Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Johann L -1 hour ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -2 hours ago
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago

Karoo Auchterlonie

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on

Het al vir die maters so bietjie gewys van die nuwe verwikkeling by my kamp.

Die Auchterlonie daar in die Kgalagadi, was nog altyd vir my iets uniek. Die eenvoud waarmee die mense geleef het, en al die vreugde, en leed, in die geboutjie, voel mens. So ook is die hut in Karoo N Park baie spesiaal. Eenvoud maar baie, baie spesiaal.

So nou bou neef sy eie plekkie, net vir geniet. Als is herwinde stukke, ou dakplate van historirese huise wat ek restoreer het, vensters van ou vergane werkswinkels, en pale en latte hier van die omgewing se indringers.

crofter

Die gebou is 4x8m binnemaat.

crofetr1

Die 2 openinge reg oor mekaar kyk op n waterval doer agter, en so effe Oos van noord. Ons nare wind is Wes to Noordwes.

crofter 2

Iets anders as die norm. Ek het heelwat Balinese strukture gebou, en ons Kaapse rietdakke. hier is so bietjie van n saamwerk. Daai opening reg voor, is die vuurmaakplek. Die begin volgende week.

 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 13/09/2022 - 08:41

Herman, wat het jy toe besluit op die watergat ?  (wat dalk nog kom?)

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/09/2022 - 09:10

Môre Herman

Jy is voorwaar 'n kreatiewe skepper. Ek kyk daai Auchterlonie van jou so, van stortkop tot kompleet bouwerk.

Ek gun jou die gesondheid en herstel om dit nog geruine tyd te geniet saam met Yvonne, vriende, en dalk soms penvriende .

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus