Asof Eskom en De Ruyter se dinge nie genoeg is nie sien ek ons is nou op die internasionale grys lys geplaas wat oorgrens geld wassery en bedrog risiko's aanbetref. Die geldmanne reken dat dit gewoonlik tot verminderde buitelandse beleggings en uitvloei lei, nie verbaas nie aangesien ons nou saam met ons ou vriende in Mosambiek, Sirië, Jemen, ensovoorts op die lys is. Veel word wel gesê rondom ons "goeie" vordering die laaste jaar maar ek weet nie so mooi nie....dan begin dit al hoe meer lyk of heelwat van De Ruyter se beweringe wel water hou...Moet maar solank ons tjoepies opblaas sodat ons darem nie te diep wegsink nie...En dan begin die metro's nou ook een na die ander na 'n onheilige alliansie tussen die ANC en EFF neig, volgende om te val na Johannesburg is sekerlik Ekurhuleni gevolg deur Tshwanetoria...sal maar 'n vooraad prozak's moet aanskaf vir die depressie wat ek begin voel aankom!
50% is 'n onderskeiding!…
50% is 'n onderskeiding! Onthou deesdae slaag jy matriek net met 30%
Ons is nou in uitgelese geselskap: Albanië, Barbados, Burkino Faso, Kaaiman Eilande, DRK, Gibraltar, Haiti, Jamaika, Jordanië, Mali, Mosambiek, Nigerië, Panama, Filipyne, Senegal, Suid-Soedan, Sirië, Turkye, Uganda, VAE, Jemen.
Verstaan dit gaan 'n beduidende impak op ons BBP ook hê.
CR’s laundromat
Wat anders het ons verwag? Die president was self in besit van grys kontant. Ek glo nie vir een oomblik die wat nie eers in ‘n kluis weggesteek was, was die enigste wat hy besit het nie. En weereens is daar geen gevolge nie.
Gangster state. Cyril en kie se hantering van de Ruyter wys net weer hulle gaan nie laat iemand hulle kripvretery keer nie.
Wat is daar meer
Wat is daar meer om te se die land is in vet gemors
Afrikanisering
Ons land is sedert dit oorgegee was aan swart regeerders besig om te Afrikaniseer. Dit is 'n geweldige groot en lang proses want AL die westerlike infrastruktuur en ideale moet eers afgebreek word totdat daar niks meer daarvan oor is nie.
Ek sien dit nie meer as agteruitgang of sinkend nie, maar wel as 'n transformasie na dit wat die aanvaarbvare norm suid van die Sahara is.
Ek omgryp en verwelkom dit glad nie en dit wek baie bekommernisse en vrese in my op omdat die transformasie neig na 'n denke en leefwyse wat teenstrydig is met my opbrengs en kultuur.
Die rede hoekom ek so daaraan dink is omdat ek al regdeur Afrika was van Noord tot Suid en die Afrika norm al goed waargeneem het. Nou dat ek daaraan dink - dalk sal dit 'n goeie idee wees om my kinders na skool Lagos toe te stuur om verder te gaan studeer -sodat hulle Afrika vaardighede kan aanleer en sodoende met inheemse instinkte kan oorleef op hierdie kontinent.![]()
moeilik om te aanvaar
Middag Anton en ander
Die kwik is al verbei 25C plaaslik, dus is dit middag vir my.
Ek deel jou sienswyse oor die Afrika transformasie, maar hoop tog dat SA nie so onnosel is nie.
Wat is jou waarneming van die tendens in Botswana en Namibië?
Namibië ken ek nie, maar…
Namibië ken ek nie, maar Botswana is maar Afrika. En ek praat van die norm in Afrika as 'n geheel.
Ek het die ander dag na 'n video gekyk en kan ongelukkig nie die naam onthou nie. Iemand het gepraat, 'n groep mense toegespreek en verduidelik hoe Afrika onderdruk word deur die weste om vooruitgang te verhoed - sodat al die bronne in Afrika eerder uitgevoer kan word om ander lande te ontwikkel en verryk. In ruil natuurlik word finansiële hulp verleen en die Afrika populasie afhanklik gehou van buitelandse hulp om te kan oorleef.
Vir my wil dit voorkom of die inheemse populasie van Afrika hulle eie vooruitgang beperk en dit so verkies. Daar is in Afrika 'n liefde vir wetteloosheid + korrupsie + outokrasie , vanuit 'n westerse oogpunt gesien. Maar vanuit Afrika word dit dalk gesien as vreiheid + oorlewing + godsdiens en hoe dinge moet wees?
Ek is oortuig daarvan dat baie Suid Afrikaners verkies om 'n korrupte president / regering te hé want sodoende kan hul eie drang na wetteloosheid en korrupsie regverdig word...
Wonder of dit waar is ? 🤷🏼…
Wonder of dit waar is ? 🤷🏼♂️ Want ek is mos een van die wat agter geblewe is om dat ek eerder sepies kyk as nuus.
Sal moet wag....
Willem
Ek dink dis 'n noodkreet en Cele is nog nie afgedank nie. Daar is sterk sprake dat sy kop kan rol as minister van polisie.
Ongelukkig hoor ek dat daar vir hom plek gemaak word as minister[?] van intelligensie, van alle poste. .
Nog 'n afwaartse skuif ...
Luister na wat sê Dawie Roodt (ons was selfde tyd in selfde Hoër Skool) oor die afwaartse skuif op Groot FM.
Piet Croucamp in Vrye Weekblad
Wat politieke mag betref, is Ramaphosa die swakste president sedert 1994. Dit gaan aansienlik makliker wees om hom uit sy pos te verwyder as wat die geval was met Thabo Mbeki en Jacob Zuma. Ramaphosa se magsbasis lê in sy openbare steun, nie binne die kabinet of Luthulihuis waar dit saak maak nie.
Ek kan met redelike sekerheid voorspel dat Ramaphosa nie ’n tweede termyn gaan voltooi nie.
Mens moet eintlik die volle artikel lees. Ek reken Piet is 100% korrek met sy aanname hierbo.
Nou moet ek gaan verklee!!!
Môre Chris B
Dankie vir hierdie realistiese mededeling![]()
Ek mag verkeerd wees, maar vanaf Desember '22 is sy magsbasis, binne die parlement, kabinet en Luthuli-huis seker die sterkste nog. Moontlik nie sterk genoeg nie, maar hy is baie beter beskerm as tevore.
As ons net weet wie kan 'n beter kandidaat wees, kan hy dadelik sy pos ontruim
Wag tot na die verkiesing…
Wag tot na die verkiesing vir die sports om te begin, almal wil nou net vir CR daar hou om die verkiesing te wen, dan spat die vonke. (Waaghalsige voorspelling)
Gaan ons mekaar nou....
....negatief opsweep.
Ek sien die president, seg uitdruklik---"die honger na grondbesit moet bevredig word" Seker teen weggee pryse of vat soos in Zimbabwe.
Ek is bevrees van nou tot volgende jaar verkiesingstyd, gaan uitlatings om gewild te wees, verskriklik rondgegooi word.
Hierbo word winkels en werkplekke vanaf bakkies en met pamflette gewaarsku dat hulle MOET toemaak op 20 Maart. Indien nie, sal hulle plekke geplunder word. Dis so ernstig dat Dr Pieter Groenewald reeds per stemboodskap mense aanmoedig om nou reeds klagte van intimidasie by die polisie te gaan indien. Hy kan nie dit kollektief doen namens winkeleienaars nie.
Dis die begin en ek vermoed die tipe onluste gaan toeneem, en is die hoofrede vir die nuwe ramptoestand. Niks met energie en ESKOM te doen nie.
"Die keer brand daar nie n…
"Die keer brand daar nie n liggie voor in die wapad nie"
Max se stukkie in Vrye Weekblad, lees dit gerus. Die werklikheid soos dit is, en waarheen dit op pad is.
Ja Neef ....
.... ek het dit ook gelees. As 'n ou soos Max (die ewige optimis) begin voel dat dinge rêrig afdraand gaan en nie meer die lig in die tonnel kan sien nie, is dit .... aag, wat sal ek sê?
Amper diefstal ...
Wou nie nuwe gesprek begin nie.
Amper diefstal & kragloos.
Vanoggend toe Surette uut ry sien sy die krak meter.

Was by SAP en hulle sê aangesien die krag nog aan is kan ek net 'n verklaring aflê ? 🤷🏼♂️
Willem, stel voor jy doen 'n…
Willem, stel voor jy doen 'n formele aanmelding met foto by die mislikepaliteit van Tshwanetoria en fwd ook na jou wyksraadslid. By ons in Irene is die verskil tussen permanente donker en krag ons raadslid, help om die mense so elke 12 uur of so te pes tot hulle dit "escalate" en hopelik gebeur iets....ons ervaring die kant van die dorp is dat enkel eiendom probleme soos joune baie lank neem om uit te sorteer, so hou aan kerm, dis al wat help. Boonop het die mislikepaliteit nie fondse en/of voorraad van baie onderdele nie. Dink in elk geval hulle sal jou nou na voorafbetaalde status "bevorder"? Laaste kabeldiesfstal by ons het opge-eindig met die Irene Inwoners Vereniging, 'n plaaslike winkelsentrum en die Irene melkplaas wat saam iets soos 'n 100m se ondergrondse kabel moes self koop en laat installeer omdat die stadsraad nie meer voorraad het nie. Tans 'n hengse sinkgat naby ons wat heelwat probleme met verkeer veroorsaak...en weereens moet die inwoners dit self betaal en laat regmaak, die keer hoort die pad aan Gauteng wat ook nie geld het nie en eintlik nie omgee nie...Sterkte met die meter! (kry dit beveilig voor donker anders is hy weg more oggend)
beveilig ...
Het dit aan ons plaaslike raad geraporteer en hulle is nogals wakker en het dit reeds geeskileer.
Die probleen is, hoe beveilig ek die meter ? 🤷🏼♂️
Willem,..............
...............verduidelik 'n bietjie :-
- Waar sit hierdie meter ?
- Wie "lees" die meter maandeliks ?
- Wat sou 'n dief daarmee kon doen of hoekom sou die dief die meter probeer steel ?
En dan sit die Stadsraad van Pretoria nog sonder 'n speaker en burgemeester !
Ek hoor netnou oor die radio hoe inwoners van Pretoria en aan die Witwatersrand kla hulle oor dae/weke sonder krag/elektrisiteit sit en die rade blameer een na die ander vir mekaar.
Ons woon nou 17 jaar in ons huis hier in Brackenfell en het nog nooit, ek herhaal, nog nooit krag of water-onderbrekings van langer as 8 uur gehad nie, en dit gebeur buitendien uiters selde - gewoonlik met 'n vooraf kennisgewing in jou posbus.





Ja
Ja, dis tragies, maar ons het al oor die jare heen groot probleme oorkom en ek glo dit sal weer gebeur. Een ding is seker, die ANC is in groot moeilikheid en hulle onmiddellike, histeriese reaksie op André de Ruyter se uitinge is 'n duidelike bewys daarvan.
Gryslys : ek verstaan daar was 40 aspekte wat die regering moes regste waarvan hulle net suksesvol was met 50% ! Dis mos g'n "goeie vordering" nie.