6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -9 minutes ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago

Sosaties...............

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

...................is nog een van my voorkeur braaigeregte. Wat sê jy ?

  • Hou jy ook daarvan om sosaties te braai en indien wel, watter tipe sosaties verkies jy ?
  • Watter vleis moet op die sosatie-stokkie wees en wat moet alles tussenin gevoeg word ?
  • Maak jy die sosaties self of koop jy dit by jou slagter/afdelingswinkel ?
  • Verkies jy dat dit 'n kerrie-geur moet hê en indien nie, watter soort marenade moet dit in lê voor braaityd ?
  • Vries jy jou sosaties totdat braaityd aanbreek ?
  • Hou jy van sosaties as 'n hoof-braaigereg of moet dit deur ander braaivleis gekomplimenteer word ?
  • Braai jy sosaties in 'n toeknyp-rooster of draai jy elkeen met 'n tang om ?

Sal graag wil hoor wat jou voorkeure is ?

Pretoria

Geert

Sun, 17/03/2024 - 15:48

Een van die pakke sosaties sien ek noem hulle Lieslap sosatie....nog nie ge-eet nie, maar lyk of dit lekker kan wees

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 17/03/2024 - 17:07

As dit lam is, kan dit werk. Die stukkie lieslap wat deel van ń heel ribbetjie is, is waneer dit lekker naby aan crisp gsbraai is, baie lekker. Daar is net  ń steweige seninglaag tussen die vleis. 

By bees lieslap word die seninglaag uitgesny, dan noem Donald se mense dit " flank steak" wat glo baie lekker is. Ken dit egter nie.

Ek maak gewoontlik n potjie,  kerrie-lieslap in die winter, sening en al. Vat so 4 uur. Onverbeterlik. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 17/03/2024 - 19:11

Hier is wat ons doen:

Ek gebruik 'n beesfillet (beeshaas as jy wil), 'n blokkie varkspek (nie bacon nie), groen en rooi soetrissie, uie. Sny groterige blokkies vleis, dunner spekblokkies, rissies en uie ook in blokkies. Ryg dit op 'n scewer. Ek laat dit dan net vir so 'n uur marineer in olie, gekapte vars knoffel en bietjie Worcestersous (draai af-en-toe). Die olie en Worcestersous meng nie heeltemal nie, maar dit werk...(wanneer dit te lank marineer het ek gevind dat die Worcestersous die vleis "melerig" maak). Braai dit dan tot so gaar as wat ons daarvan hou. 

Die scewer wat ons gebruik is 'n battery-aangedrewe gadget wat op 'n Weber pas en werk soos 'n spitbraai.                                              

0
Worcester

Wildehont

Sun, 17/03/2024 - 20:59

Ek wou die naweek weer van Mnr Boucher se heerlike kerrie sosaties gemaak het vir Dwarswegstrand, maar het toe nie daarby uitgekom nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 17/03/2024 - 21:17

... klink lekker, maar daai soetrissies?? Ai man, ek bly by my standpunt - iemand wat sê daai goed proe lekker, sal lieg oor ander goed ook. Klaarblyklik het die satan die Liewe Vader probeer nadoen met tamaties - toe kom hy by soetrissies uit. M.a.w. - satans-tamaties. 😏

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/03/2024 - 07:15

....met 'n vleisdis. Wie het begin met die brandgoete en bose geure by kosse, dis nou rissies, green pepper, knoffel, gemmer en derglike onsmaaklike dinge.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 20/03/2024 - 12:24

Wessel dit smaak so lekker want dit is so lekkeryes

Wie het begin met die brandgoete en bose geure by kosse, dis nou rissies, green pepper, knoffel, gemmer en derglike onsmaaklike dinge.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 20/03/2024 - 15:24

.......vir brandgoed in kos nie, veral nie in braaigeregte nie.  Vriende van ons het egter vir ons heerlike skaapvleis-sosaties gegee wat net effens gekerrie is deur 'n slaghuis in PE.  Hierdie gesprek herinner my daaraan dat hierdie twee pakke sosaties op die vleislys moet kom wat Wildtuin toe moet gaan.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 20/03/2024 - 15:38

Brand kos was vroeër my ding, (kon nie te erg brand nie) maar die maag kan dit nou jare nie meer hanteer nie. Soet rissies en knoffel, eish, ek bly maar baie lief daarvoor, slaai sonder groen / rooi en of geel rissies bly ietsie mis.

Sosaties sonder dit, jammer vir die mense wat nie daarvan hou nie, maar ek gin Chris B sy voorkeer, elkeen kan mos nie dieselfde as 'n volgende persoon wees nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus