is meer as eseltjie se lisensie-gewig, en dus teen die wet.
Ek sien met groot vreugde dat die nuwer Hiluxe, soos die Promise, se lisensiegewig nou groter is, op 1955kg. Dus mag dit 'n Gecko sleep.
Ek sleep onwettig
My Fordjie mag net 1 500kg sleep as ek reg onthou. Die Kavango is volgens sy handleiding 1 600kg maar sy lisensieskyfie lees 1 800kg. Ek beter by my makelaar uitvind of dit implikasies kan hê vir versekeringsdekking.
Jou versekering sal enigiets…
Jou versekering sal enigiets doen om nie uit te betaal nie en hulle begin gewoonlik by die skyfies as daar gesleep was en ongeluk gebeur het.
Wie is reg?
Nou wonder ek, wie se wa se gewig is korrek. My Kavango se BVM is 1500kg, waarom sal dit ligter wees as jou Chris S se wa.
Chris S: Wat staan op jou wa se plaatjie, kom dit ooreen met sy lisensie skyfie? Dit is wat belangrik is, nie die handleiding nie
Sal moet gaan kyk
Die lisensieskyfie is definitief verkeerd
Myne :-
Hier is my goeters se gewigte :-
gewigtige oorweging!
Amper Middag Len
Ek wonder skielik, hoeveel mense slaan ag op die fynskrif van die wet, met die aankoop van 'n sleepvoertuig of 'n sleepwa. 'n Verkeerde kombinasie mag dalk behalwe 'n boete langs die pad, ook versekerings komplikasies inhou.
Ek gaan nie in die slaggat trap om vrae te vra oor GCM vertolking nie.
Die wetlike aspekte
Hier is ‘n artikel deur Kamp&Karavaan
My Fleetline blyk baie…
My Fleetline blyk baie spesiaal te wees, skyfie wys korrekte Tarre (minstens vlgs die plaatjie op die onderstel), maar die GVM is 'n hele 0 kg (ja dis 'n ronde zero!). Weet nie of die wa eintlik bedoel is om met Helium gevul te word voordat ek mag sleep nie?
Sleepgewig en versekering
My Kavango se plaatjie sê die Tare is net 1 050kg maar die BVM is 1 800kg. Nou wonder ek wat is ingesluit by die Tare (droë gewig). Dis veronderstel om die standaard fittings in te sluit. Myne het egter twee 102Ah AGM batterye, ekstra seile en pale vir die vol tent en die los goed wat mens maar in jou wa hou; verlengkoorde, elektriese boor, tentpenne en toue, braairooster en ander toerusting. Dan kom mens se klere by en ek wonder of die vrieskas as standaard ingetel is. Die Everest kan volgens Ford net 1 500kg sleep en die sleepstang ook. Op papier is my kombinasie dus nie wettig nie.
Ek het gaan kyk op Santam (by wie ek verseker is) se webwerf wat hulle sê oor wettig sleep en die interessante brokkie hier onder raakgelees. Daaruit verstaan ek dat hulle sal uitbetaal solank jy die regte bestuurderslisensie het.
Grootwind
Middag vriend
Het dit dalk te doene met jou bynaam??